Profesie 90

WAT IS DIE NAAM VAN DIE RUACH HA KODESH (HEILIGE GEES)?


Besoek die skakel hieronder om die Boek van Wysheid te lees
(Slegs in engels beskikbaar)
http://www.amightywind.com/treasure/wisdommain.htm

*******

Wees gewaarsku, hierdie profesie mag dalk die mees kontroversiële een nog wees. Sekere gedeeltes bevat persoonlike openbarings wat aan my gegee is. Dit is hoekom my naam ook deur die RUACH HA KODESH genoem word. Ten spyte daarvan sal ek nog steeds nie aan hierdie Hemelse boodskap verander nie. Daar is ook n tweede deel wat saam met hierdie boodskap gaan. Maar YAHUVEH sê dat dit eers genoeg is om nou te verteer. Wanneer jy die tweede deel lees sal jy verstaan hoekom dit eers moes wag.

Ek bid dat daar nie enige haat boodskappe deur die e-pos sal kom nie. Boodskappe van diegene met n gees van n Fariseër. Diegene wat aan n godsdiens behoort, maar nie n verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA het nie, wat ook nie n idee het wat die salwing is nie. Ek weet dat ek as n Heilige profeet gesalf is. As dit n gewildsheids kompetiese was, sou ek verloor het. Dit het YAHUSHUA lank terug vir my gesê. Die valse profete is diegene wat net goeie boodskappe aan die mense gee, sodat hulle nie ander sal beledig nie. Bid asseblief vir hierdie Ministerie en vir my en ons vennote en vir al die ander wat uithelp. En hulle sluit die Bruid van YAHUSHUA in. Bruid van YAHUSHUA, skryf asseblief vir ons en stel julle bekend aan ons. Ons sal nog eendag julle land besoek. Dan kan ons bymekaarkom en saam aanbidding doen en mekaar leer ken.

Een van my grootste belonings op aarde is om die Heilige Bruid van YAHUSHUA self te leer ken. Diegene wat YAHUVEH en YAHUSHUA waarlik lief het en gehoorsaam is en HULLE eerste in hulle liefde en lewe plaas. Skryf asseblief vir my, indien julle al voorheen geskryf het, en ek nie teruggeskryf het nie. Ons e-posse is al in die verlede gesteel, maar ek glo dat dit nie weer sal gebeur nie.

Hierdie Woord het na vore gekom terwyl ek gebid het en gevra het na die Naam van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees). Die RUACH HA KODESH is n titel. Maar dit is nie die Heilige Gees se Naam nie. Ek sal nooit vergeet hoeveel liefde die vrou aan my gegee het, in n droom wat ek gehad het nie. (The Banquet Table Dream). Die vrou was beeldskoon, sonder enige lyne of plooie op haar gesig. Ek het ook vermoed dat sy n ouer vrou was. Sy het pragtige lang, blonde hare gehad, wat teen haar rug afgehang het. Sy het my lief met n liefde van n Ma wat baie versorgend is. Jy kan dit in haar oë en gesig sien. Ek kon voel hoe kosbaar ek vir haar is. In die droom het ek my kop liefdevol op haar skouer neergelê.

Oorspronklike droom gekry op 16 April 1999, Elisabeth Sherri Elijah

Let asseblief op dat die OPENBARING van hierdie droom (hieronder)
op dieselfde maand en dag gegee was (4/16)
DRIE JAAR LATER.
Dit het ons eers agtergekom toe ons hierdie bladsy op die webwerf wou pos.

Ek het n droom gehad waar ek in n groot kamer gesit het. Dit het gevoel of ek in Israel is. Ek het geweet dat dit nie in Amerika is nie. Ek het by n pragtige tafel gesit met n linne tafeldoek, met pragtige versierde eetgery. Daar was ook die mooiste silwer borde gewees. Tog was daar nie enige kos op die tafel nie. Ek het aan tafel gesit en langs my het n pragtige ouer vrou gesit. Ek het my kop op haar skouer neergelê, terwyl ek die liefde van n moeder by haar kon aanvoel. Daar was ook n ouer man in die kamer gewees. Hy het my vertel dat alles op die tafel reeds geseën was, selfs die tafeldoek en die silwerware! Alles was gereed. Ons het net vir die gaste gewag. Ook het ons vir iemand of vir mense gewag, waarvan daar spesiale druiwe gegroei het. (Simbolies) Hierdie druiwe is gebruik om die wyn te maak.

Die woord Kiersk or Kierska was op die bottel geskryf. Ook was daar n ouer man met wit hare en hy was soos n liefdevolle vader teenoor my gewees. Hy het ook die bottel vir my gewys. Daar was ook n servet waarop ek n mandjie met groot pers druiwe in, op geborduur het. Die druiwe was baie groot en kleurvol. Dit was asof hierdie servet op n ereplek gelê het, en ek het dit aan my vriend wat langs my by die tafel gesit het, gewys. Ek het nog nooit iets in my lewe geborduur nie.

Die ouer vrou op wie se skouer ek geleun het het soos n Moeder figuur gevoel, terwyl die ouer man soos n Vader figuur gevoel het. Ek het baie veilig daar gevoel. Ek kon ook aanvoel dat hulle vir my lief was. Ek was baie in my skik en ek het vir my vriend vertel dat ALLES wat vir die aandete gebruik word alreeds geseën is! Daar was n opening waardeur ons die kombuis kon sien. Die opening word gebruik om borde and ander ware aan te gee vir die tafel. Niemand was in die kombuis nie. Die deur na die kombuis was meer na die regterkant van die vertrek. Die opening na die kombuis was hier reg voor ons. Ons was besig om vir die gaste te wag. Asook diegene waarvan die nuwe wyn gemaak was. (Simbolies) Hierdie wyn was nog nie oopgemaak nie. Ons moes eers vir hierdie persoon of persone wag.

*******

Bevestiging

Liewe Sherrie

Ek voel dat die droom waarvan jy my vertel het, die Bruilofsmaal van die Lam is!!!!

Die sleutel tot my gevolgtrekking, was die tafel wat geseën is, voordat die kos bedien was, asook die servet waarop jy geborduur het. Baie mense wys hul dade vir YAHUSHUA. Maar baie is soos vuil matte. Maar jy, Elisabeth Sherrie, YAHUSHUA het jou mat geseën en geseën, en dit in n geborduurde servet verander. Borduurwerk is n tipe weef tegniek. Wanneer n mens borduur is dit soos n netwerk van drade wat aanmekaar geweef word. Die prentjie op die servet stel tyd, moeite en die versorging van iets voor. Ek dink die servet stel julle webwerwe voor. Ek dink ook dat die Kombuis die Hemel voorstel en dat die Eetkamer n ander plek is. Dit wil voorkom of daar nog steeds werk is om te doen, voordat ons in die Hemel ingaan. Dit is hoekom jy in daardie vertrek is.

OPENBARING VAN DIE FEESMAAL TAFEL DROOM
16 April 2002 8:00 namiddag


Kierska is KHERSA, 'n dorp naby aan die oostelike strand van die See van Galilea. Na al hierdie jare is dit uiteindelik tydens 'n bybelstudie aan Elisabeth en haar man, Apostel Nikomia, bekend gemaak.

Elisabeth wag nou al 'n geruime tyd vir die openbaring van waar hierdie plek is, omdat hierdie twee die gaste is wat die nuwe wyn saam met hulle gaan bring. Ons doen 'n versoek op alle profete wat drome kan uitl. Bid asseblief vir 'n uitleg van hierdie droom, omdat die twee gaste net voor die Bruilof van die Lam sal opdaag.

YAHUSHUA gee nou aan Nikomia and Elisabeth hierdie openbaring om die 2 mans, wat profete is, nou na vore te roep. In haar droom wag sy op hierdie 2 mans wat die nuwe wyn het, en hulle kom vanaf 'n land waar die nuwe wyn gemaak word (KHERSA).

Ons vra dat almal wat hierdie nou lees, sal bid en begin tussenbeide tree dat iemand wat die 2 profete herken, na vore sal kom en Apostel Nikomia en Elisabeth (Elisheva) Elijah onmiddelik sal kontak. Ons vra dat almal met kontakte in Israel, vir ander Messiaanse Jode sal vra of hulle nie dalk hierdie 2 profete met so 'n salwing, wat met die unieke, nuwe wyn gevul is, ken nie.

Apostel Nikomia en Elisabeth is BAIE OPGEWONDE. Dit wys ons net weer hoe naby ons aan die Bruilofsmaal van die Lam is, en dat die koms van YAHUSHUA, vir SY Bruid, naby is!

Indien julle van enige Messiaanse Jode of Christene, in KHERSA of die omliggende area weet, laat hulle ons asseblief e-pos by Contact Us of
Contact Us.


Matteus 22:1-14

YAHUSHUA het ook gesê dat HY nie weer sal wyn drink voordat HY terugkom nie. Is dit dalk waar hierdie wyn vandaan gaan kom? Op die stadium is dit omtrent al wat ek weet.

Anoniem (Die skrywer het gevra dat ons nie sy\haar naam gee nie)

*******

Nota van Elisabeth Sherrie Elijah,

Onthou, ons wag vir iemand wat van Kiersk or Kierska af kom. Waar die wyn gebottel word en op n rak gebêre is. Dit is die plek waarvandaan die druiwe en die wyn kom. Die persoon wat gaan kom is baie spesiaal. Ek het die naam op die wynbottel gesien. Ek het op die internet vir die plek, Kiersk or Kierska gesoek, maar ek kon geen son stad in Israel kry nie.

Waar is Kierska? Of was dit Kiersk?

Indien julle hierdie plek ken, e-pos asseblief vir my by Contact Us">Contact Us of Contact Us">Contact Us.

Ek het altyd gewonder watter vrou my op so n manier kan lief hê. In hierdie wêreld was daar niemand wat my soos n Moeder kon raadgee nie. Ek het nooit die liefde van n aardse tannie of ouma geken nie. In dieselfde droom het ek n vader figuur gehad wat so lief vir my was dat hy met trots die weef werk en kuns werk wat ek gedoen het, teen die muur reg voor die banket tafel opgehang het, sodat almal dit kan sien.

In hierdie wêreld het ek ook nie n mans figuur as n Pa gehad nie. Ek het ook nie enige liefdesverhouding met n man gehad nie, behalwe my geliefde man en broers in YAHUSHUA, wat deur verskeie toetse nou getrou gevind is. So wie is hierdie vrou in die Hemel? Haar liefde was so oorweldigend and so werklik dat ek dit selfs nou nog om my kan voel. Baie lank na die droom. Ek is ook nie meer bedroef oor die feit dat ek nooit geweet het hoe dit is om n geliefde Moeder en Vader te ken nie. Ek weet dat ek in die Hemel n groter liefde van n Moeder en n Vader het, as wat enige een ooit kan droom. Tog, wie is hierdie vrou? Ek het geen twyfel dat my aardse moeder nou in die hel is nie. Sy het my net haat en mishandeling gegee. So, wie is hierdie liefdevolle Moeder in die Hemel?

Nou het ek die antwoordEk het nou julle gebede nodig om my die dapperheid te gee om dit voort te spreek, omdat die georganiseerde kerke baie kwaad sal wees. Selfs diegene wat die mensgemaakte doktrines en verkeerd vertaalde skrifte in die Nuwe Testament glo, sal my n valse profeet noem, en tog weet ek dat ek weet dat ek weet, aan my is n geheim direk vanaf die Hemel se Troon gegee. In die skrif deel YAHUVEH en YAHUSHUA HULLE geheime met HULLE Profete en Apostels.

Ek is nou geëerd om hierdie geheim te deel met diegene wat die stem van die RUACH HA KODESH herken. Dit mag die mees kontroversiële profesie wees, wat nog ooit vrygestel was. Tog doen ek dit in gehoorsaamheid, sodat ander wat ook bedroef was as gevolg van n gebrek aan liefdevolle moeder\kind verhouding, sal besef dat as hulle YAHUSHUA aangeneem het, hulle dit nog al die tyd gehad het. Niemand het dit vir my geleer nie. Dit is waarlik n openbaring wat direk vanuit die Hemel kom.

Weet jy dat Spreuke en Psalms van wysheid praat as n Sy? Ek wil nou sonder enige aarseling aan julle verduidelik hoe ek geleer het wat die kosbare naam is van die RUACH HA KODESH, ook die Heilige Gees genoem. Ek gaan nou die mees intiemste geheim wat ooit met my gedeel was, ook die geheim wat nog vir my die grootste seën was, met julle deel.

Nadat jy hierdie gelees het wil ek vra dat jy asseblief die tyd sal neem om die Boek van Wysheid ook te sal lees. (Net in engels beskikbaar)

http://www.amightywind.com/treasure/wisdommain.htm

Die Bybel sê, YAHUVEH deel SY geheime met SY profete. Dit het alles begin toe ek besig was om te bad. Dit was n tydperk, net voordat ons Suid Afrika sou verlaat. Hierdie geestelike gebeurtenis het plaasgevind toe ons in Port Alfred, teen die see, gewoon het. Ek was besig om alleen te bid toe ek vir Abba YAHUVEH, in die Naam van YAHUSHUA vra, "Wat is die Naam van die RUACH HA KODESH? Ten spyte van die naam Heilige Gees?" Ek het gebid en gesê, "Abba, U het U Naam aan ons bekend gemaak. YAHUSHUA U het U Naam aan ons bekend gemaak. Maar het die Heilige Gees ook n naam, of is dit maar net n titel of n beskrywing van n beroep?"

Ek was besig om in die jacuzzi bad te bad. Ek het nog altyd gevind dat die borrellende water van die jacuzzi, n voorstelling is van die lewende water. En ek het ook nog altyd vir die Heilige engele gevra om die water self te roer, soos in die ou tye. Baie keer het ek n groter salwing gekry terwyl ek gebad het . Ek bid ook dan en sing liedjies van lofprysing. Profetiese boodskappe en openbaringe het al na vore gekom en dit gebeur min dat ek bad sonder om te bid en te sing en YAHUVEH en YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH te loof en prys. Wanneer ek liedere van lofprysing sing en bid is daar n intimiteit met ons Pappa YAHUVEH wat ek so intens voel. Hierdie liedere en lofprysing kom uit my hart en gaan na al 3 van HULLE.

