Profesie 92

Wees vrolik, EK YAHUSHUA HA MASHIACH,
is die enigste GOEIE HERDER en
EK slaan die wolwe sodat hulle weggaan!

Geskryf en gespreek onder die salwing van die RUACH HA KODESH
deur die Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
27 Oktober 2007
Vrygestel op die 17de November 2007

*******

Hierdie Woord het na vore gekom, terwyl ek besig was om n e-pos van n tiener van Alberta, Kanada te beantwoord. Terwyl ek vir haar teruggeskryf het, het die salwing oor my gekom en Profesie 92 is toe gebore. Dankie LW dat jy gehoorsaam was, deur my te e-pos, omdat dit jou e-pos was wat die salwing in my aangewakker het.

Geliefde suster in YAHUSHUA, ek het n woord vir jou. Druk dit uit en sit dit in jou bybel en lees dit gereeld. Ek het glad nie n profetiese boodskap verwag nie. Jou e-pos sal saam met die profesie, sonder jou naam in die boek ingesluit word. Ons sal jou LW noem, sodat die vyande jou nie geestelik kan aanval nie. YAHUSHUA het n 17 jarige tiener van Alberta, Kanada gebruik om die salwing aan te wakker.

*******

Wees vrolik MY Kleine Mensies. EK YAHUSHUA ha MASHIACH is die enigste Goeie Herder en EK ontbloot die "Evangelical Prosperity Pimps", vir die wolwe wat hulle is! EK slaan die wolwe weg en EK haal hulle tande uit julle vleis uit.

O MY Geliefde Klein Mensies, EK praat met diegene wie ABBA YAHUVEH liefhet, aanbid, daarna streef om gehoorsaam te wees en Heilig te lewe. Julle maak MY, julle YAHUSHUA ha MASHIACH so bly. EK is die enigste Goeie Herder en die enigste REDDER VAN JOU SIEL. MY skape en MY lammers ken MY stem, en net soos n bok smag na water in die hitte van die dag, so smag MY skape vir n nuwe Woord van MY af. Hulle ken die smaak van die Lewende water. Terwyl hulle MY Heilige skrifte lees, drink hulle daagliks van MY Lewende Water. Ware profesieë is ook Lewende Water. Elke keer wanneer jy lees, kry jy n ander openbaring indien jy dit studeer en ook vir MY vra wanneer jy nie verstaan nie.

Diegene wie begeer om n hart soos MY hart te hê, julle maak vir ABBA YAHUVEH so bly. EK het n dapperheid in julle geplaas. Ander het geweier om hierdie gawe van dapperheid te gebruik vir MY Glorie, of hulle gebruik dit vir n bose doel, of vir hulle eie gewin.

Moenie Oprah Winfrey volg nie. Moenie haar ondersteun, deur haar programme te kyk of haar boeke te koop wat sy bekendstel nie. Indien julle Oprah Winfrey se evangelie glo, sal julle hel toe gaan. Sy wys MY Kinders voor die hele wêreld tereg. Kinders wat soontoe gestuur was om te waarsku dat daar net een pad na die Hemel toe is en dit is deur die Gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH. Die vrouens wat EK gebruik het om teen haar oorlog te voer, het MY op MY Griekse Naam JESUS CHRISTUS genoem, toe hulle haar op haar televisie program gekonfronteer het. Oprah het voor miljoene met hulle gestry en hulle woedend, tereggewys en gesê, 'Ek weier om te glo dat dar slegs een pad na die Hemel toe is.' Sy glo dat daar baie paaie na die Hemel toe is. 'Dit kan nie reg wees nie, daar is net een pad?'

Wees versigtig vir Oprah Winfrey. EK het jare gelede deur Elisabeth Elijah geprofeseer dat sy haar siel aan satan, vir roem en glorie verkoop het. Nou doen sy goeie werke en sê, "Goeie werke is een van die roetes na die Hemel." Sy het n Judas geword. Eens op n tyd het sy die waarheid verkondig, maar nou het sy dit agtergelaat en n pad gekies wat na die hel lei. Julle is gewaarsku. EK sal MY Kinders verantwoordelik hou indien hulle haar op enige manier onderstuen of aanmoedig. Oprah Winfrey gaan siele na die antichris lei. Die een wie EK die enigste gebore seun van satan noem, wie voorheen in die vorm van n Judas gekom het.

Daar is n vrou genaamd Sherry Shriner. Sy skryf boeke en sy beweer dat sy bybel kodes kan ontsyfer. Sy verdraai die bybel kodes, sodat dit sal pas by die beeld wat sy daarbuite wil stel. Sy sê dat haar naam, in numerologie, YAHWEH beteken, en dat Shriner Tyd , beteken. Wel nou is dit die TYD dat YAHUVEH haar in SY TYD gaan ontbloot. Sherry Shriner vermeng die waarheid met leuens. Sherry Shriner is die reptiel vreemdeling ("alien"), waarvan sy in haar boek, ""Aliens on the Internet", praat. Sy verkoop ook nou hierdie boek. Sy plaas n foto van haar op die internet, van hoe sy nog in haar skooljare gelyk het. Waar is die foto van hoe sy vandag lyk? Sy is bang dat ander sal sien wat EK, YAHUVEH nou bekendmaak. Sy werk vir albei kante van die wagte, een van die aarde se kant, en een van die hel se kant.

Sherry Shriner tart vir Apostel Paulus(Saulus) en sê, "Enige boek wat hy in die bybel geskryf het, kan jy maar uitgooi!" Sy verdraai die skrif en probeer bewys dat Paulus nie een van de Apostels was nie. En dan sê sy, dit is hoekom hy afkomstig is vanaf slang saad. Sherry Shriner het haar siel aan satan verkoop vir roem en glorie, en sy het toegelaat dat haar liggaam oorgeneem word deur die kragte van vreemdelinge ("aliens"). Sy tart hierdie Ministerie en dan waarsku sy vir Elisabeth, wanneer Elisabeth vir haar sê dat haar middel naam Sherrie is. Toe hierdie Ministerie gebore was het Elisabeth die naam Sherrie gebruik. Toe Sherry Shriner dit jare gelede gehoor het, het sy vir Elisabeth oor die foon gesê, dat daar net plek is vir een Sherrie, bly jy maar Elisabeth.

Sherry Shriner het ook Elisabeth se naam in die bybelkode ingevoer. Gewoonlik vra sy n honderd dollar om dit te doen. Sy het toe vir Elisabeth laat weet dat sy vir dae lank haar bybelkode verniet gedoen het en dat hulle albei generaals en leiers is. Maar sy het vir Elisabeth laat weet dat wanneer die naam Elisabeth in bybelkode ingevoer word, die woorde "tale van gibberish" vorendag kom. Elisabeth het haar toe tereggewys en haar herinner wat in die Boek van Handelinge geskryf staan. Daar staan geskryf dat wanneer jy in ongewone Heilige tale praat, jy in tale van mense en engele praat. Sherry Shriner het toe geargumenteer en gesê dat Paulus dit vir die mense geleer het. En sy sê toe "Jy moet dit uitgooi."

Sherry Shriner bespot die gawe om in Heilige tale te praat. Sy spot, omdat satan op n tyd, deur die woorde van haar eie getuienis, demoniese tale aan haar gegee het om te praat. Dit is omdat Sherry Shriner 'wysheid van die verstand' het oor YAHUSHUA, wie sy nog op daardie stadium Jesus Christus genoem het, en omdat sy nie 'wysheid van die hart' oor YAHUSHUA het nie. Nou maak sy mense nog meer deurmekaar en sy noem die gawe van in tale praat, soos dit in die Boek van Handelinge genoem word, die werk van die duiwel. Sherry Shriner is n valse profeet en dit is oor en oor bewys terwyl sy bybel kodes gee met datums, waar niks nog in vervulling gekom het nie.

Wees gewaarsku, Sherry Shriner het tog n mate van kennis,waarvan sy nooit mag geweet het nie. Kennis wat satan aan haar gegee het, in ruil vir haar siel. MOENIE na haar webwerf toe gaan nie, behalwe as jy MY, YAHUVEH se toestemming het. Daar is opsporings toestelle vir beide leiers vir wie sy werk. Wees versigtig indien jy wil hê dat sy op enige manier vir jou moet beskerm, omdat jou naam dan alreeds op haar lys is. Indien jy die noodhulp rantsoen, wat sy verkoop, by haar gekoop het, is jou naam alreeds op n lys wat sy saamgestel het. Wees versigtig, indien jy op haar e-pos lys is, want dan is jy ook op die Regering se e-pos lys, asook op satan sn.

Sherry Shriner verkoop haar "Orgone" en dan beweer sy dat haar "Orgone" demone, vreemdelinge ("aliens"), siektes, armoede en natuur rampe van julle af sal weghou. EK, YAHUVEH maak dit nou hardop bekend, Sherry Shriner jy was gewaarsku, hoe durf jy sê dat iets wat jy met jou eie hande gemaak het, demone kan oorwin, of enige iemand kan gesondmaak of die weer beweer. Sherry Shriner jy is n valse profeet in die hoogste graad.

