Profesie 93

2008 Sal 'n Oorlog Wees Soos Nog Nooit Tevore,
Teen Die Valse Profete Van Baäl!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
aan Profeet Elisabeth (Elisheva) Elijah
26 Desember 2007

Neem notisie: Hierdie profetiese Woord het na vore gekom toe Niko 'n sogenaamde woord vanaf Linda Newkirk, "deur YAHUVEH gespreek", voorgelees het. Sy beweer dat sy die "Queen of Heaven", die Moeder van YAHUSHUA en later die Bruid van YAHUSHUA in die Hemel sal wees. MOMMA SHKHINYAH, MOMMA RUACH HA KODESH was baie kwaad oor Linda se bewerings...Hierdie woord was net so geskryf soos dit op die bandopnemer opgeneem was.

* * * * * * *


Julle sal dit van die huise se dakke af skree. Julle sal dit van die internet af skree. Eerstens wys EK vir julle en EK ontbloot die een wat Sherry Shriner genoem word, as 'n valse profeet, as 'n vreemdeling "alien". En nou wys EK vir julle Linda Newkirk, wie oor die lyn getrap het, en nou kan sy nie langer die verskoning gebruik dat sy kranksinnig is nie. Sy waag dit om haarself die "Queen of Heaven" te noem. Nie eers die gees van kranksinnigheid het 'n verskoning voor MY nie! Linda Newkirk, jy is skuldig aan GODSLASTERING! Daar is geen verskoning vir jou verstandelike gesondheid nie! Jy was gewaarsku om dit nie uit te druk nie. Dwaling van 'n grootheid het jou vernietig. Nie net jou verstand nie, maar ook jou liggaam, maar nou het jy jou siel verdoem. Almal wie haar boeke gekoop het, en wie Sherry Shriner se boeke gekoop het, EK hou julle nou verantwoordelik. Verbrand daardie boeke!

Elisabeth, EK laat jou nou uitrus vir 'n groot oorlog wat aan die kom is, vir die nuwe openbaringe wat EK sal voortspreek. EK het alreeds 'n klein boodskap voortgespreek. Niko, jy sal dit voor die wÍreld op die webwerf plaas. Maak aan hulle bekend dat daar nog ander aan die kom is. Wel gedaan, "YAHUSHUA's Demon Stompers", MY getroue dienaars! Wel gedaan, MY getroue, geliefde kinders. Julle staan in die eerste linies. Julle offer 'n uur van julle tyd op. Hierdie Ministerie is nie 'n gewone Ministerie nie. EK gebruik dit as 'n Dawid om die Goliats te verslaan. Die een wie haarself Sherry Shriner noem, beweer dat sy van MY hoor en sy maak die sogenaamde bybel kodes en verdraai dit soos dit haar pas. Maar sy sÍ, "Gooi enige dissipel wat vir Paulus volg, weg". EK wil vir julle die waarheid sÍ, hierdie een luister geheel en al glad nie na die Hemel nie. Maar Linda Newkirk, jy het oor 'n lyn getrap, wat Sherry Shriner nie eers oor getrap het nie. Wees versigtig, MY Geliefde Mense, die duiwel is baie kwaad. Hy weet day sy tyd kort is. Linda Newkirk jy het nie net die woede van ABBA YAHUVEH opgevlam nie, jy het nie net die woede van YAHUSHUA ha MASHIACH opgevlam nie, maar jy het die woede opgevlam en bedroefheid van die hoogste graad gebring na die EEN wie die RUACH HA KODESH genoem word! EK is die enigste "QUEEN OF HEAVEN"!!! En EK sal MY Glorie met niemand deel nie!!