[En terwyl ek n antwoord gesoek het na die vraag. "Wat is die Naam van die kosbare RUACH HA KODESH?" Ontdek ek toe n skatkis in die Hebreeuse en Aramese vertalings. Lees die boek van Wysheid. Dit was geignoreer omdat "King James" dit nie goedgevind het om daardie boek in die bybel te sit nie. Moenie net staatmaak op die wat die Romeine geskryf het nie. Studeer dit en wys dat jy waardig is]

Ek wil net hier by sê dat die onderste gedeelte, een van baie profesieë is wat aan my gegee is. Dit is nog net nie op die webwerf geplaas nie. So baie dinge gebeur agter die skerms. Ons was baie besig gehou in Suid Afrika. En ons word steeds besig gehou, terwyl ons deur die wêreld reis. Ek voel op geen manier enigsins waardig om die eer te ontvang om aan julle die naam van die Heilige Gees bekend te maak nie. Dit is n eer om n Profeet genoem te word, en tog is dit ook baie skrikwekkend. Ek word verantwoordelik gehou vir wat ek sê en nie sê nie. Ek stel nou hierdie Woord vry, net soos die RUACH HA KODESH aan my bekend gemaak het om te doen. Al wat ek van julle vra is om die tyd te neem en dit meer as een keer te lees. En diegene wat die stem van die RUACH HA KODESH hoor, die een wie ek nou "MOMMA WISDOM" of "MOMMA SHKHINAH GLORY" noem, skryf asseblief vir my. Leer asseblief die ander daarvan, selfs al verwerp hulle julle. Bestudeer asseblief al die bewyse wat ek tot dusver bymekaar gemaak het. Bestudeer dit en besef dan dat ek nie enige iets voortspreek wat nie in die skrif gevind kan word nie. Slegs die vertalers van die Nuwe Testament het die Sy na n Hy verander.

Hierdie openbaring was eerste in Suid Afrika aan my bekend gestel, maar ek het gewag totdat daar meer bevestiging van die Hemel vir my was, oor wanneer om dit vry te stel. Ek het meer gebid oor die tyd van vrystelling vir hierdie boodskap, as vir enige ander boodskap ooit. Juis as gevolg van die haat wat teen my uitgespoeg sal word van mense wie beweer dat hulle Christene is en volgers van YAHUSHUA is, en tog, deur die vrugte wat hulle dra sal julle weet dat hulle net n vorm van godheid het, maar geen godheid binne in hulself nie. Die georganiseerde Kerke gaan op hulle tande kners van woede, omdat hulle nie geinteresseerd sal wees in die waarheid en die openbaringe wat aan n Heilige Vroulike Profeet gegee is nie. Daar sal die wees wat opreg is en die verkeerde vertalings van die Nuwe Testament sal aanhaal, waar die Heilige Gees n Hy is. Moet ek julle herinner hoe die trots van n man meer as een keer na vore gekom het, wanneer dit by die vroulike geslag van die Heilige skrifte gekom het? Daar was diegene wat die Heilige Skrifte vertaal het wat vooroordelend teen enige Geestelike vroue leier was.

Alhoewel hierdie profesie aan my gegee was op die 27ste Februarie 2007, was daar aan my gesê om dit eers op die 27ste Augustus 2007 vry te stel. Ek wil hê dat julle weet dat slegs n handjevol mense van hierdie profesie geweet het. Ek het aspris gewag en ek was elke dag dankbaar dat ek nie hierdie profetiese boodskap te hoef vrygestel het nie. Om die waarheid te sê, niemand hou daarvan om verwerp of om mishandel te word nie. Veral deur Christene wat beweer dat hulle dieselfde Messias aanbid as wat ons aanbid nie. Maar hulle noem HOM JESUS CHRISTUS en ons roep HOM aan op SY Hebreeuse en Aramese NAAM, YAHUSHUA of YAHUSHUA, afhangende van wie jy praat.

Aan my vyande en die mense wat in jaloesie sal opstaan en sê hoekom sal die RUACH HA KODESH jou kies om hierdie boodskap te gee? Dit is n goeie vraag en ek is seker elke profeet kon dieselfde gedoen het. Ek weet net dat ek gekies was, en al sien my vlees nie uit na die woorde vol haat wat na my rigting geslinger sal word nie, weet ek dat ek nie die kosbare RUACH HA KODESH en YAHUVEH kan teleurstel nie.

My geliefde man het vir my gevra, hoe lank nog voordat jy die profesie gaan vrystel? Ek het gesê, "Ek weet wat die datum is, maar eers moet ek meer Skrif hê om dit te bewys." Die 27ste Augustus 2007 is die dag wat die Hemel gekies het vir die geboorte van hierdie profesie, asook vir die geboorte van die nuwe ontwerp op die Ministerie se webwerf. Kan julle julself indink hoe verras ek was, terwyl ek hierdie getik het, en waar ek steeds in Europa is, en ek sien dat die datum waarop hierdie profesie gegee was, die 27ste Februarie 2007 was, en dat die datum wanneer profesie 89 gegee was, die 27ste Januarie 2007 was, en dat die datum waarop profesie vrygestel moet word, al 3 op die 27ste van die maand is?

Wikipedia haal aan, "die Hebreeuse woord RUACH (Aramees RUCHA) is grammaties vroulik. Net so is die frase RUACH Ha Kodesh" Dit stem ooreen met die rol van die RUACH Ha Kodesh as die 'vertrooster' (Johannes 14-16) en die identifikasie van die 'vertrooster' saam met YHWH wat as 'n 'moeder' optree (Jesaja 66:13)Dan is daar ook baie ander skrifgedeeltes in die "Peshitta" wat die RUACH Ha Kodesh as vroulik uitbeeld. Die Aramese "Peshitta" van Romeine 8:16 begin met die woorde 'En SY, die RUACH getuig dat'

YAHUSHUA DUI AAN DAT DIE GEES VROULIK IS: Op 'n antwoord van 'n vraag wat Nikodemus aan HOM gevra het. "Hoe kan 'n mens gebore word as hy al 'n ou man is? Hy kan tog nie 'n tweede keer in sy moeder se skoot kom en gebore word nie?" (Johannes 3:4)

YAHUSHUA antwoord hom, "As iemand nie uit water en Gees gebore word nie, kan hy nie in die Koningkryk van God kom nie. Wat uit die mens gebore is , is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees"

Wanneer YAHUSHUA antwoord, erken HY dat HY ook deur die Gees gebore is. HY s dat HY nie altyd vlees was nie, maar dat HY GEES was voordat HY aarde toe gekom het, nie waar nie? Dit is hoekom die openbaring wat aan my gegee was, onmiddelik sin gemaak het. Ek het dit weer gelees voordat ek die woord vrygestel het. YAHUSHUA erken dat HY ook eers vanuit die Gees gebore was, en dit beteken dan dat HY uit die HEILIGE GEES gebore was. Daar is tog net 3 in die Drie Enige God? HEILIGE VADER YAHUVEH, HEILIGE SEUN YAHUSHUA en die HEILIGE GEES, wat in Hebreeus die RUACH Ha Kodesh genoem word.

Wat was ons gewees voordat ons vlees geword het? Ons was tog geestelike wesens toe ons in die Hemel gebore was. Die Skrif s, "Vlees en bloed kan nie in die Hemel ingaan nie" Hoe was ons dan in die Hemel geskape? Ek glo dat die RUACH HA KODESH in hierdie profesie voortspreek en 'n paar antwoorde vir ons daarop gee, op 'n manier waarop ek dit nooit voorheen gehoor het nie. Ek glo dat hierdie kennis die wreld geestelik en fisies sal skud. Ek glo dat die ware Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH geestelike o het om te sien en geestelike ore het om te hoor. Hierdie woord vanuit die Hemel het vir my soveel vrede en vreugde gegee, en nou het ek die eer om dit met my Heilige Broers en Susters te deel.

Dit is nou 14 jaar dat ek op die internet profeseer en die vrugte van hierdie Ministerie wys dat dit goed is. Wanneer jy al die verslae sal lees van mense wat gered is "Salvation Reports", sal jy besef hoe ver hierdie Ministerie al uitgereik het. Ek is nie 'n profeet wat kom en gaan en enige nuus op ander plekke kry en dan beweer dat dit 'n profesie is nie. Wanneer jy nie 'n nuwe profesie sien wat vrygestel word nie, weet dan dat ek vir die regte tydsberekening wag, wanneer YAHUVEH sal s, "Stel die Woord vry!" Ek is net gehoorsaam. Ek erken dat ek stomgeslaan was toe hierdie Woord aan my vrygestel was. Ek het nog nooit so iets gehoor nie. Dit is toe dat ek begin het om in die Heilige Skrifgedeeltes te gaan soek. Ek het selfs bewyse in die "King James" bybel gekry.

Stuur asseblief vir my ook julle bewyse, as julle saamstem dat hierdie 'n Woord direk vanuit die Hemel is. Ek het al die bemoediging nodig wat ek kan kry. Asook bewyse vir dit wat nou gespreek is.

Ek sluit 'n paar skrifgedeeltes in, wat julle ook kan bestudeer. Ek erken dat hierdie sterk geestelike vleis is en nie vir mense bedoel is wat nog nie 'n sterk geloof het nie.

Adam was nie uit 'n moederskoot gebore nie, hy was uit stof geskape. Eva was nie uit 'n moederskoot gebore nie, sy was uit Adam se ribbebeen gevorm. Adam en Eva se kinders is gebore deur 'n normale swangerskap. YAHUSHUA was gebore, maar in die Hemel, nie op die aarde nie, Hoe? Moenie my vra nie, dit is alles vir my ook net so nuut. Ons weet dat Maria steeds 'n maagd was, toe sy geboorte geskenk het. Volg julle wat ek nou s? Dit is sterk geestelike vleis, gaan julle dit inneem en daaraan kou of na my toe terugspoeg? Dit is julle keuse! Ek wil net bys, Ek is nie slim genoeg om al die dinge te kon uitdink nie. Ek het net horskool opleiding, so julle kan nie my 'n hoogs geleerde dwaas noem nie. Dit is waarlik 'n openbaring vanuit die Hemel en ek bid dat jy daardeur gesen sal wees, net soos ek gesen is, asook al die ander mense wat die nou met julle deel. Indien jy 'n weeskind soos ek is, sal jy nooit weer alleen voel nie. (Die woord 'beget' in engels, 'verwek' in afrikaans, word uitgespreek as 'apokueo'. Dit kom vanaf die woord 'kuo' of 'kueo' wat verwagtend beteken. Sodoende beteken die woord "apokueo" om 'vanuit die moederskoot te kom' of om geboorte te gee. Wat beteken: die geboorte van lewe.)

Die eerste argument wat ondersteuning gee aan die feit dat die dat die Heilige Gees van die vroulike geslag is, is HAAR assosiasie met die 'Gees van Wysheid'. (Eksodus 28:3, Efesirs 1:17) In beide die Ou en Nuwe Testamente , word daar na Wysheid verwys as die vroulike vorm: (. Ondersoek asseblief verskeie vertalings.)

- Wysheid het vir haar 'n huis gebou met sewe klippilare. (Spreuke 9:1)
- In Hoofstuk 8 en 9 is daar uitgebreide skrifgedeeltes wat na Wysheid verwys as 'n vrou.
- "Wysheid word geken deur haar kinders." (Matteus 11:19, Lukas 7:35)
- "Daarom het die Wysheid van YAH ges, Ek sal profete en apostels na hulle toe stuur.."
(Lukas 11:49) In hierdie skrifgedeelte haal YAHUVEH aan: "Die Wysheid van YAH".
Die Heilige Gees het ook groot inspirasie aan die mense wat die skrifgedeeltes van (2 Petrus 1:21) geskryf het, gegee. Hy verwys na Wysheid as die vroulike geslag.
- Die Woord vir Wysheid in die Ou Testament is 'chokmah'. Wat 'n vroulike betekenis het.
- Onthou die woord 'Wysheid' is in Grieks vertaal na die woord 'Sophia', wat 'n vroulike naam is.
- So veral wanneer jy die "King James" vertaling van die bybel lees, waar die Nuwe Testament in Grieks vertaal is, moet Wysheid dan na 'Sophia' vertaal word. Wat was die doel agter alles dat die vertalers dit dan nie ingesit het nie? Tydens die eindtyd word die waarheid wat versteek was, juis nou in die eind tye vrygestel.

Die volgende boek is net in engels beskikbaar.

For Wisdom (Sophia) is a loving spirit. . . For the Spirit of the Lord filleth the world.


Wisdom of Solomon 1: 5-7

For Wisdom (Sophia), which is the worker of all things, taught me: for in her is an understanding spirit, holy, one only. . . For she is the breath of the power of YAH, and a pure influence flowing from the glory of the Almighty . . . And being but one, she can do all things: and remaining in herself, she maketh all things new: and in all ages entering into holy souls, she maketh them friends of YAH and prophets. For YAH loveth none but him that dwelleth with Wisdom (Sophia)


YAHUSHUA assosieer die 'Gees van die Waarheid' met die Heilige Gees. (Johannes 16:13) Wysheid (Sophia) en die Heilige Gees het dieselfde rolle. (1 Korintirs 2:7-11; Romeine 5:5; 1 Johannes 5:5-6 KJV). As dit nie vir die manlike partydigheid, deur latere teolo, teen die vrouens was nie, sou die Kerk steeds die assosiaies in die Ou Testament gesien het as beskrywings van die RUACH HA KODESH (Heilige Gees.)