Jy belaster vir Elisabeth Sherrie Elijah, omdat jy weet dat julle albei as leiers geroep was. Sy is n leier vir MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en ONS Geliefde RUACH ha KODESH, wie ook "MOMMA WISDOM" genoem word. Sherry Shriner jy het jou siel aan satan verkoop, jy is een van satan se leiers, en dit is die waarheid. Jy het 'wysheid van die verstand', en dit is die waarheid, maar dit is al wat jy het. Jy gebruik selfs die Hebreeuse maniere van hierdie Messiaanse Ministerie om die mense deurmekaar te maak. Voorheen het jy net die Christene in die naam van JESUS geteiken. Nou teiken jy die Jode in YAHUSHUA se NAAM.

Sherry Shriner jy is nie eers regtig wie die mense dink jy is nie. Jy is n werker van onbillikheid. En EK waarksu nou laat hierdie boodskap wyd en ver uitgesaai word en waarsku almal. Sherrie Shriner stel haar 'Orgone' bekend en verkondig dit, sodat mense se verstand, liggaam, gees en siel vernietig word! Moenie jou geloof in 'Orgone' sit nie, sit eerder jou geloof in MY, YAHUVEH en YAHUSHUA, sodat ONS jou in die dae van ongeluk sal beskerm! Sy sê sy weet dat n mens tot YAHUSHUA vir beskerming kan bid, maar dit is die harde manier. Sy sê, "Koop eerder my 'Orgone', dit is die maklike manier." GODSLASTERING! Niks kan julle beskerm, behalwe die NAAM en die Gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH nie.

Sherry Shriner, EK, YAHUVEH wys jou nou tereg omdat jy sê, "My 'Orgone' sal mense beskerm teen demone en VVVs (Vreemde Vlieënde Voorwerpe) vol van demoniese vreemdelinge 'aliens'." MY Kleine mensies, moenie die waarskuwing van die VVVs (Vreemde Vlieënde Voorwerpe) en vreemdelinge "aliens" ignoreer nie. Maar julle moet besef dat slegs EK, YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH julle sal en wil beskerm in die dae van rampe en verdrukking. Hierdie is die waarheid, oor die 'Orgone' wat sy maak en verkoop en dan vertel sy julle om dit in verskeie dele van die wêreld te plant. Of sy vertel julle om dit in n hangertjie om julle nekke te dra, of om dit in julle slaapkamers of binne in julle huise te sit.

Hier is die waarheid wat EK, YAHUVEH deur Elisabeth Sherrie Elijah spreek. Dit is Elisabeth wat n gees het soos n Heilige Soldaat, net soos Dawid gehad het toe hy n Skaapwagter Seuntjie was, toe hy teen Goliat geveg het. Sherry Shriner is nie die klein dogter van Koning Dawid van Ouds, soos sy beweer nie. Inteendeel, Sherry Shriner is die Goliat van boosheid wat leerstellinge van duiwels voortspreek en sy maak geheime bekend wat satan aan haar gegee het, en dan meng sy dit met bybelse waarhede om die mense deurmekaar te maak. Sherry Shriner is die "Alien on the internet" en sy is nie wat sy voorgee om te wees nie. Julle is gewaarsku.

Elisabeth Sherrie Elijah, jy het MY gevra dat EK dit nie sal doen nie, maar EK het jou gestuur om woorde voort te spreek, om oorlog te voer teen hierdie Vreemdeling op die internet "Alien on the Internet", genaamd Sherry Shriner. Om haar te ontbloot, in die Naam van YAHUVEH! Sherry Shriner jy het Christene en die Messiaanse Jode geteiken, omdat satan hulle die graagste wil vernietig. Heilige mense wees gewaarsku, en waarsku ook die ander. Sy beweer dat sy n geheime resep het vir hierdie 'Orgone' wat sy maak, en dat dit anders werk as gewone Orgone, maar die waarheid is dat dit demone sal aantrek. Julle huise sal oorgeneem word deur bose geeste. Wanneer jy dit in jou lande plant, sal dit soos n opsporings toestel wees vir die duiwel en vir al die vreemdelinge "aliens", wat alreeds in vermomming hier is. Hulle is satan se gevalle, vooraanstaande soldate!

Omdat jy jou geloof in haar 'Orgone' plaas, sal EK, YAHUVEH toelaat dat daar siekte oor jou liggaam kom. EK, YAHUVEH sal toelaat dat julle huise deurtrek word met boosheid. EK, YAHUVEH sal toelaat dat daar armoede in die plek van voorspoed kom. EK sal die vernietiger toelaat om alles wat jy het te vernietig, indien jy nie berou gaan toon, die 'Orgone' weer gaan opgrawe, ander waarsku en jy daarop aandring dat jou geld, wat jy op haar boeke, noodhulp toerusting en haar 'Orgone' gespandeer, teruggegee word nie. Dan moet jy die finansies wat EK jou gegee het, omsit in Heilige grond. EK, YAHUVEH het jou gewaarsku, indien jy vertrou dat haar 'Orgone' jou sal beskerm, is jy seerlik om die bos gelei! Hierdie voorstelling van n vrou lag al die pad bank toe, omdat jy haar leuens geglo het! Diegene wie aanhou om haar leuens te glo, al wat julle sal sien is dood en vernietiging.

Hoekom dink jy spog sy dat haar 'Orgone' beter is as almal sn? Omdat sy n geheime resep het? Haar 'Orgone' sal niemand red nie, en dit sal almal seermaak, wat nie berou het en MY nie om vergifnis vra vir hulle dwaasheid nie, omdat hulle die leuens wat deur satan gestuur was, glo.

Sy ontbloot die vyande van YAHUSHUA net vir een doel, en dit is om julle vertroue te wen. Hoekom dink julle gee sy vir Benny Hinn al daardie slegte name, en dan vertel sy vir julle, wanneer hy preek moet julle die 'Orgone' gaan plant. Regoor die wêreld, waar hy ookal preek, moet julle dit doen? EK sal vir julle vertel hoekom, "Dit is omdat dit sy snaakse okkultiese vuur net meer krag gee!" Hoe anders kan satan julle dan deel maak van sy plan om haar 'Orgone' te plant, as julle nie gaan dink dat dit die boosheid beveg nie? Hoekom dink julle bedel sy nou vir geld om haar 'Orgone' fabrieke regoor die wêreld te bou? Ja, sy wil wêreldwyd die atmosfeer besoedel, omdat dit voordelig sal wees vir satan se vooraanstaande soldate wat vanuit die ruimte kom. Hulle is die Prinse en die Kragte van die Lug, en sommiges is alreeds hier! HULLE HET HAAR 'ORGONE' NODIG!!! Wees gewaarsku, hierdie 'Orgone' affekteer ook globale verwarming.

"YAHUSHUAs Demon Stompers" staan nou op en bedek en ondersteun hierdie Ministerie op n manier wat julle dit nog nooit tevore gedoen het nie. Skryf vir hulle en moedig hulle aan en maak n vasgestelde tyd om te bid. Laat weet vir Elisabeth en Niko dat hulle nie alleen is, terwyl hulle hierdie oorloë in MY NAAM beveg nie. Moedig hulle aan en stel n tyd op die horlosie om te bid en hou daarby. Bid dan vir hulle en vir AL die vennote in hierdie Ministerie. EK het hierdie Ministerie gevra om aanvalle van mense en demone te trotseer en te beveg, en tog word hulle nou ook gevra om die oorlog wat vanuit die buitense ruimte en die koninkryk van die hel self kom, te beveg.

Elisabeth het die vrystelling van hierdie woord eers teruggehou, omdat elke keer wat sy die profesieë, wat hiermee te doen het, lees, sy vanuit die geestelike ryk aangeval was en dan was daar ook drome van vreemdelinge "aliens" wat haar aangeval het. Tog moet daar iemand, MY Heilige Kinders waarsku, wat vasgevang is met n gees wat hulle verstand beheer en manipuleer. Selfs net n besoek aan Sherry Shriner se webwerf, sonder MY, YAHUVEH se toestemming, is gevaarlik. MOENIE na haar webwerf toe gaan nie, moenie eers haar naam opsoek nie, tensy jy weet dat jy voor die tyd gebid het en voorbereid is en die duiwel saam met die demone gebind is, en dat jy geestelik sterk is, en jy MY toesteming het. Bid teen hierdie bose Sherry Shriner en wat sy doen, en wat sy gedoen het.

Indien jy ook onderskei dat jy ook n aktiewe rol moet speel om die leuens wat vanuit hierdie reptiel vreemdeling "alien", een van satan se vooraanstaande "alien" troepe kom, moet teregwys, doen dit NOU. Sy noem ander se name wat in hoë regerings en ander posisies is, en sy noem hulle reptiele. Maar hoeveel beter ken een reptiel nie n ander een nie, omdat hulle van dieselfde vooraanstaande troepe is? MY Geliefde Kinders EK vertel hierdie dinge vir julle sodat julle nie sal bang wees wanneer julle hierdie dinge in vervulling sal sien kom nie. Dinge wat julle dink maar net iets uit iemand se verbeelding is. Selfs die wreedardige gediertes in die flieks is n voorstelling van dit wat waarlik in die hel bestaan, en tydens die Groot Verdrukking gaan daardie gediertes op die aarde loop.

Moenie mislei word nie, daar is satanistiese strukture wat vanaf hekse en satanistiese groepe gestuur word wat julle Kerke en Messiaanse Tempels bywoon en selfs in julle Kerke en Messiaanse Tempels preek. Hulle is in die meerderheid in die Christelike geselskamers "chat rooms" en forums op die internet. Satan het sy strukture binne in die kamers en forums op die internet opgestel. Hulle is diegene wat die meeste en die hardste praat, en hulle werk is om enige een wat waarlik Heilig is en wat van YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH praat, wie gevul is met met ONS Geliefde RUACH ha KODESH, weg te jaag. Moenie sê dat jy nie deur hierdie profeet, deur wie EK nou spreek, gewaarsku was nie.