Wie is jy om te sÍ jy het geboorte aan YAHUSHUA gegee?! EK het dit eerstens in die Hemel gedoen. Die EEN wie die HEILIGE GEES genoem word, is die MOEDER van YAHUSHUA. Dit is EK, net EK, wat toegelaat het dat Miryam, ook Maria in ander tale genoem, die voorreg gehad het om MY Kind in haar baarmoeder te dra. Maar selfs sy moes moes 'n maagd wees. Wie is jy, Linda Newkirk?! Dit wat jy gedoen het, is godslastering. Wie is jy, Lida Newkirk, om te dink dat jy verby die kruis kan gaan? Om te sÍ dat enige heiden na die Hemel kan kom, om by die Bruilofsmaal van die Lam te wees. EK sal nie die gees van kranksinnigheid verskoon nie, want jy het jou helder oomblikke ook gehad. Jy weet wat jy gedoen het. En EK waarsku nou, laat hierdie Woord voortgaan, elkeen wat hierdie gemors, wat uit die hel gestuur is, oorskryf en beweer dat dit die waarheid is, se naam is nie in die Boek van die Lam van die Lewe geskryf nie. Julle sal die prys betaal wat sy betaal. Julle sal in die Poel van Vuur swem. EK stuur hierdie profeet voort, om te waarsku voordat EK MY Oordeel stuur. Moenie mislei word nie, YAHUVEH word nie maklik bespot nie, en EK word nie maklik gegrief nie.

Shelby Corbitt, EK sal jou nie verskoon nie! EK het vir jou gesÍ om op jou gesig te val en berou te toon vir die misleiding wat gedoen is. Jou trots het jou weerhou om dit te doen. MY Kinders het seergekry. Al wat jy gesÍ is, "Dit is die datum wanneer YAHUSHUA sal kom", en die datum het verby gegaan. Wee almal wie Heilig is en nie opgestaan het en gesÍ het, "Jy lieg!" nie. EK maak geen verskonings vir julle nie! Julle het dan die leuenaar aangemoedig.

Hierdie Ministerie. Hierdie Dienaar. Hierdie Diensmaagd van MY het nie gelieg nie! Sy het jou voor die tyd gewaarsku, moenie na die leuens van Kenneth Copeland luister nie! Moenie na die leuens van Choo Thomas luister nie! Moenie na die leuens van Shelby Corbitt luister nie! Moenie na die leuens van Sherry Shriner luister nie! En nou voeg sy by, moenie na die leuens van Linda Newkirk luister nie! Die valse profete staan in lyn en hulle voer oorlog teen MY Ware Heilige Profete! En dit sal 'n oorlog wees soos nog nooit tevore nie!

Kim Clement jy is 'n leuenaar! Rick Joyner, jy is die saad van satan. Dit is net die begin. 2008 sal 'n oorlog wees soos nog nooit tevore nie! Terwyl EK hierdie Diensmaagd nou na vore roep, net soos EK Elia "Elijah" van Ouds na vore geroep het. Vuur! Vuur! Vuur! Sal op die profete van Baäl val! Julle profeseer uit satan se mond! YAHUVEH is nie 'n YAHUVEH wat sal lieg nie. Gaan weg van MY julle datum makers! Is dit enige wonder, dat wanneer YAHUSHUA gaan kom, hoe min nog geloof sal oor hÍ?

Virginia Arnke, jy spreek nie MY Woorde voort nie! Gaan weg van MY! Jy het MY gegrief! O Heilige Klein Mensies, wees versigtig, wees versigtig, wees versigtig. Toets, toets toets die gees wat praat, omdat satan agter julle siele aan is.

'Orgone' kan julle nie beskerm nie. EK het dit deur hierdie Diensmaagd se mond voortgespreek. EK het hierdie leuen ontbloot. Dit trek net boosheid nader! Dit hou nie boosheid weg nie. Nou begin hulle dit ingewikkeld maak. Omdat hulle die onskuldiges wil deurmekaar maak, neem hulle hierdie ministerie van amightywind en hulle verdraai die Woorde daarin. EK profeseer en EK waarsku nou vooruit, moenie julle harte sit op die woorde wat Shelby Corbitt spreek nie. Wat begin het as 'n onskuldige misleiding, het 'n blatante leuen geword en dit word deur die woord, trots, gemotiveer. Kersfees het gekom en gegaan. YAHUSHUA was nie gestuur nie. Waar is die Heiliges wat hierdie profete wat geprofeteer het, verantwoordelik moet hou? Waar is die Heiliges wat dit 'n leuen noem, dit wat dit inderwaarheid is? Nie eens die een waardeur EK nou voortspreek, weet op watter datum YAHUSHUA gaan kom nie, omdat EK gesÍ het dat EK die Heilige engele sal stuur om vir julle te sÍ, net voor HY kom. Leef elke dag asof dit jou laaste dag is. Maak seker daar word geen sonde in jou gevind nie. Neem dit na die kruis van Glogota, omdat net die Bloed van YAHUSHUA dit kan wegwas. Slegs deur die Gestorte Bloed van YAHUSHUA en die Naam van YAHUSHUA kan jy 'n nuwe dag begin. Kyk en wag, maar weg met diegene wat datums opstel. Maak julle ore toe. Is julle nie al moeg vir die pyn nie?