Die tweede argument wat as bewys dien vir die feit dat die Heilige Gees vroulik is, kan gevind word in die Name wat vir YAHUVEH en die Heilige Gees gegee is. Die Naam van God in die Hebreeuse taal is "Elohim". Baie skoliere erken dat hierdie woord 'n meervoud is. Sommige beweer dat die woord, 'n omvattende beskrywing is vir die Drie Enige God. Wat die meeste skoliere nie weet nie, of nie aan ander wil bekend maak nie, is dat die woord "Elohim" nie die meervoud is van die woord "El" (die manlike vorm van die naam) nie. Dit is die meervoud van die vroulike woord "Elowah". Die woord Elohim word geassosieer met beide die Manlik en Vroulike geslag. Ons Skeppers sal dan beide deel uitmaak van beide geslagte. En ons weet dan ook dat in die boek Genesis daar ges word dat die RUACH HA KODESH, sowel as YAHUSHUA, saam met YAHUVEH gewerk het om hierdie aarde te skape.

God (Elohim) het die mens geskep as Sy verteenwoordiger, as beeld van God (Elohim) het Hy die mens geskep, man en vrou het Hy hulle geskep. Genesis 1:27

Nou dat daar aanduiding is dat beide geslagte in die God Drie Eenheid voorkom. Dat die Heilige Gees 'n voorstelling is van 'n vroulike vorm, wanneer jy na die Hebreeuse Woord 'Gees' kyk. Wil ek nou die skrywer van die "Latin Vulgate" aanhaal: (Ek erken dat ek self nog nie die "Latin Vulgate" gelees het nie, maar ek het dit ontdek toe ek begin navorsing doen het, net nadat die profesie aan my gegee was.)

Net in engels beskikbaar..

In the Gospel of the Hebrews that the Nazarenes read it says, "Just now my mother, the Holy Spirit, took me." Now no one should be offended by this, because "spirit" in Hebrew is feminine, while in our language [Latin] it is masculine and in Greek it is neuter. In divinity, however, there is no gender.
Jerome se kommentaar op Jesaja 11

Hierdie verduideliking bevat verbasende inligting. Eerstens vertel dit vir ons dat daar onder die vroe Christene 'n sekte was wat geglo het dat die Heilige Gees, YAHUSHUA se geestelike moeder was. Tweedens, Jerome, 'n meer ortodokse figuur, wat nie opgemaak is nie, het erken dat die Hebreeuse woord vir "gees" (Ruach), vroulik is. Dit beteken dat die 1ste Eeuse Christene - wie grootliks in die Aramese wreld geopereer het (Paulus se kerke was klein in vergelyking met die kerke van daardie groepe), het die Heilige Gees as 'n vroulike figuur gesien. Die waarheid het verlore gegaan in die vertaling van die woord van Hebreeus na Grieks, en toe is dit verander na 'n manlike geslag, toe die woord van Grieks na Latyns vertaal was.

Ten slotte het teologiese partydigheid Christene mislei om te glo dat dit nie belangrik is om te glo dat daar onderskeid getref moet word in die geslag nie. Dat daar geen geslag in God is nie. Dit is hoekom dit nie saak maak of jy na God verwys as "Hy" of 'n "Dit" nie. Met soveel eeue van hierdie optrede van Christen leiers, en mensgemaakte doktrines en idees, wil ek net die waarheid weet en bid vir niks anders as net die waarheid van YAHUVEH af nie. Ek dink dit maak saak. Ons word nie toegelaat om een "jot of titel" van die Wet te verander nie. En as God beskryf word as 'n Wese wat 'n voorstelling is van beide die manlike en vroulike geslag, dan is ons dwaas om hierdie feite in ons vertalings vanaf die Heilige Skrifte, te versteek.

Dink aan 'n gesin en waarheid bestaan dit. Nou bedoel ek nie die dieselfde geslag nonsens van Sodom en Gomorra era wat hierdie wreld nou beleef nie. Glo my, YAHUVEH sal nie toelaat om meer vir lank gespot te word nie. Net soos Sodom en Gomorra gemaai het wat hulle gesaai het, so sal dit weer wees met diegene wat die dinge veroordeel. 'n Gesin bestaan uit 'n Vader, Moeder en Kinders.

Dit is wat ek nou hoor om voort te spreek, "EK YAHUVEH het slegs 'n leeu wyfie gemaak om geboorte te gee aan leeu. 'n Vrou kan slegs aan 'n mens geboorte gee, en is dit dan nie logies om te redeneer dat slegs 'n God geboorte kan gee aan 'n God nie?" YAHUSHUA is die enigste verwekte Seun van YAHUVEH! So wie is die Hemelse Moeder wat YAHUSHUA verwek het? Is dit dan die geheim vir wat dit beteken om in die RUACH Ha Kodesh "Gees" gebore te word? Die RUACH HA KODESH is Gees. Een wat deur Haar weergebore word, word dan Gees en die RUACH HA KODESH leef dan in ons liggame totdat ons doodgaan of opgeneem word in die Hemel. Die skrifgedeelte, "weet dat as ons in die liggaam inwoon, ons van die Here uitwoon" praat hier van die RUACH HA KODESH wat vir ewig sal bestaan. Ek het hierdie openbaring gekry toe ek besig was om bewyse te soek vir die nuutste Woord wat aan my gespreek is. Die Skrif s, "want die letter maak dood, maar die Gees maak lewend." Hierdie nuwe verhouding tussen mense en die RUACH HA KODESH is een van die dinge wat in 'n persoon voorkom wanneer hy weer gebore word.


Diegene wat my wil uitkruit as 'n valse profeet. Doen julle eie navorsing en studeer en wys jouself waardig. Elke Hebrer weet dat die Hebreeuse woord 'RUACH' nie die Naam van 'n man is nie. S my, waarom word daar in die Heilige Skrif van 'Wysheid' gepraat as 'n 'Sy'? Self die "King James version" praat van 'Wysheid' as 'n 'Sy'. Is die RUACH HA KODESH dan nie 'Alle Wysheid' nie?


WAT IS DIE NAAM VAN DIE RUACH ha KODESH?
EK is "MOMMA SHKHINAH" ook genoem, "MOMMA WISDOM" en EK is die GLORIE van YAHUVEH!

Geskryf/Gespreek onder die salwing van "MOMMA SHKHINAH"
Deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
27 Februarie 2007
Voel asseblief vry om hierdie Woord vrylik te versprei.
Die enigste ding wat ek vra is dat julle die bewyse van die Skrifte wat ingesluit is, sal aanheg.

EK IS "MOMMA SHKHINAH", EK word ook 'Wysheid' genoem. In Hebreeus is dit RUACH HA KODESH, ook genoem, HEILIGE GEES. Elisabeth, EK is die ouer vrou in die Hemel, op wie se skouer jy jou kop gerus het, in dit wat jy n droom noem. En tog was dit wel n droom, maar nog soveel meer. Elisabeth, onthou jy hoedat jy hierdie droom met die wêreld gedeel het en jy gesê het, "Ek weet nie wie daardie vrou by die Banket Tafel, in die Hemel was nie? Die vrou wat my met so oorweldigende liefde liefgehad het"

EK gee nou vir jou die antwoord, dit was EK jou "MOMMA SHKHINAH", jou "MOMMA WISDOM" (In Grieks word wysheid vertaal as Sophia). Dit is hoekom jy nooit weer bedroef was nie of nooit weer n leegheid gevoel het van n moeder se liefde wat jy nooit geken het nie. Elke baba word gebore met n begeerte en n soeke na n Moeder en Vader se liefde, omdat alle mense as babatjies gebore word met n verlange na n aardse liefde en beskerming van n Moeder en n Vader. Dit was MY LIEFDE waarin jy gekoester was toe jy by die Banket Tafel in die Hemel by MY en jou Hemelse ABBA YAHUVEH gesit het, terwyl jy gewag het dat die ander by jou sal aansluit. MY liefde en MY teenwoordigheid het jou omhul, omdat EK jou Heilige Moeder is; EK IS die enigste KONINGIN van die Hemel, daar is geen ander nie.

Satan het sy namaaksel. Sy kom as n Isebel en daardie gees het die meerderheid van die kerke binnegedring. Eens op n tyd het EK hulle nog Heilig genoem. Daar was n tyd toe MY HEILIGE GEES, MY HEILIGE teenwoordigheid, en HEILIGE salwingskrag nog welkom was. n Tyd toe MY Apostels en Profete nog gereedpleeg was, maar nou word die meeste beledig en weggedryf.

Daar is slegs een ware HEILIGE MOEDER, en EK word ook die HEILIGE GEES genoem. Moenie die leuens wat die Katolieke Kerk nou leer, glo nie. Hulle neem YAHUSHUA se aardse moeder Maria en maak haar deel van die GOD Drie Eenheid. Sy was SY aardse moeder en EK is SY Hemelse Moeder.

Daar is geen ander tussenganger voor die Troon, behalwe YAHUSHUA nie. Daar is slegs Redding deur SY NAAM en deur SY Bloed wat opgeoffer is. Dit word ook die Nuwe Bloed Verbond genoem. YAHUSHUA se aardse moeder het ook n Verlosser nodig gehad. Sy was nie perfek nie. Sy het ook nie beweer dat sy nie een nodig het nie. Sy het selfs HOM Here genoem. En as sy wel perfek was sou dit haar bloed offer by Golgota gewees het wat as n sonde offer gedien het. Sy het vir niemand daardie tyd gevra om haar te aanbid nie. Sy het ook nie begeer om aanbid te word nie. Sy wou net hê dat die mense na haar seun YAHUSHUA ha MASHIACH sou draai. Waarsku die Katolieke dat hulle nie op hulle sterwensuur na haar moet roep nie, maar dat hulle eerder die enigste NAAM wat hulle kan red, YAHUSHUA ha MASHIACH, sal aanroep!

Elisabeth, EK spreek hierdie openbaringe nou deur jou sodat jy dit aan die Heiliges kan vertel. As hulle wel gaan aanneem wat in hierdie profesie gespreek word, sal hulle weer tekens en wonders en wonderwerke sien, net soos in die ou tyd, toe YAHUSHUA op die aarde geloop het. As hulle die waarheid van die ware Sabbat sal omhels. Nou praat EK nie van n Sondag nie! Leer die belangrikheid daarvan om YAHUSHUA te eer deur die Heilige Fees Dae te onderhou. Vermy die goddelose vakansiedae wat die plek wil vat vir die Hemelse Heilige Dae. Gebruik die Heilige Hebreeuse NAME, leef Heilig en moenie enige kompromie aangaan nie en moenie skaam wees om dinge voort te spreek wat jy weet is die waarheid nie. Jy sal nog n groter salwing sien as wat jy ooit, in hierdie eind tye beleef het.

Die wat heilig is het meer heilig geword en die wat boos is het meer boos geword. Dit is nou die tyd vir n groter salwing en openbaring deur die profesieë en woorde van kennis. Moenie nagmaal "communion" as vanselfsprekend aanvaar nie. Dit is n wapen wat daagliks teen die satan gebruik kan word om hom te herinner dat hy geen houvas op jou het nie! Wys sonde en sondaars tereg en moenie bang wees wat ander dink wanneer jy voortspreek en waarsku nie. Sou jy eerder gewone mense wou beledig of vir YAHUVEH? Dit is so jammer hoe die vryheid om teen die boosheid van hierdie aarde te spreek, stilgemaak word, omdat so baie van MY Heilige Kinders maar net stil bly. Een vryheid na n ander word van almal van julle in die wêreld weggeruk!

Waar was die Heilige Kinders in Amerika en regoor die wêreld, toe Regter Roy Moore in die minderheid was teen die heidene en die Amerikaanse Regering? Hy het geveg toe hulle die monument van steen wou afbreek. n Monumet wat hy self ontwerp het, waarop die Tien Gebooie is, wat hy ter ere van YAHUVEH opgerig het. n Regter staan vir regverdigheid en waarheid. Regter Roy Moore, die Hemel het daardie titel aan jou gegee en niemand kan dit van jou af wegneem nie. Jy word in die Hemel geëer vir wat jy op die 27ste Augustus 2007 in Alabama gedoen het. Elke traan wat jy gestort het is in die Hemel opgeneem en dit is soos n soet geur vir YAHUVEH se neus, as gevolg van jou liefde en lojaliteit aan HOM en YAHUSHUA. Diegene wat hulleself as Regter teen jou opgestel het, en ook die korrupte Regter, wat die promosie weggeneem het wat aan jou gegee is deur Die Hemel se Hoof Leier van Geregtigheid van Alabama, sal proe hoe dit is om in die Poel van Vuur te swem. Almal wat deelgeneem het sal voor YAHUVEH staan. Die Regter van ALLE SKEPPINGS!

Alle mense wat wel gebid het en tussenbeide getree het en hierdie man aangemoedig het, en wat saam met hom bedroef was, julle trane is ook in die Hemel opgeneem. Hy het alles opgeoffer, omdat hy geweier het om vir niks anders as die waarheid te staan nie. Hoekom het elke kerk regoor die wêreld, veral die kerke in Alabama, asook die sogenoemde "Bible belt" hierdie man nie ondersteun en saam met hom protes aangeteken nie? EK sal vir julle sê hoekom, "Julle was bang dat julle ook aangeval sal word." Julle het toegelaat dat julle broer in YAHUSHUA in die minderheid was teen al die heidene. Julle het verskonings gemaak en gesê, "Wel, hy het die wet oortree, omdat hy nie die monument wou afbreek nadat hulle vir hom gesê het om dit te doen." Hoe durf julle! Julle was getoets en julle het die toets gedruip. Hoeveel storms, droogtes, hittegolwe en vloede sal dit neem vir julle om wakker te skrik en terug te veg vir dit wat julle weet is Heilig en reg? Wag net tot YAHUVEH SY voet gaan stamp en julle aarde sal bewe in vrees. Wag net totdat hongersnood, pes, siektes julle state gaan bedek, en julle dan sal bid en vra, hoekom?