Daar is Evangelsite en Pastore in die geboue wat julle "Mega" Kerke noem. Hierdie Kerke bevat duisende lede. Julle sal weet watter Evangeliste en Pastore, beide mans en vrouens, n kompromie met MY Heilige Waarhede aangaan en MY Glorie steel. Julle sal die "Evangelical Prosperity Pimps" ken. Hulle bly in herehuise, en hulle is miljoenêrs wat afkyk na die arm mense en diegene in die middel klas. Tog is dit die mense wat arm is en die wat in die middel klas is, wat die "Evangelical Prosperity Pimps" die miljoenêrs gemaak wat hulle vandag is. Julle kan hulle "EPPs" noem, omdat hulle as julle vyande gebruik gaan word om die mense aan die valse christus, die enigste gebore seun van satan, voor te stel.

Weë diegene wie hierdie nou lees en hulle finansies vir die "Mega" Kerke gee. EK, YAHUSHUA sal julle verantwoordelik hou vir waar julle jul saad gesaai het. Of dit in vrugbare grond is met die volle waarheid daarin, of in droë, onvrugbare grond met mensgemaakte leuens daarin, waar net die Pastore vet word van julle tiendes en offergawes.

John Hagee jy is n Judas, n wolf in skaapklere, en jy preek uit beide dele van jou mond. Jy lieg vir die mense en sê, "YAHUSHUA het nie aarde toe gekom om Israel se MESSIAS te wees nie." Jy sê vir hulle, "YAHUSHUA verstaan hoekom julle HOM nie as die MESSIAS aanvaar het nie." Jy stel hulle op om die antichris as die Messias te ontvang, en jy het hulle uitverkoop vir goud en silwer. Net vir die feit dat jy jou eie gretigheid vir roem en glorie wil voed. Jy voed die skape en lammers met n bietjie waarheid gemeng met afskuwelike LEUENS!

John Hagee, EK het n ander profetiese boodskap ook deur hierdie profeet vrygestel en jy is gedoem. Almal wat in jou gemeente is beter eerder vlug, terwyl daar nog tyd is! Die "Evangelical Prosperity Pimps" het die demoon van gretigheid en trots ingenooi, en daardie demoon het die demoon van Judas ingenooi. Diegene wie EK genoem het, en diegene wie EK nog gaan noem, het n kompromie aangegaan met MY waarhede. In plaas daarvan dat hulle MY NAAM vereer, vereer hulle hul eie name, wat hulle dan op geboue, ministeries en kerke adverteer.

Die "Evangelical Pimps" het nou goud en silwer meer lief as wat hulle MY Skape en Lammers lief het, en indien hulle nie berou het en wegdraai vanaf hierdie bose pad waarop hulle is nie. Die meeste van hulle wie EK in hierdie Woord noem, sal nooit die Hemel sien nie. Sommiges van hulle se name was in BOEK VAN DIE LEWE, maar hulle name is nou uitgeklad! Net soos julle MY in die Hemel verraai het, so verraai julle MY weer op die aarde. Hulle siele weet alreeds waarheen hulle gaan, wanneer hulle hierdie aarde gaan verlaat. Hulle het nou n vorm van goddelikheid, maar geen goddelikheid binne in hulle nie!

Choo Thomas, jy moet nou in die openbaar berou toon! Die woorde wat jy in n boek geskryf het oor jou sogenaamde reise na die hemel, is n truuk van satan! Geliefde Kinders, net omdat iemand sê dat hy Hemel toe was, toets dit met MY Woord en kyk of dit in lyn is met MY beskrywing van die Hemel. Elke Pastoor wat hierdie leuens wat Choo Thomas geskryf het, bekendstel en bekend gestel het, indien julle nie openlik BEROU TOON en hierdie leuens teregwys nie, is julle waardig vir MY woede! Julle het gehelp om die skape en die lammers weg te lei! Hoe kon julle nie hierdie leuens wat sy in haar boek geskryf het, herken nie?

Enige ware profeet sal teregwys en waarsku. Julle weet wie die ware profete is, hulle sal soos die een waardeur EK nou spreek, hardop uitroep, Choo Thomas is n Valse Profeet, wie beweer dat sy saam met JESUS geloop en gepraat het. Sy beweer dat sy n buiteliggaamse ondervinding gehad het en dat Jesus haar 17 keer in een maand na die Hemel toe geneem het, en elke keer was daar net voordat sy gegaan het, op op spesifieke tye, woeste manifestasies (aanvalle).

Hoekom sal EK so iets doen? Is EK nie n Liefdevolle Skaapwagter nie? Dit is satan wat haar liggaam so skud, nie EK nie. Dit is satan wat haar so wreed mishandel in dit wat sy die salwing op haar hande en arms noem. Dit laat haar voel of haar hande uitmekaar wil breek. Dit is satan wat haar bespot, en dit is satan wat haar beloon, terwyl MY Heilige Mense hierdie illusie glo. Sy sê dat elke keer wat Jesus haar na die Hemel toe geneem het, het sy gehuil, omdat dit so hartseer daar was. Maar EK, YAHUHSUA sê, "Die Hemel is n plek waar daar net BLYDSKAP is" Staan daar nie geskryf nie, "EK sal elke traan van julle oë afvee." MY Geliefdes, geen woorde kan ooit die prag van die Hemel beskryf nie.

Almal wat hierdie leuens glo moet berou hê omdat hulle geglo het dat EK, die Goeie Herder, MY Skape en Lammers so sal behandel. Almal wat dit geglo het, moet berou toon, omdat hulle nie vir onderskeiding gevra het of dit die waarheid of leuens is nie. Choo Thomas se boek is vol valse leerstellinge. Studeer en wys jouself waardig en verbrand haar boek, en laat satan weet dat jy nie langer sy leuens sal ontvang nie.

Hoekom sal EK, veral in hierdie eindtye, nie vir iemand wat na die Hemel toe was, van MY ware Hebreeuse Naam vertel nie? Hoekom sal EK jou aanmoedig om n Sondag kerk by te woon, wetende dat Sondag Kerke tydens die Groot Verdrukking gebruik gaan word? Waarom kom sy nie terug vanaf die Hemel met n waarskuwing aan die Pastore dat hulle hul dag van aanbidding na die ware Sabbat moet verander nie? Waar het EK ooit genoem dat daar n plek buitekant die Hemel se hekke is waar siele aangehou word en swaarkry, totdat hulle dan eendag weer Hemel toe sal gaan? Volgens Choo Thomas se woorde, is daar twee valleie, buitekant die hekke van die Koninkryk, dit is NONSENS!

Evangeliste en Pastore is veronderstel om die waarhede vir die mense te voer en om n voorbeeld te stel. Hierdie bose mense het n kompromie aangegaan. Hulle verdraai MY woorde om aan te pas by hulle selfgemaakte, gemaklike beeld wat daarna streef om niemand te beledig nie. Almal van hulle wie se name genoem word, het deur hul werke en gedagtes, bewys dat hulle hul vrees vir YAHUVEH verloor het. Hulle sal al die skrifte kan aanhaal, maar almal van hulle het die verkeerde pad begin volg. Creflo Dollar, EK het dit teen jou, jy aanbid die Almagtige Dollar! Paul en Jan Crouch, Joel Osteen, Marilyn Hickey, Joyce Meyers, Creflo Dollar, Benny Hinn, Kenneth Copeland, Steven Munsey, Rick Joyner, Pat Robertson, Oral Roberts, Richard and Lindsey Roberts, Juanita Bynum and Thomas Weeks, Paula White, Rodney Howard-Browne, Mike Murdock, Carman, Billy Graham, TD Jakes, Rod Parsley en Kim Clement. Hierdie is maar net n paar voorbeelde van die "Evangelical Prosperity Pimps" en hulle is "Pimps" vir die duiwel. Hulle het hulle oorspronklike roeping en die manier hoe hulle nederig begin het, verlaat. "Evangelical Prosperity Pimps" het die Ministeries en Kerke na hulleself vernoem.

Joel Osteen, jy is louwarm en EK, YAHUVEH braak jou uit MY mond uit. Jy preek psigiologiese brabbeltaal wat niemand se siele kan red nie. Joel Osteen, EK YAHUSHUA het dit teen jou, jy preek die duiwel se leerstellinge van die antichris, n "new age feel good religion" wat elkeen wat na jou luister na die hel sal lei! Joel Osteen, waar sal jy wegkruip wanneer dit gaan voel asof die "astrodome" op jou wil inval?

Joel Osteen, jy lei net jouself om die bos, jy jaag die Heilige mense weg. Diegene wie jou kom waarsku om berou te hê oor jou sondes, wie jou kom waarsku oor die hel. Net omdat jy ontken dat daar nie n hel is nie, beteken dit nie dat jy nie vir n ewigheid daar, saam met jou vrou en jou kinders en al jou gemeentelede, wie jou leuens glo, sal spandeer nie. Indien jy NIE BEROU HET NIE. Net omdat jy weier om die mense teen die duiwel te waarsku, beteken dit nie dat satan nie die regeerder van jou hart en siel is nie. Jy word nou ontbloot en die mense wie hierdie nou lees sal ander waarsku en die Profesie na almal wie in hierdie Profetiese Woord genoem word, stuur. Heilige Mense, VLUG vanaf hierdie "Evangelical Pimps for Prosperity".