Terwyl EK Elisabeth eenkant geplaas het, stel EK openbaringe en geheime vry, wat opgesluit was. Dit begin by EsegiŽl 9. EK wil vir julle dit vertel, dit sal geheime en openbaringe wees, omdat sy die Boekrol is en die Oordeel begin by die huis wat beweer dat dit van YAHUVEH af is. Sonde is om te weet wat reg is en nog steeds aan te hou om verkeerd te doen. "EK kom vir 'n Bruid sonder enige vlek of kreukel", YAHUSHUA spreek dit oor en oor voort. Linda Newkirk, hoe durf jy dit waag om sommer net enige een in te sluit?! Wie het vir jou die sleutels van die Hemel gegee? Linda Newkirk, waar het jy die sleutels gekry? Jy het valslik geprofeteer. Laat die Heiliges nou opstaan, elkeen wat hierdie Woord nou hoor en haar teregwys! Wys Sherry Shriner Tereg! Onthou julle die waarskuwing wat EK gegee het, omdat die oorlog basies net begin het? En dit is nog nie eers 2008 nie.

Kan enige een onthou hoeveel profesieŽ gegee was? Amerika, hoekom hou julle nie die profete verantwoordelik wanneer hulle sÍ dat julle die oorlog in Irak gaan wen nie? Hoekom hou julle nie vir Kim Clement verantwoordelik toe hy op Kersdag gesÍ het, "Jesus Christus gaan kom nie"? Profete moet verantwoordelik gehou word. Toets die vrugte van hierdie Ministerie en julle sal sien dat dit goed is, omdat daar by amightywind net die salwing gehoor word.

In 2008 sal die Profetiese Boodskappe wat na vore sal kom, net sterker sal word, met sterker vleis vir die Heiliges om in te neem. In 2008 sal daar 'n oorlog wees soos nog nooit tevore nie, omdat dit die ware Heilige Profete sal wees wat net soos Elia dit gedoen het, net soos Elia van Ouds dit gedoen het en geprofeteer het en die profete van Baäl was ontbloot en vernietig. Dit is hoekom EK jou geroep het Elisabeth, alhoewel jou laaste naam Eliajh is, noem EK jou MY Nuwe Elijah, omdat EK deur jou profeteer, en net soos Elia van Ouds, sal die profete van Baäl vernietig word. Alhoewel dit nie gebeur het soos jou vlees gedink het dit sal gebeur nie, weet dat dit wel waar is en nie een van hulle YAHUVEH se Oordeel vrygespring het nie. As hulle met jou kon praat, sou hulle vir jou vertel het van die dinge wat met hulle gebeur het. Elkeen wat spreek, teen hierdie Woorde wat EK deur hierdie profesieŽ gespreek het, sal vir jou 'n verhaal van wee vertel. O hulle noem dit 'ongeluk', maar dit was tragedies wat oor hulle gekom het.

O maar diegene wat hierdie Profetiese Boodskappe, wat EK aan julle gegee het, soos voedsel ingeneem het, die mense sal met hulle eie oŽ aanskou hoe hulleself profete word, omdat EK hierdie gawe in hulle aanwakker. Hoe hulle lewens 'n lewe geword het waar hulle alles toewy aan YAHUVEH en YAHUSHUA en elke dag vra hulle meer van MY Kosbare GEES. Hulle wil hulle lewens op 'n manier lei, sodat dit net Heilig sal wees en bevredigend vir YAHUVEH sal wees. Die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH wag gretig vir elke Woord. Katherineyah en Niko, die nuwe Woord wat gegee was, plaas solank net 'n gedeelte daarvan op die webwerf. Laat die mense sien dat dit ook 'n profeet van Israel is. Moedig die Bruid aan wat daar, en ook in ander dele van die wÍreld skuil.