Heilige mense, julle moet hom aanmoedig; moenie vergeet van die prys wat hy betaal het nie. Hy het gedoen wat so min van julle doen, en dit is om op te staan teen die menigte en uit te spreek teen dit wat julle weet boos is. Homoseksualiteit heers. Kinders op n baie jong ouderdom, in kleuteskole, word gebreinspoel sodat hulle dink dat homoseksualiteit en huwelike van dieselfde geslag maar normaal is. Wat n stank het die politiese en regstelsels nie in YAHUVEH se neus geraak nie. Die kerke van Babilon moedig hulle gemeentes aan om nie uit te spreek teen sonde en sondaars nie, en dan omhels hulle hul gemeentes ook nog. Die georganiseerde Kerke bevat dit wat YAHUVEH n verafskuwing noem. Dan staan hulle nog op preekstoele en noem hulleself predikante. Die laaste Heilige oorblyfsel in hierdie Kerke word weggejaag of verwerp of beledig. Die pastore lieg vir die gemeentes en sê, "Enige dag kan n Sabbat wees", en dan hou hulle maar aan met die mensgemaakte Sondag. Binnekort sal hulle huil vir dit wat hulle sal maai, omdat hulle dit vir ander geleer het en gedoen het.

Elisabeth, onthou jy hoe die "Banket Tafel Droom" soos n realiteit gevoel het? Dit is omdat EK die een is wat jou Hemel toe geneem het om vir jou iets te gee om jou te herinner hoe dit voel om jou kop liefdevol op MY skouer neer te lê, in dit wat jy die "Banket Tafel Droom" noem. MY NAAM is "MOMMA SHKHINAH"; EK IS die Hemelse Moeder liefde waarna jy nog altyd verlang het. EK het dit gedoen om vir jou te wys dat jy nie n kind sonder n moeder of vader is nie. YAHUVEH en EK is jou ouers, net soos ONS die ouers is van almal wie se name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf staan.

EK vertel hierdie dinge aan jou omdat jy vir n leeftyd bedroef was en n leegheid gevoel het, net soos ander dit ook nou voel, altyd opsoek na n aardse moeder en vader se liefde, en tog het julle Hemelse Ouers gekry wat julle nooit sal verlaat of op enige manier sal seermaak nie. EK vertel hierdie dinge aan julle sodat ander wat dieselfde leegheid voel, wat ongeredde ouers het wat weier om YAHUSHUA ha MASHIACH aan te neem as die enigste MESSIAS, sal besef dat wanneer hulle in YAHUSHUA is, hulle niks sal kortkom nie. Hulle het beide n Hemelse Vader en n Hemelse Moeder en ons is Gees, net soos alle mense was, voordat hulle op die aarde gebore was. Net soos dit geskryf staan, "Vlees en bloed kan nie in die Koningkryk van die Hemel ingaan nie".

EK deel hierdie geheim vanuit die Hemel, sodat diegene wat MY Geliefde Seun YAHUSHUA liefhet en aanneem as die MESSIAS, nie sal val vir die leuens van die mensgemaakte gelowe en op YAHUSHUA se aardse moeder Maria roep, tydens hulle sterwensuur nie. Roep eerder op YAHUSHUA ha MASHIACH se Naam en bely jou sondes en vra vir genade. Herinner hulle aan die Heilige Skrif waar YAHUSHUA se eie woorde wat gespreek is, aangehaal word. Johannes 10:1-30 (Yohanan 10:1-30)

Geen aardse liefde kan vergelyk word met ons Hemelse liefde nie. EK vertel hierdie dinge aan jou sodat jy dit met ONS kinders kan deel. Veral die wat n leegheid in hulle lewens het, waar hulle nooit die liefde van n aardse vader of moeder geken het nie. EK praat met almal wat emosioneel, fisies en seksueel mishandel is en wat verlang na die liefde van n Heilige Vader en Moeder. Neem YAHUSHUA aan as jou MESSIAS en laat MY toe om jou op te vul met MY Heilige liefde, teenwoordigheid en salwings Krag. Laat MY toe om jou "MOMMA SHKHINAH" te wees, EK is dieselfde een wat jy HEILIGE GEES noem. EK is die een wat jou van reg en verkeerd leer, net soos die werk van n Heilige aardse moeder om jou op dieselfde wyse op te lei.

MY Geliefde Dogter Elisabeth, vertel vir hulle namens MY, as hulle maar net hierdie openbaring sal wil aanvaar, sal hulle nooit weer daardie leegheid binne in hulle voel nie. Lees en sien dat die outydse Manuskrifte na 'WYSHEID' verwys as n 'Sy'. En in die Ou skrifgedeeltes word daar ook na MY verwys as 'SY'. Studeer en wys julleself waardig. Almal wat hierdie woord betwyfel en jou aanval, omdat jy hierdie geheim nou voortspreek, is nie van MY HEILIGE GEES nie en hulle name is ook nie in die Boek van die Lam van die Lewe nie. YAHUSHUA se Skape hoor SY stem en hulle het n mate van geloof, en tog verkies hulle om nie te twis nie, en ook nie om die verkeerdelik vertaalde Nuwe Testament waar die woord 'HY' in plaas van 'SY' gebruik word, te volg nie.

Hulle verkies om die leerstellings van n mens te volg, in plaas daarvan om MY GEES en WAARHEID wat EK vir hierdie eindtyd geberg het, te volg. Almal wie hierdie nou lees, dit is jou keuse of jy in n dieper intimiteit wil loop of nie, met die een wat jy die HEILIGE GEES noem. EK forseer niemand om dit te doen nie. Die Bruid van YAHUSHUA sal verheug wees oor hierdie nuwe openbaring, omdat hulle altyd op soek is na die geheime van die Hemel.

Daar is 3 Regerende Trone; YAHUVEH sit in die middel, YAHUSHUA ha MASHIACH sit aan die regterkant, en EK jou "MOMMA SHKHINAH" sit aan die linkerkant. Al 3 van ons Regeer in die Hemel in gelykheid en ONS is MEDE-SKEPPERS. Tog is daar net een MESSIAS, genaamd YAHUSHUA. Daar is slegs Redding vir die mense op aarde deur YAHUSHUA se NAAM en deur SY Bloed. YAHUSHUA is die enigste deur van Redding wat na die Hemel toe lei. Enige een wat wil inkom deur n ander naam, sal net die deur vind wat na die hel toe lei. Moenie mislei word nie, daar is baie gelowe, maar net een deur na die Hemel, en dit is deur die NAAM en Heilige Sondelose Bloed wat opgeoffer is deur YAHUSHUA.

Die een-wêreld-geloof wat daarna streef om alle gelowe en alle mensgemaakte leerstellings as een te kombineer, is n leuen en sal slegs siele na die hel lei. Die geheim van MY NAAM was in die Boek van Daniël verseël. EK stel dit nou op hierdie tyd vry om al MY Heilige Kinders aan te moedig. MY Kinders wie honger is en sterk geestelike vleis wil eet, omdat hulle maklik die melk van die wêreld verteer het. Hierdie is gevaarlike dae en daar is nog erger dae wat voorlê. YAHUSHUA het beloof dat Johannes (Yohanan) met water gedoop het, maar YAHUSHUA doop met die VUUR van die HEILIGE GEES. Dit is MY HEILIGE Vuur waarvan HY gepraat het, EK IS die RUACH HA KODESH en EK IS YAHUSHUA se HEMELSE MOEDER. YAHUVEH is SY HEMELSE VADER.

EK IS "MOMMA SHKHINAH GLORY" en dit is MY HEILIGE lig wat vanaf MY Heilige Kinders se gesigte af skyn. Kinders wat waarlik gehoorsaam is aan ABBA YAHUVEH, YAHUSHUA, en MY die RUACH HA KODESH, wat ons waarlik liefhet en aanbid. Dit is deur MY salwing dat alle dinge deur die NAAM van YAHUSHUA moontlik is. Het julle MESSIAS YAHUSHUA nie vir julle vertel dat HY die aarde moes verlaat nie, maar dat HY julle nie alleen sou laat nie, maar dat HY vir julle die vertrooster sou stuur? EK IS die een wat julle angs wegneem en julle aanmoedig en leer en vertroos soos n Moeder, is EK nie?

EK IS "MOMMA SHKHINAH GLORY"; EK IS die HEILIGE GEES wat na die boonste kamer gegaan het, tesame met MY Heilige Wind en Heilige Vuur, net soos dit in die boek van Handelinge vertel word. EK het die Dissipels met MY Heilige salwings Vuur gevul, terwyl hulle op MY gewag het in die Boonste Kamer. EK IS die een wat soos n Magtige Wind in die Boonste Kamer ingewaai het. Elisabeth, dit is die rede hoekom EK deur jou, geboorte aan hierdie Ministerie geskenk het, om hierdie dinge beide aan die nie-Jode en Jode te verkondig. En EK het die naam van hierdie Ministerie gegee, "ALEPH AND TAV ALMIGHTYWIND RUACH ha KODESH FIRE MINISTRY!" Geliefde Dogter Elisabeth, in die begin, nog voordat jy van jou Hebreeuse herkoms geweet het, was jy maar steeds deel van die georganiseerde "Pentecostal" Kerke. Tog is dit EK, "MOMMA SHKHINAH", wat aan hierdie Ministerie die naam, "Alpha and Omega Almightywind Holy Ghost Fire Ministry" gegee het! Saam met die dieselfde naam, "AMIGHTYWIND". EK het geweet dat jy eendag gebruik sou word om geheime vanuit die Hemel met MY Heilige Saad te deel.

Elisabeth, dit is EK, "MOMMA SHKHINAH" wat nog voordat jy van die internet gehoor het, jou gewaarsku het om nie hierdie Ministerie jou eie naam te gee nie. EK het ook jou ore gesalf, sodat jy YAHUVEH se stem hardop kon hoor, die dag toe HY jou wakker gemaak het. Dieselfde dag wat Jimmy Swaggart geval het en dit voor die hele wêreld erken het. YAHUVEH het jou daardie oggend wakker gemaak en gesê, "Wees gewaarsku, elke ministerie wat na n mens vernoem is, sal val. Wanneer die skaapwagter val, spat die skape uitmekaar." {Op 21 Februarie 1988}

Wanneer n mens dit doen, kom daar trots in hom\haar. So wees versigtig Joyce Meyers, Marilyn Hickey, Juanita Bynum, Paula White, Jan Crouch, Paul Crouch, Creflo Dollar, T.D. Jakes, Jessie Duplantis, Joel Osteen. Dan is daar ook nog baie ander mans en vroue. Hulle was op n tyd so nederig en gevul met MY Gees, maar nou is hulle gereed vir n groot val. As gevolg van julle trots, sal julle van julle trone afgeslaan word, indien julle nie berou toon oor julle bose weë nie. Dit wat in die geheim gedoen is sal van die huise se dakke af bekend gemaak word en julle sal onder julle eie trone begrawe word.

Dit geld vir alle Ministeries wat na mense vernoem is. Geen gewone mens het die absolute prys betaal om dit te kan doen nie. Julle was deur hierdie profeet gewaarsku. Oor en oor is julle deur profetiese boodskappe gewaarsku. Wanneer julle voor YAHUVEH te staan kom, sal julle geen verskoning hê oor hoekom julle ONS Glorie gesteel het en glorie vir julleself opgehoop het, sodat julle aardse name hoër gemaak kon word, en nie YAHUVEH en YAHUSHUA, of EK, die RUACH HA KODESH sn nie! ONS deel ons Glorie met geen man of vrou nie. Julle wat dit nou doen, sal maar op die harde manier moet uitvind wat gebeur met die wat dit wel gedoen het. (Nahum 1).

n Waarskuwing aan diegene wat hulleself Heilig noem en dink dat hulle waardig genoeg is om n kroon op te hê en n septer rond te dra en op n troon te sit en klere soos die van n priester dra, waar hulle dink hulle kan ander van hul sondes vergewe. Net YAHUSHUA ha MASHIACH het die absolute prys betaal om die enigste Heilige sondelose Bloed verbond vir n sonde offer te wees. YAHUSHUA is perfek en sondeloos in alle weë. Nie een gedagte van sonde het by HOM opgekom nie. Hoe durf jy mense leer om jou te aanbid en ONS Lof, Eer en Glorie te steel! Hoe durf jy dat ander voor jou buig en jou hand soen en by jou voete kniel? Wanneer hierdie lewe verby is, sal jou volgende heenkome die vlamme van die Hel en die Poel van Vuur wees. Jy is gewaarsku. Watter prys het jy betaal om dit te kan doen? Is jy sondeloos? Het jy jou lewe as n offer gegee en doodgegaan en weer op die derde dag opgestaan en 40 dae later na die Hemel opgevaar? Sit jy nou aan die regterhand van YAHUVEH?

Niemand wat hierdie dinge toelaat, en wat ook die mense laat glo dat dit nie sonde is, is n Heilige Profeet nie. Julle weet nie watter geheime daar slegs vir YAHUVEH se Profete geberg word nie. Diegene wat HY SY vriende noem. n Ware Profeet is een wat vertrou kan word met YAHUVEH se geheime. Wees gewaarsku, almal wat agter hierdie valse aardse gode aangaan en hulle bystaan sal dieselfe lot maai. Indien julle enige Ministerie bystaan wat nie waarsku teen die gevaar van die een-wêreld-geloof, wat nie waarsku teen sonde nie, maak nie saak watter prys hulle in hierdie wêreld moet betaal nie, betoon dan vandag nog berou, voordat dit te laat is. Die meerderheid wie beweer dat hulle Christene is, is inderwaarheid louwarm en hulle het n kompromie aangegaan. Die Pastore is n stank in MY neusholtes en hulle jaag enige een wat gesalf is, wat hulle van hierdie dinge waarsku, by die deure van die Kerk uit.