Hulle mislei die mense. Hulle haal sekere skrifgedeeltes aan asof hulle dit self uitleef, en tog doen hulle dit nie. Wees versigtig vir die wolwe wat as leiers vermom is, en voorkom waar die mense bymekaarkom en MY wederkoms bespreek. Een spesifieke groep wat hierdie Ministerie haat, voorspel die wederkoms datum. Asof EK nou na hulle sal luister. Hulle waag dit om hulleself "rapturenow" te noem, en hulle leiers het nie MY HEILIGE GEES binne in hulle nie. Hulle jok vir hulleself en ander, en tog word EK nie mislei nie. EK stuur MY Heilige Skape oor en oor na hierdie wolwe kraal, waar onskuldige lammers tussen die wolwe lê. Wolwe wie hierdie bose internet forum beheer.

John Machaffie, jy is die hoof wolf van die "rapturenow" forum. En EK, die GOEIE HERDER weet hoe om die wolwe te slaan en die tande vanuit MY Skape te haal. Wie is jy om Elisabeth Elijah n valse profeet te noem? Is jy nie dieselfde een wat daarop aangedring het dat jy in 4 weke se tyd na die Hemel geneem sal word nie? En dit was 14 September 2007. Het jy dit nie hard en duidelik oor die internet uitgespreek vir almal wat wou luister nie? Het jy nie gesê, dat JESUS 9 keer vir jou gesê het, "in 4 weke sal jy in die Hemel wees"? Wel, aangesien EK, YAHUSHUA nie kan jok nie, en jy steeds lewendig en op die aarde is, en dit reeds verby die 14de September 2007 is, kan jy nie erken dat jy nie MY stem ken nie? Hoe kan jy dan ander oordeel en hulle as n valse profeet uitkruit? Hoe kan jy voor menigte mense sê, bly weg vanaf almightywind.com, dit is die werk van satan?

Hoe kan jy Jack Barr, wie slegs waardig vir YAHUVEH se vernietiging is, glo? Hy is nie n Pastoor of n Profeet nie, slegs maar nog n bose mond wat sy gif op die internet uitspuit, waar dit direk op die ware Heilige Profete gemik is. Hy is maar nog een wat die gees van godsdiens het, en gedoem is vir die hel en die Poel van Vuur. Satan hou veral daarvan om iemand, wie voorgee dat hy n Christen is, en tog deur sy vrugte uitgeken word, se siel toe te eien.

Jack Barr verkies om die nuus te glo, wat vanaf n dienaar van satan versprei word om sodoende Elisabeth vals te beskuldig. Jack Barr is deur satan gestuur om Elisabeth Elijah met die gees van verwoesting te belaster, en om te probeer om n werk te vernietig, wat niks anders doen as om ABBA YAHUVEH, en MY, YAHUSHUA en ONS Geliefde, Kosbare RUACH ha KODESH te verheerlik nie. Hierdie Ministerie bereik siele vir MY regoor die wêreld. Hierdie Ministerie maak vir MY onthalwe opofferings om MY waarhede aan die lammers en skape te voer, en om MY Profetiese mondstuk aan die nasies te wees, en om MY seëninge en vloeke aan te kondig oor elke land waarheen EK hulle stuur.

EK praat met die een wat homself John Machaffie noem, en ook met die ander op die "rapturenow" forum, wie weier om hulle ware volle name te gee. Julle noem julleself Christen moderators op hierdie internet forum, en dan spog julle hoe julle mense wegjaag, wie kom om MY Woorde voort te spreek. Nie een van julle ken eers die betekenis van die woord liefde nie. En vir watter GOD aanbid julle? Want EK luister nie na julle nie, totdat julle berou het en begin om gehoorsaam te wees aan die woorde wat EK, YAHUSHUA voortspreek.

EK praat nou met die "rapturenow" forum wat EK as n voorbeeld gebruik, maar die internet is vol van hierdie sogenaamde Christen forums wat dieselfde gees van Isebel "Jezebel" het! Julle wie hierdie Ministerie belaster en bespot en Elisabeth Elijah n valse profeet noem, wees versigtig, nie een van julle het hierdie onderwerp na julle gebede geneem nie. Nie een van julle het die goeie vrugte van hierdie Ministerie geproe of getoets nie. Al wat julle het is motiverings om die waarhede te vernietig, wat deur MY Profeet gespreek word. Isebel "Jezebel" het probeer om al MY profete dood te maak, en sy het misluk, en sy sal altyd misluk. Net soos EK vir Elia "Elijah" van Ouds n weg gemaak het om te ontsnap, so sal EK ook MY Nuwe Elia "Elijah" beskerm.

Vyande van hierdie Ministerie, wie sy verwoesting soek, julle weet julle kan dit op geen ander manier probeer doen, as om dit te beslaster en om leuens teen Elisabeth te spreek nie. Sy is die een wat EK gebruik het om geboorte te gee aan hierdie Ministerie. Moenie dink dat EK vermaak word nie. EK weet hoeveel hare elkeen van julle op julle koppe het, en EK gaan hierdie "rapturenow" forum as n voorbeeld gebruik om te wys wat die GOEIE HERDER doen met wolwe wat sê dat hulle gelowig is, maar al die tyd geen goddelikheid binne in hulle het nie. Hulle haal MY Woorde aan en val MY Profete aan, en jaag hulle weg, en dan gee hulle tog n applous vir die valse profete wat in die wolwe kraal sit, omdat hulle self valse profete is! Niemand ken MY waarlik nie, en hierdie Ministerie is op die been gebring om te dien soos n blaasbalk wat metale suiwer. Jeremia 6:27-30. Mense hou nie daarvan dat hulle nie op dieselfde vlak is as waar ABBA YAHUVEH wil hê SY Heilige Kinders moet wees nie, so dan probeer hulle om hierdie boodskapper te stenig. Tog ken diegene wie se name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is, die stem van die Goeie Herder en hulle herken die waarhede wat in hierdie Ministerie gevind kan word.

Daar is sommiges, op hierdie oomblik, wat hierdie profeet en Ministerie belaster het, en tog die Heilige Vuur van MY skuldig verklaring in hulle bene voel brand het. Julle moet nou berou hê oor wat julle gedoen het. Doen dit saggies in julle gebede teenoor YAHUSHUA en ook in die openbaar teenoor Elisabeth. Ander het die vrees van YAHUVEH gevoel, wetende dat hulle teen hierdie profeet gesondig het. TOON NOU BEROU, voordat dit te laat is! Ander het geweet dat hulle moet skryf en voortspreek en haar en die Ministerie moet verdedig, maar hulle het meer gevrees wat die boelies in die "rapturenow" forum en in die "fivedovesc forum aan hulle sal doen. Hulle was ook bang vir Jim Bramlet en wat hy sou sê. Hulle het eerder gevrees om geban te word vanuit hierdie forums, as waaroor hulle gevrees het wat EK, YAHUSHUA HA MASHIACH en ABBA YAHUVEH aan hulle sal doen.

Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, het julle dit nie in die skrif gelees nie? EK wil vir julle sê om versigtig te wees. Toets die gees wat praat en besef dat die leier van die "rapturenow" forum n valse profeet is, en deur sy woorde het hy homself gehang en is hy nou ontbloot. Die regerings en baie nasies sit in hierdie forums en hulle wag en kyk, en hulle het geheime agente daar, wat soos skape en profete vermom is en wat name vat vir die bose dae wat aan die kom is. Gebruik nou wysheid en onderskei waarteen EK nou waarsku. Satan het sy moderators. Hulle vat name en hulle maak notas van al julle swakhede. Gebruik wysheid en onderskei waarteen EK julle nou waarsku.

Wees versigtig vir mense wat verskonings maak vir valse profete. n Valse profeet is n man of n vrou wat n datum gee en dan sê, YAHUVEH het so gesê. Maar dan gaan die datum verby en dan kom dit wat gespreek was nie in vervulling nie. Sommige profete wie dit onbewustelik gedoen het, moet in die openbaar berou hê en om verskoning vra omdat hulle hierdie woorde aan die masses verkondig het, deur boeke, briewe, die internet of woorde wat gespreek is. Hulle kan vergewe word indien hulle nie deur hulle eie motivering valslik geprofeteer het nie. Mense, julle help hulle nie as julle verskonings maak vir hulle nie. Julle sal ook daarvoor verantwoordelik gehou word, omdat julle dit gedoen het. Mense, julle moet onderskei of dit gebed was wat die profetiese boodskap teruggehou het en of dit n profesie was wat vanuit die vlees gespreek was? Gebed sal MY oordele vir n rukkie terughou, maar weë die mense wanneer daardie periode verby is. Dit sal n groter verwoesting wees as wat geprofeteer was.

Shelby Corbitt, alhoewel jou intensies oor die algemeen goed was, was jy deur ander mislei en toe het jy n misleidende, leuen gees van Kenneth Copeland en Choo Thomas, en ook ander mense na wie jy geluister het, ontvang. Ek het jou deur Elisabeth Elijah gewaarsku dat n valse wederkoms self nou beplan word. Waar mense weggeneem gaan word en met regeringswapens, in vermomming, verdamp sal word. Satan se vooraanstaande weermag kragte sal kom in die vorm van VVVs (Vreemde Vlieënde Voorwerpe) en VVSs (Vreemde Voorwerpe van die See). "USOs (UnidentifiedSea Objects)" Mense sal op manier weggeneem word wat julle dink net slegs wetenskaps fiksie is. Onthou, n toename in wetenskaps fiksie, is n waarksuwing van satan se planne.