O MY Geliefde Kosbare Mense, alhoewel YAHUSHUA nog nie gekom het op die datum wat julle gestel het nie, moet julle nie mismoedig word nie, omdat julle werk nog nie klaar is nie. Maar EK beveel julle om kwaad te word, en die profete wie vals is, vals te noem. Moenie hulle meer aanmoedig om leuens te vertel nie. Julle weet wanneer 'n droom maar net 'n droom van die vlees is. Julle weet wanneer 'n droom maar net 'n droom van misleiding is. Omdat die datum maar sal kom en die datum maar sal gaan. Julle weet wanneer 'n profesie maar net 'n profesie van die vlees is. 'n Profesie van misleiding. Omdat die datum maar sal kom en die datum maar sal gaan. Sommiges het dit op 'n onskuldige wyse gedoen en ONS beveel hulle nou om te berou! Word nou nederig en erken dat julle dit gemis het. Moenie verskonings maak nie.

Shelby Corbitt jy sÍ dat die wegraping eers teruggehou word, omdat MY mense op hulle gesigte geval het en nederig geraak het en berou gehad het en dat die land genees sal word. Van wanneer af sal die wegraping van die Bruid 'n straf wees? Hoekom sal YAHUVEH dit terughou? Die enigste ding wat wel sal gebeur is dat die tyd van genade vermeerder sal word, dit is die waarheid. Maar dit sal nie YAHUVEH stop om vir YAHUSHUA te sÍ, "Gaan haal JOU Bruid!" nie! Shelby Corbitt, erken dit, jy het dit gemis. Trots kom altyd voor 'n groot val. Die einde van die jaar sal kom. 2008 sal verskyn. Val op jou knieŽ en toon berou voor die wÍreld, omdat jy dit gemis het. Jy het toegelaat dat die gees van 'n Kenneth en Gloria Copeland, die leuenaars slange wat hulle is, jou verstand deurdring en besoedel het.

Julle sien, EK spreek nie net deur Elisabeth voort nie, maar dit is 'n nuwe salwing. Waar ABBA YAHUVEH gepraat het, waar YAHUSHUA HA MASHIACH gepraat het, nou praat EK, die RUACH HA KODESH, die EEN wie julle die HEILIGE GEES noem, ook self. Dit is 'n nuwe ding. Dit is 'n JoŽl 2 uitstorting en MY Diensmaagd sal profeseer, en diegene wie EK die Vooraanstaande Soldate van "YAHUSHUA'S Demon Stompers" noem, weet dit, satan haat julle. Die gebede sal wÍreldwyd gevoel word. Bly Heilig. Slegs diegene wat op die Eerste Linies is, sal toegelaat word. Diegene wie nie gekwalifiseer het nie, weet dat daar ander range is. ONS het julle nodig in die Agterste Linies. Hou aan om hierdie Ministerie in julle gebede te bedek. Hou aan om mekaar in julle gebede te bedek. Hou aan om die mense se benodighede in julle gebede in te sluit. Hou aan om hierdie Diensmaagd, waardeur EK nou praat, te bedek, omdat satan weet dat daar net een Diensmaagd is en hy probeer om haar lewe te neem.

O maar die gebede van die regvergdiges beteken baie. Wanneer julle vas en julle kombineer dit met julle ondersteuning en liefde en Jerigo Mars, en julle opofferings van 'n uur van julle tyd. Almal van julle, almal van julle wat dit gedoen het, groot, groot, groot sal die seŽninge wees wat vir julle geberg word. Julle is soos 'n skild, 'n Heilige skild en EK gebruik julle en die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH drup van dit af, en die Naam is ingegraveer op YAHUSHUA HA MASHIACH se skild, en EK het julle beveel om "Demon Stompers" te wees vir ABBA YAHUVEH en YAHUSHUA, en vir MY, die Kosbare RUACH HA KODESH, julle "MOMMA SHKHINYAH", julle "MOMMA WISDOM", die EEN wie julle HEILIGE GEES noem. ONS het julle so lief. Groot, groot, groot is julle seŽninge, nie net in die Hemel nie, maar ook hier op die aarde. Julle sal beskerming hÍ. 'n Bonatuurlike sfeer is letterlik oor julle geplaas, en julle word beskerm solank julle nie toelaat dat sonde gaan inkom nie. Staan daar nie geskryf, "Wees Heilig soos EK Heilig is nie"? EK wat in jou is, is groter as enige versoeking in hierdie wÍreld. Dit is jou keuse.

En diegene van julle wat hierdie profesie sal lees en glo dat julle deel moet wees van YAHUSHUA se "Demon Stompers", julle het alreeds YAHUSHUA eerste in julle liefde en lewe geplaas. Julle offer alles op vir HOM. Julle word nie versoek met sonde nie. Skryf, stel julleself voor, maar wee, wee enige vyand wat wil inkruip. Wees gewaarsku, hierdie groep het die onderskeiding en die wolf sal doodgaan, omdat EK nie sal toelaat dat hierdie groep besoedel sal word nie. Daar is onskuldige klein skape en lammers wat wil inkruip en soos 'n klein kindjie sÍ hulle, "Ek wil veg. Ek wil veg." Maar ek tik hulle maar net op die skouers en sÍ, "Wag totdat julle nog 'n bietjie groter geword het. Daar moet nog vir julle gepreek word. Julle is nog nie waardig genoeg om self te kan preek nie. Daar moet nog vir julle gebid word, voordat julle 'n Gebedstryder kan wees. Hou aan om te groei, MY Kleine Mensies. Moenie dit as 'n belediging aanskou nie, omdat julle nog nie die vuur van die eerste linies kan hanteer nie." Dit is hoekom dit 'n vooraanstaande fors is wat deur die Hemel tot stand gebring is. Die Heilge engele het self gekom en vir Elisabeth vertel van die geboorte van hierdie nuwe ministerie, "YAHUSHUA'S Demon Stompers". Die Glorie gaan alleenlik na HOM. Slegs deur SY NAAM en deur SY Bloed word enige gebed beantwoord. Dit is die Woorde wat EK vandag het om te sÍ. Terwyl MY Geliefde seun, Niko die valse profesie van Linda Newkirk gelees het, en Elisabeth gevoel het hoe MY woede aangewakker word, het sy begin om in Engels te praat. Maar toe kom MY Heilige tale van woede na vore. Dit is hoe hierdie Woord na vore gekom het. Op hierdie datum van 26 Desember 2007. So is dit gespreek en so sal dit geskryf word. Elke Woord wat onder die salwing gespreek was, deur die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH en deur die Bloed van YAHUSHUA HA MASHIACH.

Nog een ding, "YAHUSHUA'S Demon Stompers", EK wil geheime wat op hierdie dag aan Elisabeth bekend gemaak is, ook aan julle gee. Dit moet net onder julle gehou word. Of dit nou 'n suster, of 'n broer, of 'n moeder, of 'n vader of jou eie kinders is, wat EK gee, bly net by julle. Wee enige Judas wat hierdie Mandate wat vanuit die Hemel gegee word, wil sleg maak. Dit is bedoel om 'n seŽn te wees vir julle, MY Gebedstryders wat daardie ekstra myl sal verder gaan. Elisabeth, lank gelede het EK vir jou vertel om die troepe op die mure bymekaar te maak. EK het vir jou 'n paar drome op mekaar gegee, en dit was vir baie, baie jare op die webwerf geplaas. Hierdie "YAHUSHUA'S Demon Stompers" is daardie troepe op die muur. Hulle is die wagte. Hulle is die mense wat uitkyk. Hulle is die soldate van YAHUSHUA HA MASHIACH. Diegene wat oorbly, omdat hulle 'n Gideon is. ONS sif hulle uit. Diegene wie op die eerste linies kan bly, sal weet dat hulle die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH is.

Einde van die Woord

Elisabeth: Prys U ABBA YAHUVEH. Prys U, ons Geliefde YAHUSHUA. Prys U, ons Geliefde MOMMA RUACH HA KODESH. Ons MOMMA SHKHINYAH. Ons "MOMMA WISDOM" Dankie, Dankie, Dankie dat U my eer met hierdie Woord. Dankie dat U ons almal eer met hierdie Woord. Ons Dank U, Ons LOOF U. Ons Aanbid U. Ons is Lief vir U. U is so Dierbaar vir ons. Dankie, Dankie vir die EfesiŽrs 6 se wapenrusting. Ons staan in die EfesiŽrs 6 se wapenrusting. Dankie ABBA YAHUVEH. Dankie ABBA YAHUVEH. En Amen.
Niko: Amen vir dit! Amen vir dit!
Adam (& Katherineyah): (vanuit verder af in die gang) Amen! Amen! Amen!
Elisabeth: Dankie broer Adam. Prys YAHUSHUA!
Niko: 11:23 in die aand. GMT tyd. Amen
Elisabeth: Julle moes hoor wat Linda Newkirk alles gesÍ het. O my aarde....