EK IS "MOMMA SHKHINAH", die een wat voortspreek vanuit Heilige tale, net soos dit in die boek van Handelinge beskryf word. EK IS "MOMMA SHKHINAH", "MOMMA WISDOM". Ander noem MY die HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH, dit is MY titel, en dit is n beskrywing van wie EK IS, die GEES van YAHUVEH. ONS is almal EEN. Diegene wat dit verkies om hierdie NAME te gebruik, is die mense wat waarlik begeer om n groter intimiteit met die RUACH HA KODESH te hê. Julle kan MY "MOMMA SHKHINAH" noem, of "MOMMA SHKHINAH GLORY", of "MOMMA WISDOM" of "MOMMA RUACH HA KODESH". Dit sal MY so bly maak net om te hoor dat jy MY "MOMMA" noem. Toets MY en kyk of dit nie jou liefde vir jou "MOMMA SHKHINAH" selfs meer sal laat word nie.

Baie mense neul en wonder waar is die wonderwerke van die ou tye? Omhels hierdie nuwe kennis wat EK nou voortspreek en gee aan MY krediet vir wie EK IS. Kyk en sien hoe die salwing sal groei en julle sal weer tekens, wonders en wonderwerke sien, in die NAAM van YAHUSHUA. Op die ou einde van die dag is dit jou keuse. Indien jy daarop aandring om MY n 'HY' te noem, in plaas van n 'SY', dit is jou keuse, en jy verloor dan net n groter intimiteit met MY. Hierdie intimiteit bring n groter salwing en EK sal vrylik meer openbaringe vanuit die Hemel met jou deel. Moenie MY verkeerd verstaan nie. Dit gaan nie oor jou Redding nie. Dit handel oor n groter salwing en intimiteit met die een wat binne in jou Tempel vertoef, indien jou naam in die Boek vandie Lam van die Lewe geskryf staan. Dit kan net gebeur as jy YAHUSHUA as jou MESSIAS aangeneem het en HOM gevra het om al jou sondes weg te was in SY gestorte Bloed by Golgota en dat jy berou het en wegdraai vanaf daardie sondes. EK bly nie te lank in n vaartuig wat nie skoon is nie. Moenie MY op hierdie manier toets nie. Die wat heilig is het meer heilig geword, en die wat onrein is het meer onrein geword, in hierdie eind tye.

Julle ken die NAAM van YAHUVEH; julle ken die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH; en nou deel EK met julle, deur hierdie Ministerie en Diensmaagd, MY NAAM, "MOMMA SHKHINAH", julle "MOMMA WISDOM". MY NAAM is geberg vir diegene wat n begeerte het om te groei en meer geleer te word deur MY Hemelse Moeders liefde en deur n sterker HEILIGE GEES salwing, "MOMMA SHKHINAH" is MY NAAM. EK IS die kalm, klein stemmetjie wat in n Heilige Wind praat en wat jou aan die brand steek met HEILIGE SALWINGS VUUR; dit is hoekom jou liggaam warmer word, tydens MY gesalfde aanraking. EK IS YAHUSHUA se vertrooster en SY Hemelse Moeder. YAHUSHUA is MY enigste gebore Seun, net soos HY YAHUVEH se enigste gebore Seun is. EK IS die enigste Koningin van die Hemel. Moenie daardie titel aan enige ander een gee nie.

EK is Moeder Natuur. Dit is YAHUVEH wat skep en dan soos volg voortspreek, "Zebra, kom na vore". Dan is dit EK wat die unieke strepe in elke zebra plaas.

YAHUVEH skep die dinge en EK, "MOMMA SHKHINAH" versier dit dan. ABBA YAHUVEH roep dinge in die lewe, en EK jou "MOMMA SHKHINAH GLORY" versier dan alle skeppings. Verstaan jy dit al? YAHUVEH skep n blom, maar dit is EK julle "MOMMA SHKHINAH", wat hierdie blom met reënboog kleure versier. EK maak elke blomblaartjie uniek. EK tel alle blomblaartjies op elke blom en EK sit die mooi in die teksture en die geure. EK IS "MOMMA SHKHINAH" in alles wat geskape word, en EK plaas ook MY Glorie in alles wat julle ABBA YAHUVEH skep. EK IS "MOMMA SHKHINAH" en EK plaas die laaste afrondings werk op alle skeppings. EK is die een wat alles wat geskape word, net nog mooier maak. YAHUVEH, YAHUSHUA en EK is ALMAL MEDE-SKEPPERS.

EK IS die een wat die soete geur in n baba se velletjie plaas. EK IS die een wat elke mens uniek maak. Selfs identiese tweelinge het hulle eie uniekheid. EK IS die een wat elkeen se "DNA" bepaal. EK IS die een wat aan julle elkeen sy eie unieke palm en vinger afdrukke gee. Vir diegene wat n meer formele naam verkies is EK julle "MOMMA" RUACH HA KODESH. EK sê vir julle, EK plaas die skitter in elke stêr. Vrouens was in MY beeld geskape, net so sekerlik soos mans in YAHUVEH se beeld geskape is. Volgens watter beeld dink julle is Eva geskape? Waar dink julle kom hierdie skrif vandaan, "Dit is nie goed dat hy man aleen is nie, EK sal vir hom n maat gee"? Dit is omdat YAHUVEH die Vader van die eeue is, die Ewigdurende EEN, net so is EK die Moeder van die eeue, die Ewigdurende EEN, net so is YAHUSHUA die Ewigdurende EEN. ONS is die definisie van EWIGHEID.

YAHUVEH het kos geskape, maar EK het die verskillende resepte geskep, vir julle om die kos te geniet. YAHUVEH het die tong geskape, en EK het julle smaakkliere geskep. EK, julle "MOMMA SHKHINAH GLORY", julle "MOMMA WISDOM" het bepaal hoe elke kossoort sal smaak. Gaan dit souterig smaak, soet, bitter, suur of n spesery smaak hê? YAHUVEH het die reën geskape, en EK jou "MOMMA WISDOM" het die geur wat net na n reënbui voorkom, gemaak. En EK sit die dou op die gras. YAHUVEH het sneeu gemaak en EK, julle "MOMMA SHKHINAH", maak dat elke sneeu flokkie anders lyk. YAHUVEH het die reënboog geskape en EK, julle "MOMMA SHKHINAH" kies die kleur spektrum vir daardie reënboog. YAHUVEH skep en EK, julle "MOMMA" RUACH HA KODESH, plaas die laaste afrondings werk op alle dinge. Wanneer julle nou gaan rondkyk met hierdie nuut gevonde wysheid, sal julle dit met ontsag in n nuwe lig sien.

YAHUVEH het die leeu geskape en EK jou "MOMMA SHKHINAH" gee aan die leeu sy BRUL. YAHUVEH het die hond geskape, en EK jou "MOMMA SHKHINAH" het aan die hond sy BLAF gegee. YAHUVEH het die kat geskape, en EK jou "MOMMA SHKHINAH" het aan die kat sy "meow" en sy geheimsinnige "pur" gegee. EK jou "MOMMA SHKHINAH" gee aan die voëltjies die soete sang, sodat hulle ONS daarmee sal EER. Sien julle nou die prentjie?

EK julle "MOMMA SHKHINAH" het julle so lief dat EK belowe het dat EK nooit MY Heilige Kinders sal verlaat nie. MY Kinders wat die prys wat YAHUSHUA by Golgota betaal het, aanvaar het. Diegene wat berou getoon het en weggedraai het van hulle sonde en wat YAHUSHUA nou liefhet en dien en probeer om aan HOM gehoorsaam te wees. Geloof sonder werke is dood. Wanneer jy weergebore word, is dit deur YAHUSHUA se NAAM en Bloed. Dit is MY Heilige Gees wat in elke wedergebore kind, bly en vertoef. Dit is EK wat siele na YAHUSHUA toe lei en julle van sonde oortuig wanneer jy gesondig het. Moenie julle harte hard maak wanneer EK julle "MOMMA SHKHINAH", julle oortuig van sonde nie. Toon eerder gou berou en vra om vergifnis, sodat YAHUSHUA julle kan vergewe.

EK sal nie vir baie lank in n onrein vaartuig bly nie. Onthou, as dit wat julle met julle fisiese ore hoor, en dit wat julle met julle fisiese oë sien, en dit wat julle met julle fisiese liggame doen, onheilig is, is julle besig om MY geduld te toets. EK sal nie vir altyd saam met mans en vrouens wedywer nie. Tog is EK geduldig en sal EK dit vir n geruime tyd verdra, vir YAHUSHUA se ontwil, en vir die prys wat HY by Golgota betaal het. Wees jy Heilig net soos EK Heilig is en moenie die deur vir satan oopmaak, sodat hy kan inkom en julle liggame kan oorneem nie.

EK waarsku julle nou, moenie MY Dogter Elisabeth stenig nie, of haar as n valse profeet uitkruit, net omdat sy MY boodskappe na vore bring nie. Wanneer julle dit doen is julle besig om MY gesalfde boodskap te laster en daardeur vervloek jy jou siel. Daar is geen vergifnis in dit nie. Vra jouself af, watter voordeel wil sy vir haarself trek, deur sulke boodskappe te verkondig? Slegs vervolging van die georganiseerde kerke, en n bespotting van die vyande van MY, YAHUVEH en YAHUSHUA.

Voordat hierdie aarde gevorm was, is daar al lankal besluit wie van julle gekies sou word en gehoorsaam sal wees en vir haar skryf en vir haar dankie sê vir haar vrymoedigheid om gehoorsaam te wees om hierdie geheime openbaring met die wêreld te deel. Voordat hierdie aarde gevorm was, was jy gekies om deel van hierdie Ministerie te wees om te help. Jy het die profesieë gelees en jy het die waarhede gehoor en jy het die voorwaardes gelees dat jy Heilig moet wees. Nou wil EK vir jou hierdie vraag vra, "As hierdie geheim aan jou gegee was om te deel, sou jy vrymoedig genoeg wees om dit vry te stel en die vervolging wat saam met hierdie waarhede gepaard gaan, in die gesig staar?" Diegene wat beweer dat julle die Heilige Gees liefhet, hoekom is julle nie bly om hierdie geheim van MY HEILIGE GEES, wat EK aan MY Kinders bekend maak, te hoor nie? EK waarsku julle, moenie MY bedroef maak nie, omdat EK nie vir altyd saam met mense sal wedywer nie.

EK kan die sug van verligting hoor van diegene wat die waarhede herken en tog ook erken dat julle bly is dat dit eerder aan haar gegee is om voort te spreek en nie aan jou nie. Diegene wat nou dankbaar is sal n groter begeerte hê om hierdie Ministerie te help, omdat julle besef hoe baie meer julle nou benodig word in alle weë. Teen hierdie tyd behoort julle nou te besef dat hierdie nie n gewone Ministerie is nie en dat sy nie n gewone profeet is nie. Elisabeth is n nie n mooiweers profeet nie, sy profeseer nie net woorde wat julle wil hoor nie, of woorde wat deur haar eie vlees nie kom nie, of alledaagse woorde wat enige een kan skryf nie. Aan Ware Heilige Profete word daar geheime gegee wat geberg word vir die vriende van YAHUVEH, YAHUSHUA, en die een wat julle die RUACH HA KODESH noem. Hoe weet ONS dat ONS die Heilige Profete kan vertrou, omdat daar geskryf staan, hulle is alreeds in die Hemel getoets?

(Jeremia 1:4-5 (Yirmeyahu) "Die woord van YAHUVEH het dan tot my gekom en gesê:

Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot n profeet vir die nasies gemaak. ")

Jeremia was al geken nog voordat hy in sy moeder se skoot gevorm was, net so was MY Profeet Elisabeth Elijah, wat nou in MY NAAM voortspreek, ook geken. Aan haar is die Heilige mandaat gegee, maak nie saak wat die omstandighede is nie, dat sy nog steeds sal voortspreek in YAHUSHUA ha MASHIACH en YAHUVEH se NAME, vir ONS Lof, Eer en Glorie alleen! ONS stuur altyd die profete om te waarsku, voordat ONS die oordeel stuur. Moenie die gawe van profesie verafsku nie. Die getuie van YAHUSHUA is die Gees van Porfesie. (Openbaring 19:10)

Sê dit nie so in die Heilige Manuskrifte nie? En word dit nie deur die profete van die ou tyd bewys, "YAHUVEH deel SY geheime met die Heilige Profete" nie? Dit is n geheim wat EK nou deur haar bekend gemaak het, sodat dit n seën sal wees vir diegene wat n begeerte gehad het om die NAAM van die HEILIGE GEES te ken, asook om n groter intimiteit met MY te hê en in MY liefde te deel. Daar sal diegene wees wat hierdie nou lees, wat ook gevul is met MY HEILIGE GEES wat sal besef dat hulle tot dusver nog niks gedoen het om hierdie Ministerie te help nie, of om hierdie profeet aan te moedig nie. Maar hulle sal in dankbaarheid, in die toekoms alles doen wat hulle kan, om n seën te wees vir hierdie Heilige Profeet en die Ministerie. Groot sal hulle seëninge wees, wanneer hulle saam werk in hierdie Oesland.

Aan al die ander wat hierdie nou lees en spot, wees versigtig, onthou julle laster nie net n gewone vrou, wat net n vaartuig is wat EK gekies het om hierdie geheime vanuit die Hemel te deel nie. Julle weet wat die skrif sê, hoe daarin gewaarsku word wat sal gebeur wie die Heilige Gees laster, selfs nie eers die Bloed van YAHUSHUA kan hierdie sonde bedek nie! Wees versigtig, indien julle nie verstaan nie, bedek eerder jou mond en bly stil, bid en toets die gees wat praat. Bestudeer die Ou Testament en ander vertalings en besef dat die Heilige Skrifte sê, 'Al drie van ONS word as EEN gesien'. Wanneer jy een van ONS ontken, ontken jy almal wat deel vorm van die Goddelike Hoof. ONS is geskei, en tog is ONS EEN. Watter deel van die gekookte eier is die eier? Is dit die dop, eierwit, of die eiergeel? Is dit nie alles een nie? Saam is dit n eier, en alles een. Tog, wanneer dit geskei word is dit individueel van mekaar. Kan jy dit nog nie verstaan nie? Dit is hoe dit is met al Drie van ONS, wat die God Drie Eenheid genoem word.