Alles wat hierbo gespreek is, sal, regoor die wêreld, nie net in Amerika nie, in vervulling gaan op verskeie tydsgleuwe in die geskiedenis. EK het aan hierdie profeet n droom gegee waar dit opgeskryf is dat verskeie poorte van die hel sal oopgaan en VVVs (Vreemde Vlieënde Voorwerpe) die wêreld gaan binnedring. NEEM DIT ERNSTIG OP! Slegs diegene wat op die Naam YAHUSHUA HA MASHIACH roep, sal op daardie stadium gespaar word. Soek MY terwyl EK nog te vinde is!

Shelby Corbitt weier om berou te toon en om te erken dat die datum wat sy gegee het vir MY koms, nie in vervulling gegaan het nie. Omdat dit nie EK was wat daardie droom, of die uitlegging, of die datum vir MY koms, vir haar gegee het nie. Hierdie profeet waardeur EK nou spreek, het vir julle voor die tyd vertel om haar nie te glo nie. EK het hierdie profeet gestuur om julle te waarsku, sodat julle moed nie gebreek sou wees, wanneer daardie datum wel verby gaan nie. Kyk, wag en werk, totdat die ware wederkoms plaasvind. EK het in Openbaring 14 gesê dat daar n wegraping sal wees vir die eerste vrugte van 144000. Hoeveel van julle wil dit glo, omdat dit teen julle jukkende ore en julle vlees spreek.

Wanneer die jaar 2007 verby is, gaan julle nog steeds verskonings maak vir Shelby Corbitt en Kenneth Copeland, onder andere? Wat is fout met MY Heilige Kinders, kan hulle nie die oë van n slang in Kenneth Copeland sien nie?

Diegene wat boeke verkoop waarin daar geskryf staan, "Die Here sê, dit is die datum vir die wegraping van die kerk" of dit sê, "Sê hierdie gebed op en dan sal jy verseker wees van n plek in die Hemel." EK wil vir jou vra, sal jy die geld teruggee vir die mense wat jou boek gekoop het? Heilige mense, skryf vir hulle en vra julle geld terug. Shelby Corbitt, Kenneth Copeland, Choo Thomas, en ander, julle lei MY mense na n valse wegraping. Julle bereken die dag van hulle dood en julle vernietig stadig maar seker die geloof, van die klein bietjie gelowige, onskuldige en vreesbevange lammers wat in die "rapturenow" en "fivedoves" forums en baie ander forums is.

Hoeveel van julle wag en kyk uit vir JESUS om te kom en julle noem dit hardop, en tog besef julle nie dat EK julle nie eers die Bruid van YAHUSHUA HA MASHIACH noem nie? Baie van julle ken MY net gedeeltelik. Is EK nie dieselfde YAHUSHUA wat die Fariseërs tereggewys het en hulle slange genoem het nie? EK het geen mooi woordjies vir die vyande van YAHUVEH nie. Diegene wie se name nie in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is nie. Het YAHUVEH nie gesê, die bose farao teen wie Moses geveg het, was slegs gebore om vernietig te word nie?

Het EK YAHUSHUA nie vir julle n voorbeeld gegee toe EK die vyeboom vervloek het, omdat dit geen vrugte gedra het nie? Het die boom nie opgedroog, toe daar dood oor dit uitgespreek was en dat dit nooit weer vrugte sal dra nie? EK wil vir julle n geheim vertel, daardie boom is nog steeds dood, en dien as n waakuwing vir wat sal gebeur indien iets of iemand deur YAHUVEH vervloek word. Lees julle nie Deut. 28 en Deut 30 nie? Die Heilige Skrifte is vol van seëninge vir die wie gehoorsaam is aan YAHUVEH, en dan is daar vervloekings vir die wie ongehoorsaam is aan YAHUVEH!

Die Tien Gebooie is steeds vandag nog geldig, niks het verander nie. EK YAHUSHUA ha MASHIACH het nie gekom om die wette te verander nie. Wette wat ABBA YAHUVEH met SY eie vinger op n klip tablet geskryf het. Hierdie Gebooie sal vir ewig staan. Die 4de Gebod is n teken tussen YAH en die wie YAH waarlik aanbid. Die 4de Gebod sal in die Duisend Jarige Vrederyk nog steeds staan en mense sal kom en op die Ware Sabbat aanbidding doen. Lees, Studeer en Wys jouself waardig. Die 4de Gebod wat die mense nou ontwyk, word nog steeds in die Hemel Geëer. Dit wat sonde genoem was in die tye van ouds, is steeds vandag sonde in YAHUVEH se oë.

Julle mense wat wette maak, julle dink omdat julle nou nuwe wette maak, omdat die stank van julle sondes oprys na die Hemel, omdat julle die wette van die land verander, nou verander dit die wette in die Hemel? Omdat julle dit doen, sal julle die hel en die Poel van Vuur maai. Julle kan nie net MY en YAHUVEH se NAME so maklik uitvee nie. Amerika en Europa, julle omhels die heidense gode nou, omdat julle julle enigste en ware GOD YAHUVEH en MY, YAHUSHUA verlaat het. Julle harte is vol van elke soort boosheid. Nie genoeg Heilige Mense het opgestaan om protes aan te teken teen die verafskuwings wat wette geword het nie. Nou is dit n resies om te sien watter politikus kan die mees afskuwelike leuens voortspreek en die mees afskuwelike leuens as wette uitvaardig.

Julle belaster die Diensmaagd, deur wie EK hierdie Profesie nou voortspreek, en tog is sy die een wat EK gebruik om te roep en die Ware Bruid te waarsku, soos dit in die gelykenis van die 10 maagde geskryf staan. EK sê weer, EK sal die Aartsengel Migael, tesame met die engel Gabriël na haar toe stuur en hulle sal die datum aan Elisabeth bekend maak, en op die presiese tyd sal die trompette blaas, en sy sal uitroep, "Kyk, die Bruidegom is oppad." Almal van die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH, van wie daar gespreek word in Openbaring 14, sal op dieselfde tyd, regoor die wêreld dit hoor en in die lug opstyg. Niemand weet watter presiese tyd en uur dit is nie. EK het slegs vir haar gesê dat die Heilige Dag op n Rosh Ha Shanah sal wees. Aangesien die Rosh Ha Shanah 2 dae lank is, en baie mense verskillende berekeninge het van watter dag dit wel sal plaasvind, is dit die waarheid, sy weet net nie watter uur dit sal wees nie. Net soos Elia "Elijah" geweet het dat hy opgeneem sal word, net soos Noag geweet het watter dag hy in die ark sal ingaan en die deur toemaak, so sal dit weer wees. MY Bruid sal weet wanneer hulle in die gees hoor, wanneer die een wat gaan uitroep, sal sê, "Kyk, die Bruidegom is oppad".

Julle sien, satan maak julle nou moeg en hy bespot julle nou, terwyl een na die ander beweer dat hy weet watter dag en uur dit sal wees. EK herhaal MYSELF nou weer sodat niemand mislei sal wees nie. Dit is hoekom EK julle beveel om haar in julle gebede te bedek, omdat daar net een is wie EK MY Diensmaagd noem. Elisabeth Elijah sal nie weet nie, totdat EK die engele na haar toe sal stuur, net soos EK dit gedoen het toe hulle ook ander Heilige boodskappe aan haar moes gee. EK het dit gedoen sodat sy dit sal glo, net soos EK MY Heilige Engele eerstens na Montana, toe Idaho en toe Suid Afrika gestuur het. EK sal dit weer doen. Beide sy en haar man het in Suid Afrika die Aartsengel Migael, in n plek waar hulle dit die minste verwag het, in n restaurant in Kampsbaai, Suid Afrika, gesien. Migael het instruksies gehad om voor haar te verskyn. Haar man, Niko het toe opgelet hoe Elisabeth staar na n man, terwyl die man ook teruggestaar het. En die oomblik wat Niko vir Migael gesien het, het hy geweet dat dit nie n gewone man is nie. Dit was n Geestelike, Hemelse konneksie.

ABBA YAHUVEH het vir Migael "Michael" gestuur sodat haar geloof groter sal word en sy sal weet dat dit wat EK voortspreek in vervulling sal gaan. Dit is nie heeltemal die korrekte manier hoe n mens sy naam spel nie, maar EK het vir julle n spelling gegee, wat julle kan herken. Die Aartsengel Migael was ook na haar toe gestuur toe satan vir 3 dae lank haar lewe wou neem. Terwyl haar man geslaap het het die Heilige Engele gekom en sy het probeer om hom wakker te maak, maar dit was nie so bedoel dat hy enige iets moes sien nie. Die Heilige Engele Migael en Gabriël het met genesing in hulle vlerke gekom, terwyl sy hulle vlerke soos n klein kindjie aangeraak het en verstom was oor die prag van die edelstene wat in hulle vlerke ingesink is.

Die Heilige Engele het aangekondig hoe bly almal in die Hemel was oor die nuus dat die Bruid van YAHUSHUA (Openbaring 14) binnekort Hemel toe sal gaan en die volgende keer wat sy hulle saam sal sien, sal dit beteken dat dit tyd is om die Bruid na hulle huis, die Hemel te roep. Die Heilige Engele het ook die geboorte van "YAHUSHUAs Demon Stompers" aangekondig en aan haar vertel om die Heilige Gebedstryders op die muur te vestig, sodat sy sal weet dat sy nie die vyande van YAHUSHUA alleen sal aanvat nie. Dit het weereens gebeur sodat haar geloof versterk sal word, en sy was onmiddelik genees en die gees van die dood was geforseer om van haar af weg te gaan.

Vyande van hierdie Ministerie, onthou dit, wanneer julle aan hierdie Ministerie raak, raak julle aan MY HEILIGE SONDELOSE GODDELIKE BLOED en MY NAAM is YAHUSHUA HA MASHIACH. EK beskerm en bedek hierdie Ministerie, tesame met legioene Heilige Vegter Engele. Almal wie hierdie Ministerie vervloek, wees gewaarsku, die vloeke sal net na julle toe teruggaan.

Julle wie die gees van godsdiens het, en nie n liefdevolle, gehoorsame verhouding met ABBA YAHUVEH het nie. Julle waag dit om op die naam JESUS CHRISTUS te roep en te vra vir die vernietiging van hierdie vrou en hierdie Heilige Ministerie. Onthou dit, julle sal verantwoordelik gehou word vir elke gebed wat julle opstuur en elke woord wat julle sê. Wanneer julle wonder hoekom elke ding in jou lewe skeefloop sal ABBA YAHUVEH en EK, YAHUSHUA HA MASHIACH julle herinner aan julle eie woorde. Julle wonder hoekom julle finansies, gesondheid, vrede weggeneem word, en daar verwoesting rondom jou is en jou geliefdes dood is. Nou weet jy hoekom, omdat EK vir julle voor die tyd gesê het. Julle sal dan besef wanneer julle agter gelaat word om swaar te kry, tydens die Groot Verdrukking.

Aan almal wie hierdie nou lees en wie dit ingeneem het en die vrugte van hierdie Ministerie geniet. Maar wat nog nooit hulle gekontak het, of hulle enigsins op n manier aangemoedig het nie, julle sal ook aan hierdie tyd herinner word. Onthou, wanneer een Heilige mens een duisend demone op die vlug kan laat slaan, en twee mense, tien duisend demone op die vlug kan laat slaan, hoeveel meer sal n miljoen gelowiges dan nie op die vlug laat slaan nie? Hierdie Ministerie sal vir jou veg, net soos jy vir hierdie Ministerie veg.

EK YAHUSHUA HA MASHIACH wil vir julle dit sê, dit is die Laaste Eindtyd Kerk wat die totale waarheid verkondig. Ingesluit, dit wat King James nie wou hê in die boeke geskryf moet word nie. Dit sal geskryf word. Hierdie waarhede sal verkondig word en EK gebruik MY Heilige Mense, wie se name die wêreld nie ken nie, omdat hulle nie toegegooi is deur die vuilhede van die wêreld nie. EK verkies om hulle te gebruik omdat die Laaste Eindtyd Kerk nie roem en glorie begeer nie en hulle sal nooit n kompromie met MY waahede aangaan, net vir rykdom nie. Hulle is nie te koop nie en satan kan geen aanspraak maak op hulle nie! Diegene wie in hierdie Laaste Eindtyd Kerk gebruik word het swaargekry en kry steeds swaar vir MY onthalwe.

Hoe min van julle, wie dit nou lees sal gewillig wees om die prys te betaal. Die meeste wie dit nou lees is gefokus op hulle eie wêreld, hulle eie lewe en hulle eie familie. Hulle is nie in die eerste linie nie van geloof waar die geestelike oorlog gevoer word nie. Dit is nou die tyd vir "YAHUSHUAs Demon Stompers" om op te staan en hierdie Ministerie te bedek en te ondersteun. Om hierdie profeet en Ministerie aan te moedig. Verdedig hierdie Ministerie, omdat julle deur hierdie Ministerie met MY hand gevoed word. Vir MY Lammers en Skape is dit groen weivelde.

Sommiges wie hierdie nou lees, dring daarop aan om MY op die naam JESUS aan te roep, alhoewel julle MY ware Hebreeuse NAAM ken, sê julle, "ons verkies maar die Griekse naam JESUS". EK herhaal weer MYSELF, moenie MY misverstaan nie, daar is steeds vergifnis, genesing, bevryding, reddingskrag, en tekens, wonders en wonderwerke word steeds gedoen in die naam van JESUS CHRISTUS, in hierdie tyd, omdat MY ware Hebreeuse NAAM nie algemeen bekend was nie en omdat dit nog steeds voor die Groot Verdrukkings tydperk is. Maar julle is gewaarsku.

Daar is selfs nou n man wat homself JESUS CHRISTUS noem en hy beweer dat hy n miljoen volgelinge het, en tog is hy n dienaar van satan! Hierdie bose man se naam is Jesus Miranda. Net omdat hy die naam Jesus gebruik, moet julle die gees toets wat praat. Die naam Jesus word regoor die wêreld misbruik, veral in Suid Amerika. Die man wie die naam Jesus Miranda gebruik is n valse profeet en n "Evangelical Prosperity Pimp", wat sy siel lank terug verkoop het en hy is heeltemal oorgeneem deur satan. Hy is boos in elke wyse.

Hy preek dat daar nie n ding soos sonde is nie, dat die hel n leuen is, hy beweer dat hy n God is, en hy verwerp omtrent die hele bybel. Elkeen wat die merk 666 as n tattoo ontvang het, net omdat Jesus Miranda vir hulle gesê dat hulle op hierdie manier lojaal aan hom sou wees, het alreeds n voorsmakie van die vervloeking van die verdoemdes gekry. Elkeen wat hierdie man God noem, of wat glo dat hy Jesus Christus is, is alreeds deur satan oorgeneem en het die vervloeking van die verdoemdes gekry.

Satan spot om te wys hoe maklik dit tydens die Groot Verdrukking sal wees om Christene te kry om dit wat hulle eens op n tyd geweet het die waarheid is, te verwerp en n kompromie daarmee aan te gaan. Satan weet hoe maklik dit is om die naam Jesus Christus te bespot. Kan julle nie sien hoekom dit weer tydens die Groot Verdrukking gaan gebeur nie, en hoekom EK, YAHUSHUA HA MASHIACH nie sal antwoord, in die naam wat die seun van satan, wie julle die antichris noem, sal gebruik nie? Mense sal bid in die naam van Jesus, en net soos die een wat homself Jesus Miranda noem, sal die enigste gebore seun van satan, die mense om die bos lei met valse tekens, wonders en wonderwerke. En hy sal beweer dat hy n god is en hy sal sê, "Hier is ek". Julle word nou gewaarsku deur hierdie profeet wat EK MY Diensmaagd noem en hierdie waarskuwing sal soos n klok regoor die wêreld lui.

Neem hierdie Profesieë en waarsku die ander mense, wanneer julle pastore weier om nederig te word en te erken dat hulle verkeerd was en weier om die waarheid dan te wil aanvaar. Kleine Mensies, neem julle dit dan en deel dit met ander en wys daardie Pastoor tereg in MY NAAM. Hulle het slegs vir jou die gees van godsdiens, opgepof met die gees van gretigheid, gewys. Die wellus van die vlees en trots regeer almal van hulle. Hulle het nie n gehoorsame, nederige gees nie. MY HEILIGE GEES, julle "MOMMA WISDOM", wie die RUACH HA KODESH is, beheer nie hulle nie en regeer ook nie in hulle nie. Hulle luister na hulle rekenmeesters en satan hou hulle meer gefokus op materiële besittings as op n geestelike pad wat hulle vir hul eie onthalwe moet loop. Hulle het hulle eerste liefde verloor!

Almal wie MY Glorie gesteel het, en hulle eie name opgelig het om mense nader te bring, vergeet dat die Heilige Skrif sê, "Wanneer die Naam van YAHUSHUA HA MASHIACH opgelig word, sal EK alle mense nader bring." Wanneer n mens n Ministerie of n Kerk na hulleself vernoem, trek hulle die mense nader deur hulle eie werke en naam, en dan is dit gedoem en sal dit misluk, en in die Hemel sal al hulle werke soos hooi en hout gesien word en sal dit verbrand word. Die "Evangelical Prosperity Pimps" het, in hulle eie oë, en in ander se oë, bekende sterre geword, vir die koninkryke van satan. Hulle is nie meer langer mans en vrouens wie eens op n tyd aanbidding gedoen het en gebid het dat YAHUVEH se wil sal geskied nie. Vir roem en glorie het hulle toegelaat dat bose geeste inkom en deur hulle liggame regeer.

Tydens die Groot Verdrukking sal die naam van JESUS weer gebruik word deur die een wat wil namaak, en dit sal die een wees wat die antichris genoem word, wie die enigste seun van satan is. In vandag se tyd, is daar nog sommige Sondag Kerke wat steeds vir MY Glorie gebruik word, maar tydens die Groot Verdrukking sal ALLE Sondag Kerke gebruik word vir satan se glorie en die Merk van die Dier sal op daardie stadium in die Sondag Kerke wees. Julle is gewaarsku.