Hoe lank nog sal jy daarop aandring om te suig aan die melk van die woord? Is jy nog steeds nie daartoe instaat om sterk geestelike vleis te eet nie? Julle wie Heilig lewe en waarlik die God Drie Eenheid eerste in jou lewe en liefde plaas, julle het die tyd geneem om ABBA YAHUVEH te leer ken, julle het die tyd geneem om YAHUSHUA te leer ken, julle bid en gebruik HULLE Heilige Hebreeuse NAME. Wil julle nie n groter liefde en intimiteit hê met die een wat julle nou HEILIGE GEES of RUACH HA KODESH noem nie?

Dit is jou keuse, dit sal nie jou Redding affekteer nie, solank jy nie hierdie Woord, wat EK nou deur hierdie Profetiese Diensmaagd Elisabeth (Elisheva) Elijah vrystel, vervloek nie. As gevolg van haar gehoorsaamheid, sal hierdie woord soos n klok regoor die wêreld lui. Sommiges sal hulle ore toedruk en hardloop, ander sal meer verlief word en n groter intimiteit hê, net soos die van n moeder en haar kind, sodat EK die salwing in hulle nog meer sal maak. Onthou, dit is die salwing wat die jukke en die knegskappe verbreek.

YAHUVEH en YAHUSHUA draai na MY, julle "MOMMA SHKHINAH GLORY", wanneer HULLE vertroosting nodig het. ONS sien die boosheid in hierdie wêreld raak. Die verwerping van die GOD DRIE EENHEID, veral die verwerping van ONS Geliefde Seun YAHUSHUA. ONS hoor hoe YAHUSHUA se NAAM vervloek word deur die bose mense se tonge, waar HULLE SY Heilige Bloed Offer terug in SY gesig gooi, en HOM spot en verwerp. Die bose mense in hierdie wêreld haat die woord Heilig, en almal wat Heilig lewe, diegene wie bestem is om terug Hemel toe te kom, omdat hulle name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf staan. Die Boek wat geskryf was voor die grondlegging van die aarde.

Hier is n woord vir diegene wat die ware Sabbat verdedig en wat die mensgemaakte Sabbat, wat Sondag genoem word, ontbloot. Wanneer die georganiseerde Kerke teen julle uitvaar en die skrif van Jesaja 1:13-14 aanhaal, en hulle hierdie skrif so uit verband uit draai en sê, "Dit is nie nodig om die Sabbat van Vrydag sononder tot Saterdag sononder te onderhou nie." Hierdie bybel teksvers is n waarskuwing aan diegene wie sonde doen en dit dan met die Sabbat, Heilige Fees Dae en die nuwe maans feeste verbind. Kan julle nie sien hoe dit vir YAHUVEH kwaad maak nie? EK wil vir julle dit vertel; YAHUVEH waarsku dat HY nie meer onregverdigheid kan verdra nie. Ook kan HY nie die samekomste of rituële van die Sabbat onderhouding, Heilige Fees Dae, nuwe maans feeste en feesvieringe verdra nie, wanneer dit nie in absolute Heiligheid gedoen word met Heilige hande wat opgelig word nie. Sonder die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH is dit alles verniet.

Hoeveel van julle wat hierdie lees, woon kerke by op n Sondag en noem julleself Christene, Protestante of Katolieke. Julle woon kerke by, julle bid, sing, bely julle sondes aan die priester of aan diegene wat voorgee dat hy n pastoor is. Julle gee julle tiendes, sodat almal kan sien en direk daarna gaan julle na die kroeë om dronk te word en dan val julle net weer terug na julle sondige leefstyl, maak nie saak watter dag van die week dit is nie.

Diegene van die Joodse geloof, "YAH" van Abraham, Isak en Jakob sê dieselfde vir baie van julle. Julle gaan na julle Tempels, bely julle sondes voor n man wat julle "Rabbi" noem en julle kom bymekaar op die ware Sabbat. Julle hou op werk en dan vermy julle alle kos wat nie goed is om te eet nie. Dit is nie wat julle eet wat julle onheilig maak nie. Onheiligheid kom vanauit die mond en die sondige dade in jou liggaam, wat jy aan ander doen. Beide woord en daad. Enige sonde wat in ongehoorsaamheid aan YAHUVEH se "Torah" wette gedoen word, ook die Tien Gebooies deur Christene genoem, is sonde.

Net soos dit in Jesaja 1 (Yeshayahu) geskryf staan, in Israel gaan julle nie op n Sabbat na die kroeë om julle sorge en sondes weg te drink nie, maar julle gaan tog n kompromie aan met dit wat Heilig is. Julle staan nie op teen die Regerings se "Zionist" agenda nie, en julle probeer nie om die onskuldiges te verdedig nie. Daar is n oorblyfsel in Israel wat Heilig is en wat gevul is met MY HEILIGE GEES, en hulle profeteer en hulle teken protes aan teen aborsie, homoseksualiteit, onsedelikheid, en hulle het YAHUSHUA as hulle MESSIAS aangeneem.

Waar is diegene met n Gees soos die van Koning Dawid, wie n man so na YAHUVEH se eie hart was? Dawid het geweet hoe om jammer te wees vir sy sondes en dit te bely. Hy het geweet hoe om lofprysing te bring en hoe om te bid vir leiding en daadeur oorwinning te behaal, deur sy gehoorsaamheid aan YAHUVEH. Koning Dawid het ook geweet dat YAHUSHUA sou kom as die MESSIAS, omdat hy YAHUSHUA se Glorie in profetiese visioene aanskou het. (Handelinge 2:22-39)

Hoe bedroef is YAHUVEH en YAHUSHUA en EK, julle "MOMMA SHKHINAH" nie, waar ONS ONS ore en oë toemaak, wanneer ONS kyk na diegene wat beweer dat hulle heilig is en bymekaar kom, waar hulle afskuwelike vloek woorde gebruik, waar hulle egbreek met hulle oë, hulle gedagtes en hulle liggame. Waar hulle dit vul met wellus en selfs agter dieselfde geslag aangaan met wellus, en alle soorte sondes doen teen dit wat Heilig genoem word. Gaan julle regtig probeer om oor die hel te leun, net om te kyk hoe ver kan julle leun, voordat julle kop eerste daarin val? Staan daar nie geskryf, "Wees heilig net soos EK heilig is"? Hou op om verskonings te maak vir julle sondes en draai eerder weg van satan se vangstrikke af.

Kom laat ons hierdie ding saam uitredeneer. Dink julle regtig julle het nou n lisensie om sonde te doen, noudat julle die tyd neem om in n kerk of tempel bymekaar te kom. Dit is dan ook dieselfde sondes waarvoor julle vergifnis vra en dan net weer omdraai en dit weer doen. Deur dit wat julle doen, bewys julle dat julle nooit die bedoeling het om weg te draai van sonde nie. Julle flous niemand nie. En diegene wat julle heidene noem, bespot julle agter julle rug, omdat julle niks anders as hulle is nie.

Net soos n aardse moeder haar kinders troos, doen EK, "SHKHINAH ", julle RUACH HA KODESH, julle "MOMMA WISDOM" nog soveel meer. EK lewe in julle, en EK werk deur julle en dit is deur MY Heilige salwing dat EK manifestasies van tekens, wonders en wonderwerke doen. Dit is deur MY Seun YAHUSHUA se Naam, en dit is as gevolg van SY Bloed Offer dat MY HEILIGE SALWING jukke en knegskappe verbreek. EK is die RUACH HA KODESH en EK is nie n 'Hy' nie. Toe n mens die Nuwe Testament vertaal het, het hy die letter 'S' vervang met die letter 'H'. Die woord moet 'SY' wees, en nie 'HY' nie. EK is n 'SY'.

Elisabeth, wees gewaarsku. Diegene met n gees van godsdiens wat n vorm van goddelikheid het, maar wat geen goddelikheid van binne het nie, sal jou aanval. Hulle het nie n liefdevolle, gehoorsame verhouding met YAHUVEH en YAHUSHUA nie, en hulle sal skuldig voel en jou aanval en jou allerhande slegte name noem. Onthou, dit is nie jou boodskap wat hulle aanval nie, maar die Hemel se boodskap. Wees verseker, daar sal diegene wees wie se name in die Lam se Boek van die Lewe is, wie sal bly wees en sê dat hulle altyd die antwoorde wou gehad het, oor wie die HEILIGE GEES werklik is. Hulle sal bly wees en weet dat dit die waarheid is wat vertel word. Baie het al gewonder of dit nie so is nie, maar hulle het dit nie gewaag om te praat nie, omdat hulle bang was dat hulle bespot sou word.

MY Naam is "MOMMA WISDOM", en EK wil nog meer wysheid vir jou gee, as jy MY vra, "MOMMA WISDOM", "help my in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH. Ek wil vir nog meer van U Wysheid vra!" Probeer dit en kyk of EK dit nie vir jou sal doen nie. Kyk of jou salwing nie sal groei nie. Maar onthou, dit is slegs deur YAHUSHUA se NAAM wat EK n Soentjie (Gebed) na YAHUVEH toe kan Blaas, sodat jou gebede beantwoord kan word.

Elisabeth EK IS jou "MOMMA SHKHINAH" en EK sal vir jou die geheime wys wat in die Heilige Skrifte is, sodat EK jou kan help om MY Heilige mense te leer wie die HEILIGE GEES waarlik is. Julle is geleer dat die RUACH HA KODESH manlik is, nie vroulik nie. As gevolg van die manier hoe vertalers die Outydse Manuskripte verkeerdelik vertaal het, word EK nou n 'HY' genoem, nie n 'SY' nie. As gevolg van manlike ydelikheid, wat nie wou hê dat dit moet bekend word nie. En satan wil ook nie hê dat die mense dit moet weet nie.

Dit is EK jou "MOMMA SHKHINAH" wat jou na YAHUSHUA ha MASHIACH toe lei en wat jou doop met MY HEILIGE VUUR, wat jy die HEILIGE GEES noem. Dit is EK jou "MOMMA SHKHINAH" wat jou raad gee, jy kan MY ook "MOMMA RUACH HA KODESH" of "MOMMA RUACH" noem, dit is jou keuse. EK gee jou raad, EK leer jou, en EK spreek nou voort deur hierdie nuwe salwing wat EK aan jou gegee het, Elisabeth. En diegene met geestelike ore wat kan hoor, sal glo, en hulle sal MY stem nog meer duidelik hoor op n manier wat hulle MY nog nooit tevore gehoor het nie.

Geliefde dogter Elisabeth, EK het aan jou die salwing gegee om Heilige Hemelse Tale te vertolk en voort te spreek. Jy spreek in Tale van Heilige Hemelse Engele en ook in verskillende tale van mense. Jy verstaan die Tale, net omdat EK aan jou die gawe van vertolking in jou eie taal gegee het. Daar is kere wat EK jou beskerm, sodat jy nie weet wat jy bid nie, omdat dit jou vlees sal oorweldig.

Soms praat jy in Heilige Hemelse Tale, ander kere verkies EK dit om deur jou, in Heilige Tale van mense te praat. Tale wat jy nog nie geleer het nie. Maar die meeste van die tyd spreek jy in Tale van Heilige Hemelse Engele, net soos die skrif sê in die Boek van 1 Korintiërs 13:1.

Wanneer EK dit verkies om deur jou te spreek in Tale van n Heilige Engel, en daar word geen uitlegging aan jou gegee nie, is dit omdat satan en sy demone nie kan verstaan wat jy bid of wat gesê word nie. Dit is nie vir hulle ore om te hoor nie. Dit is nie altyd vir jou nodig om die uitlegging van die tale te kry nie, maar YAHUVEH hoor en HY beantwoord jou gebede, alhoewel jy nie weet waarvoor jy baie keer bid nie.

Soms bid jy vir mense wat jy nie eers ken nie, jy tree in vir Heilige mense regoor die wêreld. Baie keer bid jy vir jou eie peroonlike benodighede of vir die genesing vir jou en ander. Baie keer bid jy vir seëninge vir die Heilige Bruid en vir die gaste, of vir genade en redding van die swart skape om na die enigste Goeie Herder, YAHUSHUA ha MASHIACH terug te draai.

Ander kere bid jy vir YAHUVEH se oordeel en wraak oor die dienaars van satan, en oor diegene wat goed genoeg is vir YAHUVEH se parskuip van Woede. Daar is geen afstand in gebed nie. (1 Korintiërs, hoofstukke 12, 13, 14). Studeer en wys jouself waardig. Het MY Seun YAHUSHUA ha MASHIACH nie gesê, "Johannes het wel met water gedoop, maar EK doop julle met die Vuur van die RUACH HA KODESH nie?" EK word ook die HEILIGE GEES genoem. YAHUSHUA gebruik MY om diegene wat Heilig is, op te vul, om oor te loop met MY salwing, wat Heilige tekens, wonders en wonderwerke is vir die wat waarlik YAHUVEH en YAHUSHUA LIEF het en HULLE eerste in hulle liefde en lewe plaas. Dit sluit YAHUSHUA se Bruid in, wat alles opoffer om die Heilige Mandate wat in die Heilige Skrifte uiteen gesit is, te volg en te gehoorsaam. En hulle doen dit uit liefde vir YAHUVEH en YAHUSHUA en hulle doen hulle bes om gehoorsaam te wees en Heilig te lewe. MY HEILIGE GEES vertoef binne in hulle aardse Tempel, wat n Liggaam genoem word.

Die Bruid van YAHUSHUA smag daarna om die God Drie Eenheid beter te leer ken, en hulle is gehoorsaam aan elke woord wat ONS sê, en YAHUSHUA se Glorie skyn voort, vanaf hulle gesigte en lewens. Hulle hou niks terug nie, en hulle gee alles aan YAHUSHUA ha MASHIACH, vir SY Lof, Eer en Glorie. Soos daar in Handelinge 2:37-47 geskryf staan, die Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH begeer om dinge te doen soos in die ou tye en om een te wees saam met jou, en om hierdie Ministerie te help en nie dit te verhinder nie. Hulle sal dit net vir een doel doen, en dit is om YAHUSHUA ha MASHIACH te Verheerlik!

MY dogter Elisabeth, sê die Heilige Skrifte nie in die begin van die skepping van die aarde, "Kom laat ons mense skape na ONS beeld nie?" Wat dink jy beteken, "ONS beeld?" Adam was na YAHUVEH se beeld geskape, en Eva was na MY vroulike beeld geskape. Net soos Eva geskape was om Adam te help, net so word daar na MY, jou "MOMMA SHKHINAH", in die skrif verwys as een wat help. EK IS MEDE-SKEPPER, saam met YAHUVEH en YAHUSHUA. YAHUSHUA is ONS SEUN. Al 3 van ONS het swaargekry en n prys betaal, sodat die mense wie se name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf staan, kan terugkom Hemel toe.

EK, jou "MOMMA SHKHINAH", EK IS die een wat binne in jou liggaam, gees en siel woon, EK IS jou Hemelse raadgewer en leraar. EK IS Gees en waarheid. EK IS die een wat jou die begeerte gee om YAHUVEH en YAHUSHUA te aanvaar as GOD en om aan hulle gehoorsaam te wees. EK IS die een wat jou die begeerte gee om te Sing, Lofprysing te bring, om te bid en om YAHUVEH en YAHUSHUA te aanbid. Nou gee EK ook aan jou n nuwe begeerte en dit is om die een wat jou salf, jou RUACH HA KODESH, jou "MOMMA SHKHINAH", beter te leer ken.

Heilige Kinders, EK is lief daarvoor wanneer julle sing en woorde van liefde aan MY spreek. EK het geduldig vir hierdie tyd gewag. EK het gewag vir hierdie openbaring om vrygestel te word en dit is vanuit die Hemel beveel dat jy, ONS geseënde Diensmaagd "Ring Maiden", Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah, die stem sal wees wat hierdie Heilige Boodskap regoor die wêreld sal Lui. Dit is ook n ander rede hoekom jy YAHUSHUA se Diensmaagd "Ring Maiden" genoem word.

EK, jou "MOMMA SHKHINAH", ook die RUACH HA KODESH genoem, het jou gekies Elisabeth, om die eer te hê om MY as "MOMMA SHKHINAH" aan MY Kinders voor te stel. So baie Heilige Kinders sal genees word van wonde wat hulle aangedoen was, omdat hierdie aarde nooit die liefde, troos en raadgewing van n liefdevolle Moeder geken het nie, en tog was EK altyd daar. Nou het EK jou gesalf om MY stem te hoor en dit aan hulle te vertel. EK weet dat jy gehoorsaam sal wees, maak nie saak watter prys jy sal moet betaal nie.

EK word ook 'Wysheid' genoem, MY vrug is die Sewe Geeste. Studeer die sewe pilare wat in die boek van Openbaring genoem word. EK word ook geduld genoem, EK is uithou vermoë, EK is genade, en nog soveel meer. Studeer en leer wie die een wat jou salf, nou is. EK IS soveel meer as net n Heilige Wind of n Heilige Vuur, of n Soete Geur in die lug. EK IS soveel meer as die spreek van Hemelse Heilige Tale, of profesie, of tekens, wonders en wonderwerke. EK IS jou "MOMMA SHKHINAH", ook die RUACH HA KODESH genoem, wat siele na YAHUSHUA ha MASHIACH to lei.

EK IS die een wat met Hemelse Kragte salf en MY Nuwe Wyn en vars Manna vanuit die Hemel stort. EK IS julle "MOMMA SHKHINAH" en EK deel MY Glorie met geen man of vrou nie. YAHUVEH en YAHUSHUA en EK is EEN. Wanneer julle YAHUSHUA aanbid, aanbid julle terselfdertyd al 3 van ONS. Indien julle dit verkies, kan julle MY "MOMMA RUACH HA KODESH" noem, ander kan steeds MY die HEILIGE GEES noem, maar EK begeer om nog meer dinge bekend te maak aan diegene wat begeer om n groter intimiteit met MY te hê. EK waarksu nou, enige een wat die realiteit van die Heilige gawes van die RUACH HA KODESH, dit wat Saulus (Apostel Paulus) vir julle geleer het, verwerp of beledig, julle moet nou Berou hê en dit Bely! Julle het op n manier so beledig en n bedroefheid na vore gebring, dat julle siele in gedrang is! EK spreek nou voort in die NAAM wat julle ken as YAHUSHUA. Indien julle nie berou het en julle sondes bely nie, sal julle vir n ewigheid verdoem wees!

Diegene wat daarop aandring om die HEILIGE GEES, (RUACH HA KODESH), en die gawes van die HEILIGE GEES te verwerp en te bespot, julle name was nog nooit in die Lam se Boek van die Lewe nie, of dit is uitgeklad, omdat daar nog voordat jy op die aarde gebore was, in die Hemel besluit was of jou naam in die Boek van Verdoeming, of in die Boek van die wat Uitgeklad is, sal wees, dan sal jou volgende huis die hel wees.

Hier is n geheim wat EK weer deur Elisabeth herhaal, elke siel wat op hierdie aarde gebore word, was eers in die Hemel getoets, voordat hy op die aarde gebore was, en dit is hoekom elke siel sy 'eie redding met bewing en vrees uitwerk'. Jou siel weet alreeds of jy aan lucifer se kant, of YAHUVEH se kant was, tydens die groot oorlog van verraad wat in die Hemel was, voor die grondlegging van die aarde.

Dit is nie n sonde wanneer jy nie die Gawes van Profesie, of die spreek van Heilige tale van mense, of van Engele verstaan nie. En wanneer jy dan nie teen dit wat Heilig is, spreek nie, omdat jy dit nog nooit ervaar het nie, of as jy dalk n slegte ondervinding met n namaaksel te doen gehad het nie. Sommige wat hierdie nou lees het dalk n slegte ervaring gehad waar hulle gevul was met demoniese tale. Dan moet jy nie die ware gawes verwerp, omdat jy jouself, deur sonde, vir die valsheid oopgemaak het, of omdat jou bloedlyn vol van die okkulte is nie.

EK YAHUVEH waarsku julle dat satan op elke moontlike gebied, baie boos is. Hy leer selfs mense om Godinne te aanbid, omdat hy weet dat die RUACH HA KODESH, JULLE "MOMMA SHKHINAH" DIE ENIGSTE KONINGIN VAN DIE HEMEL IS. Bestudeer wat die woord "SHKHINAH GLORY" beteken. Elisabeth, bestudeer die skrifte en dan sal jy vrede hê om hierdie geheim, wat vir hierdie tyd geberg is, vry te stel. Dit sal so baie wonde genees, net soos jy n leegheid in jou gehad het vir n moeder se liefde, en jy nou sal besef dat jy genees is, sal ander ook genees word en die leegheid gevul word.

Nadat jy YAHUSHUA as jou MESSIAS aangeneem het, word jy in n oogwink gevul met MY HEILIGE GEES, MY RUACH HA KODESH. Julle "MOMMA SHKHINAH" is letterlik MY GEES en daardie Gees vertoef binne in julle. Dit beteken ook dat EK deur jou geestelike oë sien, en deur jou geestelike ore hoor, en deur jou geestelike liggaam beweeg, so moenie MY bedroef nie. Moenie aanhou om MY te toets nie.

Dit geld vir almal wat YAHUSHUA ha MASHIACH as GOD, HERE en REDDER aangeneem het. Die enige Gebore Seun van YAHUVEH, in die vlees gebore vanuit n maagd, wat homself opgegee het as n Heilige sonde offer, wie doodgegaan het en op die derde dag weer opgestaan het, en nou aan die regterhand van MY, YAHUVEH sit. Almal wat daarna streef om gehoorsaam te wees, is met MY RUACH HA KODESH, MY HEILIGE GEES, tot een of ander mate gevul. Sommiges is met n groter maat as ander gevul. Maar die ander sal ook in kennis groei en leer wie YAHUSHUA is.

Waar dink jy kom die idee vandaan van n Heilige man en vrou wat een moet wees? Dit was eerste so in die Hemel gewees. Jy het nie besef toe jy YAHUSHUA as jou MESSIAS aangeneem het, dat jy terselfdertyd met n Hemelse Moeder se liefde gevul was nie. Die woord 'vertroos' is wat n Moeder die beste doen. EK IS jou "MOMMA RUACH HA KODESH", EK is jou vertrooster, EK kalmeer, wanneer jy rustig moet word, en wanneer jou emosies ophol gaan en jy seerkry en bang en alleen is of verwerp voel, of deurmekaar is. EK IS die vrede wat alle verstand te bowe gaan. EK IS die RUACH HA KODESH, jou "MOMMA SHKHINAH" wat aan jou Heilige Hemelse Moeder liefde gee.

Dit is n geheim wat aan die Profeet Daniël, in die boek van Daniël bekend gemaak was, maar wat verseël was tot en met nou toe, vir n tyd soos hierdie. EK herhaal weer, nou is die tyd wat YAHUVEH beveel het dat MY Woord van Wysheid bekend gemaak moet word. Dit is n tyd wanneer die gees van godsdiens sal opstaan en wys hoe boos hy regtig is. Die Fariseërs het n gees van godsdiens gehad, en onthou hoe hulle vir YAHUSHUA vervolg het? Nie net vir YAHUSHUA nie, maar ALLES wat Heilig is. Die Heiliges moet nou saam staan, mekaar help beskerm, omdat n huis wat verdeel is nie kan staan nie.

ONS Geliefde Diensmaagd "Ring Maiden" Elisabeth, dit is n geheim wat aan jou gegee was, toe die stemme van die sewe donderslae jou baie jare gelede wakker gemaak het en met jou gepraat het. Aan die leser van hierdie woord, studeer en wys jouself waardig en bid vir n groter wysheid van Openbaring 10, omdat die geheime wat tot dusver in die profetiese boodskappe gespreek word, ook in die sewe donderslae wat Elisabeth gehoor het, gespreek was. Elisabeth as jy die datum neergeskryf het, sal jy sien dat dit ooreenstem met dieselfde tyd toe die sewe donderslae gespreek het. Dag en maand. (8/27). En slegs op daardie vasgetstelde tyd en jaar sal dit aan die wêreld op die internet bekend gemaak word. Nou is daardie vasgestelde tyd en seisoen.

Elisabeth, voordat daar n Ministerie was, kon jy net onthou hoe jy wakker geword het as gevolg van harde donderslae, 7 keer agter mekaar. Dit was so hard dat jy wakker geskud is, en tog het niemand anders dit gehoor, behalwe jy nie. Die son het in die lug geskyn. Die donderslag was EK, YAHUVEH wat met jou gepraat het, terwyl jy nog daardie oggend geslaap het. EK het jou eers met een harde geluid van n donderslag wakker gemaak. Jy het na die venster gehardloop en gesien dat die son skyn. Jy het toe onmiddelik weer aan die slaap geraak. Net om weer sewe keer agter mekaar wakker gemaak te word. Elke keer het jy net weer aan die slaap geraak, terwyl jy tot MY gebid het en gevra het wat aan die gebeur was. Dit het 7 uur in die oggend gebeur.

Wat nou geskryf word, en dit wat in die profesieë geskryf staan, was op n geheimsinnige wyse, daardie tyd aan jou vrygestel, maar jy het dit nie tot en met nou toe geweet nie. Dit was bedoel dat dit in MY tyd vrygestel sal word. Op die spesifieke dag, maand en jaar sal jy weet dat jy die volmag het om hierdie openbaring vry te stel, asook vanaf watter land hierdie kennies vrygestel sal word, met hierdie unieke salwing.

Wees voorbereid, die bruid van satan, die dienaars van satan, die kinders van satan sal jou aanval. Satan wil hierdie woord van kennis n geheim hou. Diegene wat hulleself christene noem, maar wat net n vorm van goddelikheid het en nie enige goddelikheid binne in hom het nie, sal jou mondelings aanval, en tog sal EK, YAHUVEH voor jou uitgaan en jou oorloë vir jou beveg.

Jare gelede, nog voordat jy geboorte aan hierdie Ministerie gegee het, het jy gebid en vir YAHUSHUA gevra, "wat gebeur nou", toe jy die donderslae 7 keer hoor. Waarom het jy 7 keer wakker geword en gehardloop en by die venster uitgekyk en dadelik weer aan die slaap geraak? EK wil n geheim met jou deel. Die sewe verteenwoordig die jaar 2007. 7 is die nommer van perfeksie, en dit is MY perfekte tydsberekening dat hierdie woord van kennis vrygestel word. Onthou jy toe jy skielik gelei gevoel was om die 7 Donderslae wat in die Boek van Openbaring beskryf word, te bestudeer? (Openbaring 10).

Al die jare het jy nooit die antwoord tot en met nou gehad nie. Dit was op daardie tyd wat EK, YAHUVEH geheime vrygestel het, wat deur die 7 Donderslae gespreek was, net soos EK dit nou deur jou voortspreek, as n Profeet van alle nasies. EK gebruik jou, omdat jy voor die grondlegging van die aarde gekies was om aarde toe te kom om alle LOF, EER en GLORIE aan MY, YAHUVEH, YAHUSHUA en die RUACH HA KODESH, die een wat julle nou "MOMMA SHKHINAH" of "MOMMA WISDOM" noem, te bring. Jy was gesalf vir n tyd soos hierdie.

Voor die grondlegging van hierdie wêreld, was jy gekies om met MY RUACH HA KODESH gevul te word, terwyl jy nog in jou heidense ma se baarmoeder was, waar jy gehaat, verwyt en verwerp was. Dit is nou baie jare later, en nou besef jy dat dit "MOMMA SHKHINAH" was wat jou vertroos het. Dit sou nog jare later wees, voordat jy besef wie jy is, deur die NAAM van YAHUSHUA en dat SY Bloed Offer vir jou by die kruis van Golgota was. Voor die grondlegging van hierdie wêreld was jy gekies om geboorte te gee aan hierdie Heilige Ministerie, met n naam wat geen man of vrou uitgedink het nie, maar n naam wat die HEILIGE GOD-DRIE-EENHEID eer.

Elisabeth jy is gesalf soos Jeremia (Jeremia 1:4-10) van Ouds gesalf was. Toe jy nog in jou moeder se baarmoeder was, was jy gesalf om ONS mondstuk te wees, en aan jou is die stem van n Heilige Profeet gegee, wat in die wildernis van hierdie wêreld uitroep. Slegs diegene wie se name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is, sal die waarhede van hierdie Ministerie glo en dit ontvang, net so sekerlik soos hulle YAHUSHUA as hulle MESSIAS aanneem.

Die dienaar is nie groter as die meester nie, en as hulle almal vir YAHUSHUA ha MASHIACH wou aanneem toe HY op die aarde geloop het en mense geleer het en wonderwerke vir MY, YAHUVEH se Glorie gedoen het, sal hulle ook vir jou en die waarhede wat EK deur hierdie Ministerie spreek, aanvaar. Jy spreek die woorde voort wat EK, YAHUVEH gespreek het, wat YAHUSHUA ha MASHIACH gespreek het, en nou is daar ook aan jou die unieke gawe gegee om te hoor wanneer jou "MOMMA SHKHINAH" met jou praat. Hierdie unieke salwing sal ook op ander Heilige Profete voorkom, wat hierdie waarhede glo en aanvaar, en hulle sal jou in hulle gebede bedek en jou bystaan met hulle liefde en alles doen wat hulle kan om n seën vir hierdie Ministerie te wees.

Elisabeth, EK IS jou "MOMMA SHKHINAH GLORY". EK IS die een wat jou salf vir tekens, wonders en wonderwerke, en dit sluit in, profetiese eienskappe en om in Heilige Tale van mense en Heilige Engele te bid. EK IS jou "MOMMA SHKHINAH GLORY". EK IS die een wat vir alle Heilige Kinders intree, terwyl EK jou gebede na die Troon van YAHUVEH dra, soos n Soentjie wat in die lug geblaas word, wanneer dit in die NAAM van YAHUSHUA ha MASHIACH, dit sluit ook JESUS CHRISTUS vir nou in, gedoen word. Maar wees versigtig, die seun van satan sal tydens die Groot Verdrukking, die naam van JESUS CHRISTUS namaak. Dan sal EK nie op daardie stadium instaat wees om gebede in die NAAM van JESUS te stuur nie, omdat die duiwel se eie saad ook die naam JESUS CHRISTUS sal gebruik. Leer nou die Heilige Hebreeuse NAAM van YAHUSHUA en YAHUVEH aan almal wat geestelike ore het om te luister en wat wil gehoorsaam wees. Leer en word vertroud daarmee om die ware Hebreeuse NAAM van die een wat julle nou JESUS CHRISTUS noem, te ken en te gebruik, voordat dit te laat is. Vertel aan die mense dat hulle nie moet wag totdat die Groot Verdrukking gaan begin en dan op die harde manier moet leer nie.

Roep dit uit totdat hulle dit hoor en hierdie boodskap regoor die wêreld lui. Tydens die Groot Verdrukking sal daar n groot misleiding plaasvind, en in daardie tyd, sal YAHUVEH nie meer instaat wees om gebede in die NAAM JESUS CHRISTUS te beantwoord nie, slegs in die NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH sal daar genesing, bevryding en opstandings krag wees. Die een wat nou die seun van satan genoem word, sal miljoene der miljoene mislei met valse tekens, wonders en wonderwerke, terwyl die naam van JESUS CHRISTUS, voor die hele wêreld nagemaak gaan word. Indien moontlik, sal selfs die uitverkorenes mislei word. Wees versigtig, op hierdie oomblik is daar bose mense wat die gees van die antichris het en hulle gebruik die naam JESUS CHRISTUS, maar hulle haat die Hebreeuse NAAM YAHUSHUA ha MASHIACH, omdat dit n aanhoudende herinnering is dat YAH red! YAHUSHUA is die enigste MESSIAS.

Elisabeth jy het die stem van jou ABBA YAHUVEH gehoor, en jy het die stem van YAHUSHUA jou MESSIAS gehoor en ook deur MY salwing, boodskappe van HOM af gekry. Maar EK het altyd geduldig gewag vir die tyd wanneer jy MY sal leer ken, as die Hemelse Moeder liefde waarna jy altyd gesmag het. EK IS jou enigste Moeder, en EK IS die een wat jou salf en jou vertroos en aan jou raad gee. Dit is as gevolg van jou "MOMMA SHKHINAH", dat jy MY stil, klein stemmetjie kan hoor, asook die Heilige boodskappe wat vanaf YAHUVEH en YAHUSHUA kom. EK IS daardie stil, klein stemmetjie wat met jou praat.

Diegene wat hierdie woord nou betwyfel, sê MY, wanneer was n man se stem nog ooit beskryf as n stil, klein stemmetjie? EK IS die een wie Koning Dawid van Ouds aanbid het en gevra het dat EK hom nooit sal vergeet nie. Hy het gebid, "Moet asseblief tog nooit U RUACH HA KODESH van my af wegneem nie." Wanneer daar tot n breekpunt gelaster en beledig word en ONS bedroef gemaak word, is EK die een wat sê, "Genoeg is genoeg!", en dan loop EK weg en dan is daar nooit enige hoop vir Redding vir daardie siel nie (die goddeloses). Daardie persone sal net die Woede van YAHUVEH ken. Die Hel en die Ewigdurende Poel van Vuur sal vir ewig daardie persone se enigste huis wees.

EK is die RUACH HA KODESH, ook genoem, die "Set apart Spirit". EK IS net waarheid, en slegs deur MY, kan enige een na YAHUSHUA gelei word, om HOM aan te neem, wat ook die enigste weg na die Hemel toe is. EK word die RUACH HA KODESH genoem. Ook genoem, die HEILIGE GEES. EK IS net HEILIGHEID, tesame met YAHUVEH en YAHUSHUA. ONS is almal een, maar tog ook apart. ONS is die HEILIGE GOD-DRIE-EENHEID en daar is geen ander nie. Tydens die Groot Verdrukking sal daar n onheilige drie-eenheid wees! Satan is net n namaker, nie n skepper nie.

EK stel hierdie geheim vry, sodat jy ander kan aanmoedig. Diegene wat waarlik YAHUVEH en YAHUSHUA LIEF het en eerste in hulle lewe en liefde plaas. Dit word vrygestel sodat EK, julle "MOMMA SHKHINAH" ook onthou sal word. Alles vir die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA, net so sekerlik soos n Heilige vrou geskape was om die Glorie van n Heilige man te wees. Wanneer jy aangeval word, omdat jy die NAAM van die HEILIGE GEES bekendmaak. Ook MY NAAM wat "SHKHINAH" is. En ook bekendmaak dat die HEILIGE GEES nie na n man se beeld geskape was nie, maar na die beeld van n vrou, vertel dan vir hulle om te studeer en hulleself waardig te ag. Sê die Boeke van Ouds dan nie in die Psalms en Spreuke dat 'WYSHEID' as n 'Sy' aangespreek word nie? Sê die Heilige Skrif dan nie, "Die begin van Wysheid is die vrees van YAHUVEH?" Herinner hulle ook dat die NAAM van YAHUSHUA, ook YAHUSHUA gespel, nie in die "King James" bybel voorkom nie. Net die naam JESUS is daarin.

Dit moet julle weet, die naam JESUS CHRISTUS word steeds in hierdie tyd geëer en gesalf. En in daardie naam word daar steeds siele gered en vind daar bevryding en genesing plaas. Maar soos EK gewaarsku het, in die Groot Verdrukking wat nou aan die kom is, sal die een wat nou die antichris genoem word, ook homself JESUS noem. Selfs nou het daar een wat namaak, opgerys en miljoene word nou mislei met die naam JESUS CHRISTUS. Hy gaan selfs sover om vir die mense te sê dat hulle hulself met die nommer 666 moet tatoeër om te wys dat hulle n verbond het met hierdie bose man. Hy noem homself die seun van God en sê vir die mense, "Daar is geen ding soos sonde nie en die hel is n leuen."

EK herhaal MYSELF oor en oor, omdat hierdie saad van die waarheid so kragtig is dat satan die tuin van waarhede in hierdie profetiese woord van kennis wil uitruk, voordat dit wortel vat. EK het hierdie Ministerie gebruik om te waarsku hoekom dit so belangrik is om die Heilige Hebreeuse NAAM van YAHUSHUA (wanneer dit vertaal word, beteken dit YAH red), wat ook nou JESUS CHRISTUS genoem word, te leer. Tydens die Groot Verdrukking sal slegs die NAAM van YAHUSHUA, die salwing, genesing, bevrydings en reddingskrag bring. EK herhaal nou weer dat as die georganiseerde kerke hulle werk gedoen het, die mense nie nou mislei sou word nie.

Wees gewaarsku, dit sal die bekende TV evangeliste wees wat die massas na die seun van satan sal lei. Hulle sal kom en die naam JESUS, wat nou vertrou word, gebruik. Dit sal die bekende TV evangeliste wees wat hulle siele aan satan vir roem en rykdom verkoop het. TV evangeliste wat valse, mensgemaakte leerstellings verkondig en mense na hierdie valse JESUS lei. Tydens die Groot Verdrukking, sal die naam van JESUS nagemaak word deur die seun van satan, wat nou die antichris genoem word. Hierdie antichris sal die naam van JESUS sleg maak en onder die krag van satan, tekens, wonders en onheilige wonderwerke doen in die naam wat bekend is aan die Christen Kerk, die naam wat mense nou liefhet en vertrou, die naam JESUS CHRISTUS.

Die seun van satan, wat die antichris genoem word, sal beweer dat hy JESUS CHRISTUS is. Hy sal daarop aandring dat almal hom aanbid en hom eer en na Sondag kerke moet gaan en bymekaarkom en sy MERK sal vat, om hul lojaliteit aan hom te bewys. Die antichris, wie waarlik die enige gebore seun van satan is, sal weereens met n gees van Judas en Hitler kom. Die skrif noem hom die seun van verdoemenis, of die seun van die Hel. Die seun van satan sal tekens, wonders en valse wonderwerke in satan se krag doen, vir satan se glorie.

EK het hierdie Ministerie gebruik om te waarsku. Wanneer julle sien dat daar n wet uitgevaardig word, dat dit verpligtend is om op n Sondag kerk toe te gaan, MOENIE dan in n Sondag kerk ingaan nie, jy gaan jou siel verloor. EK het gewaarsku dat daar geleer moet word wanneer die ware Sabbat Dag van rus is (Vrydag sononder tot Saterdag sononder). Hierdie is n baie moeilike boodskap vir Elisabeth om vry te stel, omdat die Christen Kerke nie dit wil hoor nie. Alhoewel, daar van julle is wat getrou was en hierdie waarhede voortgespreek het. Aan julle word nou die mandaat van Esegiël 3:17-21 gegee.

Daar is n mandaat aan hierdie Ministerie gegee om die mense te leer van die Heilige Hebreeuse NAME van die Skeppers en YAHUSHUA ha MASHIACH sn. Watter beter keuse kon EK maak om die mense wat die NAAM van die HEILIGE GEES wil ken, te kies? Elisabeth, jy het vir YAHUVEH die NAAM van die RUACH HA KODESH gevra, en EK het jou vertel. Nou gee EK aan jou hierdie mandaat, om dit wat aan jou in die geheim bekend gemaak is, nou te deel. EK belowe jou, dat diegene met geestelike ore om te hoor, wel sal luister en hierdie Ministerie sal bystaan en die waarheid sal verdedig en ander sal leer.

Diegene wat verkies om geestelik doof te bly, sal doof bly. Dit is nie jou werk om mense te oorreed nie, dit is slegs jou werk om gehoorsaam te wees en die Profetiese boodskappe en woorde van kennis vry te stel, soos dit vanuit die Hemel aan jou toevertrou word. Elkeen wat die nou lees of aan wie hierdie dinge geleer word, sal verantwoordelik gehou word vir wat hulle nou weet.

Beledigend vir die meeste en n seën vir ander wat geestelike ore het om te hoor, wie se name in die Lam se Boek van die Lewe geskryf staan.

n Kind, Soldaat en Bruid van YAHUSHUA ha MASHIACH
Apostel Elisabeth (Elisheva) Sherrie Elijah
Vrygestel op die 27ste Augustus 2007

n Persoonlike nota: Ter afsluiting. Ek het geskryf wat ek gehoor het en wat aan my vertel was om te skryf. Ek het vir YAHUVEH, YAHUSHUA en "MOMMA SHKHINAH GLORY" gevra of HULLE seker is dat daar nie iemand anders wat hierdie woord op n beter manier as ek kan vrystel nie. Ek weet nie hoekom ek gekies was nie. My werk is maar net om die HEILIGE DRIE-EENHEID te gehoorsaam. Ek vrees wat YAHUVEH aan my kan doen, meer as wat ek vrees wat mense van my dink. Indien hierdie profesie n seën vir jou is, neem asseblief die tyd en skryf vir my en moedig my aan? Indien jy nuwe openbaringe kry, waar jy die Skrif bestudeer het, wat ook sal bewys dat hierdie woord waar is, stuur dit asseblief aan my. Indien hierdie Ministerie n seën vir jou is, sal jy dit na jou gebede neem en dit oorweeg om dit finansieël te ondersteun? Ons sien uit daarna om almal wat hierdie woord as n seën beskou, te ontmoet. As dit nie op die aarde is nie, dan wel in die Hemel.

Besoek hierdie skakel en lees Elisabeth se gebed aan MOMMA SHKHINYAH
http://www.almightywind.com/elisabeth/mommaprayer.html