Verstaan julle nie die belangrikheid om hierdie waarskuwing nou te ontvang nie? En leer MY Hebreeuse NAME nou ken, en kom in die gewoonte om nou MY Hebreeuse NAAM te gebruik. Die NAAM wat MY aardse Hebreeuse Moeder vir MY gegee het, toe EK gebore was. EK stuur altyd MY ware Profete om te waarsku, voordat die oordeel kom. Leer nou aan ander hierdie waarhede, sodat hulle nie tydens die Groot Verdrukking na Sondag Kerke sal gaan nie. Wanneer jy binne in n Sondag Kerk, tydens die Groot Verdrukking sal ingaan, SAL jy die Merk van die Dier ONTVANG. Daardie laaste optrede van rebelsheid, sal die mense hulle siele kos. EK raak bedroef wanneer EK sien hoe MY Heilige Skrifte, net soos in die tye van ouds aangehaal word. Die Fariseërs en Saduseers het dit ook aan MY gedoen, terwyl hulle nie besef het dat EK die Woord is wat VLEES geword het nie.

MY Kleine Mensies, EK het n begeerte in julle gesit dat julle nie sal aanpas by ander mense se beeld of godsdiens nie. Julle het n begeerte om Heilig te wees en om ABBA YAHUVEH tevrede te stel. En wanneer julle sonde doen, hoor julle "MOMMA" RUACH ha KODESH se sagte stem wat jou op n liefdevolle wyse teregwys en oortuig om terug te keer na Heiligheid. Jy word gewys waar jy n fout begaan het en dan het jy vinnig berou en jy draai weg vanaf daardie sonde, en jy kom weer terug gehardloop in ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA se liefdevolle arms.

Dink jy EK hou daarvan om jou te tugtig wanneer jy op n pad van sonde afdraai? Maar tog is MY Kinders by tye soos n ongehoorsame kind wat met opset net rebels wil wees, en dan moet hy gedissiplineerd word. Sommige van MY kinders het meer dissipline nodig as ander. Ja, EK sê, soms is n loesing wat uit liefde aan die kind gegee word, deur die pa of die ma van die kind, ook nodig. Dit is nodig sodat die kind herinner sal word aan die gevolge van n sondige optrede.

Dit is waar met ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA ook. Watter kind is jy? Sommige van ONS Kinders het net n sagte raps en n herinnering, "Hoekom was jy nie gehoorsaam aan MY nie?", nodig. Ander het n harder raps nodig. Dan is daar ander wat so hardkoppig is dat hulle n paklsae van YAHUVEH nodig het, vir die redding van sy siel. Dit word gedoen sodat die een wat vol van rebelsheid is, sal besef dit is of YAHUVEH se weg of die hoofweg van die hel!

Indien jy daarop aandring om op n sondige wyse op te tree, sal hierdie GOEIE HERDER by tye maar MY Skape en Lammers se been moet breek, om te verhoed dat jy nie te naby aan die afgrond van die hel se vuur kom nie. Daar waar satan jou siel kan toe-eien. Wie sal jou verhoed om na die kraal van satan te wandel, waar wolwe wag om jou te gees en jou vlees te verskeur, as EK dit nie doen nie?

EK is die enigste GOEIE HERDER en EK, YAHUSHUA verloor nie een van MY Skape of Lammers nie. EK ken alreeds al die name wat in MY BOEK VAN DIE LEWE geskryf staan, nog voor die grondlegging van die aarde. Onthou, EK duld nie die optrede van n bederfde brokkie wat daarop aandring dat dit op sy manier, en nie volgens YAHUVEH se wil en manier gedoen word nie. Julle wie dit gedoen het, het alreeds die gevolge gemaai wat deur sonde na vore gebring was.

Sommige van julle wie dit nou lees het al swaargekry deur egskeiding, kinder voogdyskap oorloë, ongelukkige huwelike, dwelm verslawings, alkohol verslawings, en ander verslawings, tronk, seksuele siektes, siektes, kinders wat buite die huwelik gebore word, senuwee ineenstortings, selfmoord pogings of gedagtes van selfmoord, depressie, geheue siektes, deurmekaar wees, egbreek, seks buite die huwelik, homoseksualiteit, pornografie, wellus, diefstal, moord, aborsie, sonder werk wees, en armoede. Dit is n klein lys van wat die gees van rebelsheid teen YAHUVEH, sal bring. Almal van julle wie dit nou lees weet waarvan MY liefde, genade, vergifnis julle verlos het, slegs nadat julle berou getoon het aan YAHUVEH in MY, YAHUSHUA HA MASHIACH se NAAM, en julle weggedraai het van die sonde van rebelsheid.

Wanneer julle bespot en vervolg word vir MY NAAM se onthalwe, weet net dat julle seëninge in die Hemel groot is. Geliefde Kleine Mens, dit is nie jy wat aangeval word nie, dit is vir MY wie hulle aanval. Wanneer die heidene en die saad van satan teen jou in woede opstaan, sien hulle nie jou gesig wanneer hulle aanval nie, hulle sien die gesig van Heiligheid en hulle sien die Soete Heilige Gees binne in jou.

Jy moet op water loop in jou geloof. Bly op die pad van Heiligeheid. Die paadjie na die Hemel is nou en die pad na die hel is breed. Selfs as niemand rondom jou, die pad wat EK vir jou neergelê het, nie volg nie, moenie dan omdraai nie, Kleine Mens. EK gaan nie n belofte maak dat die pad gaan maklik wees nie, maar dit sal die moeite werd wees. Die pad na die Hemel is vol van opofferings, maar onthou EK, YAHUSHUA, jou MESSIAS het die grootste opoffering van alles gegee.

MY skat, die planne wat EK vir jou het, is goeie planne, nie bose planne nie. Wanneer jy alleen is, draai dan na jou geliefde ABBA YAHUVEH en na MY, jou enigste bevryder en MESSIAS. Onthou, die Soete HEILIGE GEES binne in jou, is jou "MOMMA" RUACH HA KODESH en sy is nader aan jou as jou volgende asemhaling. Wanneer jy huil, laat HAAR dan toe om jou in HAAR arms te sus, en jou dan n vrede te gee wat alle verstand te bowe gaan.

Onthou jou liggaam is die tempel van jou "MOMMA" RUACH HA KODESH. So wat ookal met jou liggaam gebeur, gebeur met HAAR. Bly in waarheid en Heiligheid en moet nooit dat satan toelaat om jou vuil te maak nie, omdat EK aan jou n salwing en gawes gegee het, waarvan jy nie weet nie, maar op die regte tyd sal dit geopenbaar word. Hou aan om elke dag MY voetstappe te soek, omdat die voetstappe van die Heiliges deur MY, YAHUSHUA en julle ABBA YAHUVEH bepaal word.

Geliefde, jou naam was by Golgota op die palms van MY hande gegraveer. EK het in jou plek swaargekry sodat jy gered kan word en weereens toegang tot YAHUVEH en die Hemel kan hê. EK is lief vir jou Kleine Mens, met n liefde wat met geen man of vrou sn vergelyk kan word nie. EK het al jou Heilige trane opgeberg. Elke fles van trane wat jy vir MY NAAM se onthalwe gestort het.

EK het vir jou n waarskuwing gegee vir die tye wat kom. Moenie op enige Kerk denominansie of godsdiens staatmaak om gered te word of om jou Heilig te hou nie. Wees Heilig, nie om ander gelukkig te hou nie, maar om YAHUVEH gelukkig te hou. Jy moet onthou dat ons verhouding nie oor godsdiens gaan nie. Dit gaan oor aanbidding, liefde en n gehoorsaamheid sonder enige kompromie wat aangegaan word. En dit beteken om Heilig teenoor ABBA YAHUVEH en MY, YAHUSHUA ha MASHIACH te lewe. Hou jou liggaam Heilig en onbesmet vir ONS ROEM, EER en GLORIE. Hou jou gedagtes op MY gefokus. Sommige wat hierdie nou lees, is tieners, en tog is julle wyser as ander met dieselfde ouderdom, julle is selfs wyser as baie van die grootmense wat om julle is. Maar moenie toelaat dat jou kop vol van trots raak nie, omdat dit die goeie planne wat EK vir jou uitgelê het, sal ruïneer.

Soek MY gesig en hou elke dag aan groei in MY genade en salwing. Julle verwerp nie hierdie profeet nie, julle hoor MY stem, selfs as dit teenstrydig is met wat ander sê, en julle sal nie n kompromie aangaan en terugstaan nie. Moenie enige iets doen wat EK, YAHUSHUA nie sou doen nie.

EK ken elke verwerping, elke pyn, elke bekommernis, elke leuen van die duiwel wat in jou oor gespreek word, elke versoeking, en deur MY Gestorte Bloed by Golgota het jy die OORWINNING! Onthou dit MY Kleine Mens, as al die mense MY warhede sou aanvaar, dan sou al die mense met wie jy die waarhede deel, dit aanvaar het, maar omdat hulle MY ontken, omdat hulle MY vervolg het, sal jy vervolg word vir MY NAAM SE ONTHALWE.

Homoseksualiteit is n verafskuwing, aborsie is moord, moenie toelaat dat jou gedagtes saamstem met die wette wat jou land opstel en sê is reg nie. Lees eerder die bybel en Sien wat sê MY Woord, is sonde. Evolusie is n leuen van satan, julle weet al hierdie dinge.

Bly weg van enige seksuele sonde, en bly weg vanaf enige dwelms of vloeistof wat jou gedagtes besoedel, verdraai, beheer en pervers maak. Bly weg vanaf enige een wie n ander aanbid, wat hulle god noem, en jy wel weet dat dit n valse god is. Moenie eers luister na hulle valse leerstellinge nie. Dit sal net n deur oopmaak vir leuen geeste en geeste van misleiding wat in jou gedagtes kan inkom.

Pleit die Bloed van MY, YAHUSHUA ha MASHIACH en bly weg van vanaf enige okkulte. Moenie enige boeke soos Harry Potter lees nie, of enige boeke wat die okkulte in enige vorm gebruik nie. Moenie toelaat dat die demone in n ander man of vrou, seun of dogter, jou liggaam oorneem nie, selfs deur n soen. Moenie op enige manier in n ongelyke verhouding betrokke wees nie. Satan sal die wellus van jou vlees gebruik om jou te versoek, maar MY, YAHUSHUA ha MASHIACH se Gestorte Bloed en NAAM het die versoeking oorwin, as julle dit maar net wil gebruik!

Laat die heidene maar spot en lag, EK YAHUVEH sal die laaste lag. Verstaan dat heidense tieners die wreedste van alle mense kan wees. Diegene wat jou vervolg sal een dag dit berou dat hulle ooit gelag of jou vervloek of gespot het. In die hel sal hulle geforseer word om elke woord wat hulle teen jou gespreek het, te onthou, en hulle sal hierdie woorde vir n ewigheid hoor, indien hulle nie berou het en MY, YAHUSHUA as hulle MESSIAS aanneem nie.

Julle moet siele na die enigste deur van redding lei. EK IS YAHUSHUA HA MASHIACH en EK IS die enigste deur. EK IS die enigste weg en waarheid om by die Hemel in te gaan, en EK staan voor ABBA YAHUVEH. Moenie enige een na n Kerk vir redding lei nie, omdat n Kerk nie jou siel kan red nie. Redding kom net deur berou te hê van jou sondes en wanneer jy aanvaar dat EK, YAHUSHUA die enigste gebore Seun van YAHUVEH is, en die HERE ALMAGTIGE GOD is. Aanbid vir YAHUVEH en vir MY, en vir ONS Geliefde, Kosbare RUACH HA KODESH, wie "MOMMA WISDOM" is, met n liefdevolle, gehoorsame, berouvolle verhouding met MY, YAHUSHUA. Wanneer jy sondig, moet jy vinnig berou hê en wegdraai vanaf daardie boosheid. Moenie oor die sonde peins en dink, "Ag wat, ek sal later berou hê nie", dit werk nie so nie!

Indien jy op n Kerk staatmaak vir jou verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA ha MASHIACH, wat sal jy doen wanneer daardie Kerk valse leerstellinge verkondig? Pastore soos die wat EK daar bo genoem het, gaan alreeds n kompromie aan. EK kan al hoor hoe van julle sê, "Ag wat, my kerk is n gooie Kerk, ek het n Heilige Pastoor." EK sê vir julle, "Selfs al is dit n Kerk met goeie vrugte, wat sal jy doen wanneer jy nie op die kerk kan staatmaak nie, of op die Pastoor nie, of op enige persoon wat vir jou geestelike ondersteuning kan gee nie, omdat die deure toegemaak het, of omdat jou land se wette dit verhoed, of omdat jou Pastoor in die tronk gegooi word, omdat hy die evangelie verkondig, of omdat jou Pastoor getrek het en jy nie meer daardie toegang tot daardie persoon of Profeet het nie?" Dit is hoekom EK wil hê dat jy met MY moet praat, laat ONS saam tyd spandeer, deel jou belangstellinge met MY. EK begeer nie net om jou HERE en jou REDDER en jou GOD te wees nie, maar ook om jou beste vriend te wees.

Redding is n verhouding met YAHUVEH en MY, YAHUSHUA, en MY mense s gevul met ONS Kosbare RUACH HA KODESH. MY Woord sê, "en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie". Maar dit beteken nie dat dit altyd in n Kerk gebou moet wees nie. Selfs nou kom julle bymekaar deur die tegnologie van n rekenaar, waar julle met mekaar kommunikeer.

Daar kom n dag, binnekort, wanneer julle sal moet bid en moet onderskei of jy wel kan getuig aan n persoon, of sal dit n strik van die regering wees? Elke nasie wat hulle godsdienstige vryheid verloor, sal dit verloor omdat hulle regering dit bietjie vir bietjie wegskeur totdat daar net n diktatorskap oor is, en dit is die werk van die antichris! Amerika en Europa, hoe ver het julle nie van MY genade geval nie?

Kerke in Amerika, die skaamte is oor julle, omdat julle julself verkoop het, in vrees daarvoor dat julle jul belasting vrystelling status gaan verloor! Die meerderheid van die Kerke in die wêreld wil nie langer toelaat dat MY Ware Apostels en Profete kan profeteer, teregwys, vermaan, aanmoedig en leer nie. Pastore, julle het vergeet dat daar net een Goeie Herder is, en dit is EK, YAHUSHUA ha MASHIACH. Julle Pastore in die meerderheid van die Kerke wil nie enige Vars Manna of Nuwe Wyn vanaf die RUACH HA KODESH hê nie. Julle wil nie julle mensgemaakte leerstellinge of denkwyses verander nie. Die meerderheid van die Kerke het Pastore wat die Kerke soos n diktatorskap beheer!

Dit beledig MY grootliks wanneer van die grootste tot die kleinste Kerke en gemeentes nie n optog hou en protes teen hulle regerings aanteken en hardop uitroep, sodat almal kan hoor nie. Hulle bly maar eerder stil, terwyl wette wat n verafskuwing vir YAHUVEH is, in die lande uitgevaardig word en selfs as die waarheid in skole verkondig word! Weë enige eilnad, land, nasie, wat dit doen, hulle sal YAHUVEH se wraak maai. Weë enige nasie of skole wat die Bybelse warhede wegneem, asook regerings wat nie langer die Woorde "In GOD We Trust", vrees nie.

MY Kleine Mensies, leer die mense die waarheid, geen Kerk kan enige siel red nie. Slegs deur MY Gestorte Bloed by Golgota en MY NAAM kan enige een gered word. Deur berou te hê en weg te draai vanaf alle boosheid. Leer hulle om YAHUVEH se Tien Gebooie te onderhou en om YAH eerste in hulle lewe en liefde te plaas, en om hulle alledaagse vrae na YAH toe te bring, sodat hulle ook vir YAH met groter vrae kan vertrou.

Onthou, julle werke sal beloon word in die Hemel en die enigste belonings wat jy op die aarde sal ontvang, is wat jy vir MY doen. Leer die babas wat julle na MY lei, om te bid en om MY Heilige Hebreeuse NAAM, YAHUSHUA HA MASHIACH te gebruik. Waarsku hulle dat hulle nie n kompromie moet aangaan nie. Leer die mense van die Ware Sabbat, en die belangrikheid om die Heilige Fees Dae te onderhou. Hou aan om van die Hemel en die hel te leer, omdat meer siele na die hel sal gaan as na die Hemel. Leer hulle van MY en EK sal jou leer hoe om ander na MY toe te lei. EK praat vanuit die mond van babas.

Hou aan om rein van hart, liggaam en siel te wees en EK sal vir jou n liefde en n hart gee wat soos MY, YAHUSHUA HA MASHIACH sn is. Indien jy n Sielsgenoot soek, sal sy\haar liggaam rein voor MY moet wees, met n begeerte om MY bo enige iets anders te aanbid en te dien, net soos jy dit doen. Jou Sielsgenoot sal vol van Heiligheid wees en saam sal julle siele na die Koninkryk van die Hemel lei. Jy hoef te wonder wie hierdie persoon is nie, EK sal jou Sielsgenoot na jou toe bring, wanneer EK weet dat julle albei gereed is.

Hou daagliks "Communion" saam met MY en praat met MY met woorde van liefde en waardering vir die prys wat EK vir jou by Golgota betaal het. Maak seker dat voordat jy "Communion" hou, jy jou sondes bely het, en dat jy vasberade is om weg te draai vanaf enige sonde in jou lewe. Indien jy verkeerd opgetree het teenoor n ander Broer of Suster, wie n eerbiedige kind van MY is moet julle hierdie sonde tot MY bely en om vergifnis vra, en dan na hom\haar toe gaan en hulle vergifnis gaan vra. Moenie "Communion" doen en terselfdertyd sondig nie. Selfs al was dit net vir een persoon, sou EK na Golgota gaan en gesterf het en op die 3de dag weer opgestaan het. Dit is hoe lief EK julle het, en EK het n gelofte aan ABBA YAHUVEH gemaak. EK sal nie EEN siel, wie se naam alreeds in die Lam se Boek van die Lewe geskryf was, voor die grondlegging van die aarde, laat verlore gaan nie.

Hierdie woorde moet nooit tydens "Commnion" maar net as n herhaling gespreek word nie. Doen dit net ter herinnering van die prys wat EK, YAHUSHUA vir julle by Golgota betaal het. Maar bring lof aan MY, omdat EK nie weer van die vrugte van die wingerd sal drink, voordat EK dit saam met MY Bruid en die Gaste by die Bruilofsmaal van die Lam, in die Hemel sal doen nie. Onthou dit as n wapen teen satan, terwyl julle hom aanhoudend herinner dat satan nie enige reg op jou verstand en liggaam het nie, en beweeg meer in die HEILIGE GEES as wat jy in die vlees beweeg, en weet dat legioene van die Hemelse Heilige Engele vir jou onthalwe veg!

So is dit gespreek en geskryf op hierdie dag van 27 Oktober 2007.

Gegee aan julle Suster in YAHUSHUA ha MASHIACH
Apostel Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah