Profesie 85

SKREE DIT VANAF DIE HUISE SE DAKKE! SKREE DIT VIR DIE WERELD! KOM VORENTOE, INTERNASIONALE BRUID VAN YAHUSHUA!

Gegee aan Apostel Elisabeth Elijah vir die Glorie van
YAHUVEH en YAHUSHUA ons MESSIAS!

*******

"Shalom" Geliefde Familie!

Dit is Apostel Niko. Ek skryf die gedeelte omdat daar dinge genoem is in die profesie van YAHUVEH wat julle nie sal verstaan as ek nie 'n paar dinge duidelik maak nie. Aangesien julle nie hier was nie sal ek julle inlig.

Elisabeth en ek wil dankie sÍ aan almal wat vir ons geskryf en vertel het dat hulle ons in hulle gebede insluit, sommige was selfs gelei om te vas en het nie geweet hoekom nie. Nou weet julle hoekom. Ons vertel nooit vir iemand behalwe die wat ons die meeste vertrou, waar ons is nie totdat ons daar aangekom het of die meeste van die tyd wanneer ons alreeds vertrek het. Op die manier het die duiwel nie enige verwelkomings partytjies nie as jy weet wat ek bedoel.

Die snaakste van alles is dat ons nog gedink het ons gaan na 'n ander land, waar ons gereed gemaak het om 'n vlieg kaartjie te koop, na die land waar 'n ander profeet nog steeds vir ons wag. Elisabeth word toe wakker en sÍ, "YAHUVEH het met my in my slaap gepraat en gesÍ 'Gaan na Switzerland'". Nie een van ons het enige iets van Switzerland af geweet nie en ons was vertel om eerste klas vlieg kaartjies te koop, alhoewel ons nog nooit met eerste klas gevlieg het nie. Elisabeth het gesondheids probleme gehad en ons dog toe dat dit die rede was. Nou verstaan ons die belangrikheid om gehoorsaam te wees en 'n kaartjie vir eeste klas te koop. As julle hieronder lees sal julle verstaan dat daar 'n ander rede was en hoe belangrik dit was.

Dankie aan almal wat die uittog moontlik gemaak het.

Hierdie profesie het die oggend nadat ons in Zurich, Switzerland geland het vorendag gekom. Ek wil verduidelik waarna Vader YAHUVEH verwys met betrekking tot "Homeland Security" en ook die moeilike tyd wat ons gehad het om uit Amerika te kom.

By die Seattle lughawe het ons langs 'n tonnel af gegaan om op die vlug na Zurich te klim. Ons seun het voor ons gegaan en hy was alreeds op die vliegtuig. Ek het voor geloop en sien toe 'n paar "Homeland" offisiere in die tonnel staan net voor ons op die vliegtuig sou klim. Terwyl ek loop kyk ek in een van die offisiere se oŽ en weet toe dat iets aan die gang is. Dit lyk toe of die offisier net wag vir my en Elisabeth, terwyl hy almal regs van hom laat verby gaan het en net aanhou staar het na my.

Hy stop my toe en vra, "Waarheen gaan julle en hoekom". Hy begin toe oor geld praat en sÍ dat ons net toegelaat word om nie meer as $10000 uit die land te neem nie. Hy vra toe hoeveel geld ons het. Ek het 'n redelike bedrag kontant by my gehad en geweet dat ek en Elisabeth saam minder het as die toelaatbare limiet. Ek vertel hom hoeveel geld ek het en hy vra toe vir Elisabeth hoeveel sy het. Sy dink toe vir 'n rukkie en sÍ toe 'n bedrag wat sy dink korrek was.

Hy sÍ toe dat as ons nie min of meer die bedrag het wat ons sÍ ons het nie, dan sal "Homeland Security" al ons geld konfiskeer. Dan moet ons 'n dokument teken wat verklaar hoeveel geld ons aan ons het. Elisabeth was 'n senuwee wrak en ek vra haar toe of sy seker was van die bedrag geld wat sy gesÍ het sy het by haar. Sy sÍ toe sy glo sy is seker.

Net nadat ek die vorm ingevul en geteken het en begin agterkom het wat regtig aan die gang is, kyk ek vir Elisabeth en sÍ, "Ons moet eerder elke pennie in jou beursie tel, omdat 'Homland Security' dit wil hÍ". Terwyl ons die geld in haar beursie begin tel, weet ek toe dat ons in die moeilikheid is. My geliefde het baie meer geld gehad as wat sy gedink het, omdat Adam haar $500.00 in Kanadese geldeenheid by die Pasga (die gedenkdag van die uittog en vryheid van die israeliete vanuit Egipte) gegee het, en nog $500.00 in Kanadese geldeenheid by die Seattle lughawe toe hy ons afgesien het.

Sy het al die Pasga geld geskenke in 'n koevert gesit en dit nooit getel nie. Inteendeel, sy wou verras gewees het hoe YAHUSHUA die geld verdubbel vir as dit tyd sou wees om dit te gebruik wanneer ons Switzerland toe gaan. Ons het ook Euros gekry wat as Pasga geskenke gestuur was, sowel as Engelandse geldeenhede. Plus die geld in Amerikaanse geldeenheid wat sy gehad het in 'n klein metaal boks wat vir haar gegee was met "Hanukkah" en haar verjaarsdag, asook tydens "Purim". Sy het dit gehou vir net ingeval ons geld vir 'n noodgeval nodig sou hÍ. Dit was regtig net onder die bedrag van $500.00. Sy het dit in haar beursie gehou en heeltemal daarvan vergeet.

Daar was 7 offisiere wat deur al ons besittings gegrou het en gesoek het vir elke pennie wat hulle kon vind. Terwyl hulle deur alles gegrawe het, vra die offisier wat alles begin het vir my paspoort en bel toe in om te sien of ek nie enige rekords het nie. O, die uitdrukking van teleurstelling op sy gesig toe hy uitvind dat ek geen rekords het nie, nie eers 'n verkeers kaartjie nie. PRYS YAHUSHUA! Ons vlieg kaartjies was met 'n kontant geskenk gekoop en was eerste klas, andersins sou ons vliegtuig sonder ons vertrek het. Selfs die eerste klas kaartjies is nie omruilbaar nie. Ons seun was alreeds op die vliegtuig en as die vlug sou vertrek het, dan sou hy alleen sonder geld in Europa wees en ons alleen in Seattle. As ons geld gekonfiskeer was, dan sou ons nog sonder geld ook wees. Dit is 'n klein voorbeeld hoe die "Homeland Security", wie ons ook "Gestapo Police" gedoop het, die Jode hanteer het toe hulle alles gesteel het wat hulle het. Alhoewel, YAHUVEH het alles onder beheer gehad.

Vroeg die oggend het Elisabeth wakker geword uit 'n droom wat 'n waarskuwing was oor "Homeland Security". Sy het my wakker gemaak en geskree en gehuil en gesÍ, "Ons kan nie op daardie vliegtuig klim nie, daar gaan moeilikheid wees met ons regering. Hulle gaan nie dat ons Amerika verlaat nie!". Ek het haar probeer kalm maak en sÍ, "Moenie bekommerd wees nie, Lief. Hoekom sal dit gebeur, dit is nou te laat omdat die kaartjies al reeds gekoop is en ons kan nie op 'n ander manier daar kom nie as ons nie op die vliegtuig gaan klim nie. Mense verwag ons in Europa".

Sy het opgeskuif en was kwaad. Daarna het sy in Heilige tale begin praat en gesÍ, "YAHUSHUA waarsku ons wat die duiwel beplan om te doen en ons moet bid teen dit sodat dit nie gebeur nie!" Sy het vir ure gebid en satan tereggewys en betrokke geraak in 'n geestelike oorlog en was in die Gees meegevoer en het die woorde van YAHUVEH begin voortspreek.

HY sÍ, "Satan wil julle in 'n strik vang, maar niks kan gebeur wat ek nie toelaat nie en EK sal dit nie toelaat nie. Die Rooi See sal oopgaan vir julle!"

Sy het toe vrede gekry en weer aan die slaap geraak. So ek wil sÍ, ons nie kan sÍ dat ons nie vroegtydig gewaarsku is van die strik wat vir ons gestel was nie. Nou kon ons dit duidelik sien. Elisabeth het gebewe onder die salwing, alhoewel ek dit nie op daardie tyd agtergekom het nie. Ek het gedink dit was maar net haar senuwees, nou weet ek dit was hierdie profesie wat soos vuur in haar bene was, omdat YAHUVEH so kwaad was omdat ons soos diere behandel was. En tog, was dit ons eie geld, net omdat ons nie die tyd gevat het om elke pennie te tel nie. Wat 'n tragedie dat Amerikaners toelaat dat hulle privaatheid so gesteel word soos dit. Ons is nie meer die land van die vry en brawes nie soos Profesie 84 sÍ, "WAAK TEEN DIE ILLUSIE!"

Teen hierdie tyd was die vliegtuig vol, behalwe vir ons en het hulle net vir ons gewag om op te styg. Terwyl hulle die geld getel het, het een offisier in besonder aangehou vra waar ons die geld gekry het, wat ons vir 'n lewe doen, ens.. Ons het hom vertel dat ons priesters was. Nadat hulle klaar was het ons meer geld gehad as wat ons verklaar het. Hulle sÍ toe dat hulle hulle toesighouer sal moet inroep om te sien of hulle die geld gaan konfiskeer. Elisabeth en ek was ernstig besig met gebed, soos julle teen hierdie tyd kan dink.

Daar was 7 "Homeland Security" offisiere wat daar gestaan het, besig om te besluit wat om te doen, omdat hulle nie hulle toesighouer in die hande kon kry nie. Uiteindelik sÍ een van hulle, "Kom ons gee hulle die voordeel van die twyfel en glo dat hulle regtig nie geweet het hoeveel geld hulle het nie en laat hulle aan boord die vliegtuig gaan". As ons nou 'n groot bedrag geld gehad het sou ons kon verstaan hoekom dit gebeur het. Maar net 'n paar duisend oor dit wat ek neergeskryf het was belaglik.

Ons het 'AMEN' gesÍ vir dit, ons besittings bymekaar gemaak en aan boord die vliegtuig gegaanÖom nooit weer vir Amerika te sien nie. O, JA, daar is een ding wat ek vergeet het om te noem. Ons het 'n paar een-ons goue muntstukke in Elisabeth se beursie gehad, wat as 'n geskenk aan ons gegee was deur 'n ander lid van die Bruid in AustraliŽ, genaamd John. Hy het dit vir ons laas jaar gestuur omdat YAHUSHUA vir hom gesÍ het om dit vinnig te stuur indien ons geld vir 'n noodgeval sou nodig hÍ of waar ons dit kon verruil op ons toer. Ons weet nooit wat kan gebeur nie. Elisabeth het die in haar beursie gehou binne in 'n sak so groot soos 'n grimeer sakkie.

Een van die offisiere het dit gekry en daarna gekyk. Ons het hom dopgehou en stilweg gebid, toe hy opkyk na ons met 'n geseŽlde sakkie in sy hand met 'n goue muntstuk daarbinne en sÍ, "Wat is die, aandenkings?" Ons sÍ toe, "Ja, jy kan dit sÍ", met 'n groot glimlag op ons gesigte. Ek het geweet dat hulle alles sou hou as hulle die goud ook getel het, hulle sou dit alles in elk geval gehou het as YAHUVEH en YAHUSHUA nie aan ons kant was nie. Ek weet dit, ons het soos kriminele gevoel net omdat ons geld moes hÍ om te hervestig in 'n ander land, en alhoewel ons Hemelse VADER in beheer was, was dit steeds senu-tergend. Satan het probeer om alles te gebruik wat hy kon, om ons te keer van die missie om met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA te vergader en 'n nuwe, vars salwing na die nasies te bring wat ons besoek. Waar ons gaan volg tekens, wonders en wonderwerke, alles vir die GLORIE VAN YAHUVEH EN YAHUSHUA ONS MESSIAS!

Na die ondervinding het ek aanhou vra vir YAHUVEH hoekom hulle so op ons afgekom het, omdat ek geweet het dat ons 'n teiken was. HY gee toe die droom aan my.

In die droom het ek agter mense gestaan wat na x-straal masjiene gekyk het, terwyl ek na die skerm gekyk het. Ek sien toe myself deur die x-straal masjien gaan, maar ek was steeds ook agter die mense wat na die skerm gekyk het. Die skerm begin toe flikker en wys presies die bedrag geld wat ek aan my gehad het. So, terwyl hulle die masjien het en hulle pleinweg kan sien hoeveel geld jy aan jou het, was al die niks meer as teistering nieÖomdat "Homelad Security" net 'n ander manier is om die vryheid en privaatheid van Amerikaanse burgers weg te neem.

Ons is spyt dat ons Amerikaners genoem word, omdat ons inderwaarheid met meer respek en regte vir ons privaatheid, in Engeland en ja, Afrika, behandel was. "Homeland Security" het geen begroting nie, dit is 'n finansieŽl bodemlose put wat geskep is deur President George Bush en dit sal gebruik word, en word gebruik, teen onskuldige burgers van Amerika om ons vryheid te steel, dood te maak en reg om privaatheid weg te neem. Lees hieronder en sien wat YAHUSHUA sÍ omtrent "Homeland Security" en ander organisasies in ander lande wat dieselfde doen net onder ander name.

Ek is so dankbaar dat Elisabeth nie begin het om te profeseer daar reg voor "Homeland Security" nie, wie weet wat sou dan gebeur het. Ek verstaan hoekom ek haar na 'n veilige plek moes kry om die profesie vry te stel en ook ander wat nog nie vrygestel is nie. Ons is jammer dat dit so lank geneem het, maar dit kon nie verhoed word nie. Ons weet dat, al dink ons dit is laat, is dit regtig op tyd, omdat dit YAHUVEH se regulering is. Miskien sal ons ondervinding iemand anders kan help.

Ter afsluiting, ons glo waarlik dat die finansieŽle geskenke wat vir hierdie Ministerie gegee is, deur Heilige mense gegee is, veral die Bruid van YAHUSHUA se finansieŽle geskenke. En satan was daardie dag gestop. Wanneer hierdie profesie gekopieer en gedeel word, maak dan asseblief seker dat hierdie verduideliking ingesluit is sodat ander dit sal verstaan.

*******

PROFESIE 85
SKREE DIT VANAF DIE HUISE SE DAKKE! SKREE DIT VIR DIE WERELD! KOM VORENTOE, INTERNASIONALE BRUID VAN YAHUSHUA!

Jy het dit nie vooraf geweet nie, Elisabeth, maar EK het dit nou net vir jou in 'n visioen gewys. Toe jy en Niko en jou seun julle voete neersit in Zurich, Switzerland, het EK aan julle bewys dat EK julle veilig uit Amerika kon kry. Alhoewel julle nog nooit die wet oortree het nie, wou satan nie hÍ dat julle weggaan nie, omdat hy nie wou hÍ dat die salwing losgelaat moet word na die ander nasies nie en dat jy en Niko persoonlik julle voete op ander lande moes plaas nie. Satan wil nie hÍ dat julle moet saamkom met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie.

Ten spyte van dit wat die vyand probeer doen het, het die hele Hemel het toegejuig, die engele het toegejuig, die ramshoring het weerklank, omdat hulle sÍ dat daar niks sterker in Amerika is as "Homeland Security" nie. EK het bewys en EK sal aan almal bewys dat die wat MY toets en in MY glo, wie aan MY gehoorsaam is, die wie die krag ken van MY Heilige Name. EK, YAHUVEH, maak die plegtige eed: Die wat die waarhede volg wat EK voortgespreek het in die Ministerie, sal dieselfde oorwinning hÍ oor "Homeland Security" of watter naam ookal dit aangespreek word in die nasies.

Soortgelyke agentskappe is opgestel om nie net kriminele vas te trek nie, maar onskuldiges ook. En in die komende dae van donkerte, sal dit die Heilge mense wat 'n teiken van hulle sal wees. Net so seker as wat EK julle gewys het geen krag is groter as EK nie, die Grote, EK IS YAHUVEH, wanneer julle na MY kom in YAHUSHUA jou MESSIAS se naam, sal EK die Rooi See open, EK sal die stop wat sal probeer om jou te vervolg, julle wie MY Heiliges is en uitskree in die naam van YAHUSHUA jou MESSIAS net soos in die ou tyd, EK sal julle verlos.

So julle sien MY kinders, daar was 'n ander rede dat EK julle Europa toe gestuur het, en dit is om te bewys, wanneer EK die Rooi See oop maak, dat die ander ook sal deurgaan. O Amerika, julle plaas julle sekuriteit in iets wat julle noem, "Homeland"? EK sal julle wys "Homeland Security", julle is net gepas vir een ding en dit is MY, YAHUVEH se verwoesting! EK, YAHUVEH sÍ dit nou. Julle probeer MY kinders verhinder, julle probeer MY kinders vertraag, EK sÍ nee. Julle het amper toegelaat dat hulle daardie vliegtuig gemis het. Julle wou van MY kinders steel, julle wou MY kinders arresteer en julle het nie eers 'n parkeers kaartjie teen hulle gehad nie. Julle kon nie eers verby die bloed, wat vir hulle verspil is op Golgota, gaan nie. Julle kon nie verby MY, YAHUVEH gaan nie, omdat hulle hul sekuriteit in YAHUSHUA en MY geplaas het. Hulle het MY gehoorsaam en gevlug voor die dae van verwoesting kom.

Nou spreek EK voort! SKREE DIT VANAF DIE HUISE SE DAKKE! SKREE DIT VIR DIE WERELD! EK het julle bevry. Soos 'n teken sal EK die ander ook op dieselfde manier bevry. EK het julle uit Amerika gestuur, julle uittog, om nooit weer terug te gaan nie. So het EK met julle ook gepraat, net soos EK met die ander gepraat het en hulle nie geluister het nie en hulle nie geleer het nie en tog word hulle geroep deur MY naam. Soveel sal moet leer op die harde manier.

Hulle glo die waarheid wat julle glo en tog het hulle gebly. Maar EK stuur julle voort in die Messianiese Joodse Laaste Kans Ministerie om die mense van Amerika en Kanada te vertel dat wanneer EK hulle vertel om te vlug, dat hulle eerder moet vlug! Andersins moenie by MY kom huil nie! Onthou daar is altyd vrede in die oog van die orkaan! Kanada, EK het jou jare terug deur hierdie profeet gewaarsku om nie jou suster Amerika se voetspore te volg nie, maar het jy geluister? Nee, jou bespotting het net erger geword!

Die lande is afgeskort, soos EK jou oor en oor gewys het in die visioen, Elisabeth. 'n Groot rooi weggooibare beker gemaak van swaar plastiek en 'n Groot hand vat die beker, oor 'n klein bang muis, 'n klein wit muis, en maak dit toe met drukking van die hand, en die muis hardloop vorentoe en agtertoe onder die beker, wetende dat daar geen wegkom kans is nie, dit is JULLE! Die wat sÍ hulle is heilig, die wat uitskree in MY naam, tog dring hulle daarop aan om te bly. EK profeseer nou dit aan julle. As julle nie vlug en doen wat EK julle sÍ om te doen wanneer EK julle vertel om te vlug nie, julle moet gehoorsaam wees. Andersins is dit julle, julle is die bang wit muis en julle regerings is die hand wat julle sal verhoed om te vlug.

Wanneer EK julle vertel om te verkoop wat julle het, ontsnap terwyl julle nog kanÖVLUG! Bevraagteken menigdes van julle MY nog steeds. Hoekom dink julle het EK julle vertel om Pasga te doen? Selfs al het jy dit nog nooit gedoen nie, het EK julle gewaarsku om dit te doen sodat die engel van die dood oor julle sou verby gaan en nie julle families of huise sou aanraak nie, en die vervloeking sou dan ook nie oor julle kom nie. Hoeveel van julle het geluister toe EK deur hierdie Diensmaagd voort gespreek het en julle 'n mandaat gegee het om dit te doen. Na die Pasga kom die uittog. Elisabeth en Niko het geen idee gehad dat hulle uittog sou kom sonder enige voorafgaande waarskuwing nie. Tog het EK julle gewaarsku. Hulle gaan voor julle.

Amerikaners en KanadeseÖHARDLOOP, VLUG terwyl julle kan, as julle weet dat julle weet dat EK julle so vertel het. Wees gehoorsaam! Onthou, EK het julle vertel dat die lande wat derde wÍrelds genoem word, alhoewel hulle arm is, die veiligste sal wees van die korrupte, ryk, regerings wat die antichris as deurwagter sal aanneem, en tog noem EK, YAHUVEH, hom die seun van satan, die seun van verdoemenis, wie die merk van die Dier bring. Moenie enige regering vertrou om julle te beskerm in die komende dae van donkerte nie, EK stuur "amightywind" om gebruik te word as 'n standaard teen die kwaad in die wÍreld en die kwaad wat na die wÍreld kom. Memoriseer die skrifte wat julle sal aanmoedig terwyl julle steeds dit vrylik kan lees. Die tyd gaan kom wanneer die woord weggesteek moet word op 'n ander manier.

Maar van die van julle wat moet agterbly in Amerika en Kanada, EK gee MY vrede wat alle intellegensie pas en EK het MY heiliges wat moet agterbly, dit is waar julle geloof sterk moet bly. Maar jy moet weet dat jy weet dat jy weet dat EK jou gesÍ het, om te bly en nie te gaan nie. EK dank julle dat julle MY toelaat om julle as 'n geseŽnde geskenk vir die ministerie te gebruik. En net soos hulle loop in 'n groter salwing en geseŽn en beskerm is, so ook is julle ook gesalf, geseŽn en beskerm. Die skaak stukke is op die bord, alles is in plek. Aan MY vyande en die vyande van hierdie ministerie, nou baie kortliks, EK, YAHUVEH, gaan sÍ, "SKAAKMAT!".

Kanada julle noodlot is DIESELFDE as Amerika. Wanneer EK kyk na Amerika en EK kyk na Kanada, is daar geen verskil nie! Julle is sonde, julle is stank, julle is mis in MY oŽ! O, EK sal begin om te profeseer na die ander nasies, maar nou is MY oog op die wat soveel van die pad af gelei het. Amerika, jy sal betaal! Nou kan hierdie profeet voort spreek van die woorde van vuur wat EK bewaar het! In die komende dae, soos julle die dag van Pinkster (die gedenkdag van die afdaling van die Heilige Gees oor die Disipels en die Vroulike volgers van YAHUSHUA) nader, elkeen wat aan MY behoort, elkeen wie op MY Heilige naam roep, moet eerder begin om Psalm 91 oor en oor op te sÍ, omdat hy MY NAAM ken, sal hy MY aanroep in nood en EK sal hom antwoord en EK sal hom bevry, EK sal nie jok nie.

Die wat MY Sabbat dag eerbiedig, die wat aan MY "Torah" (Hebreeuse leerstelling) gehoorsaam is, die wat YAHUSHUA aanbid, EK sal julle beantwoord, EK sal julle bevry. Die wat hierdie Ministerie liefgehad het, omdat net MY woorde voortgespreek is, EK sal jou beantwoord, EK sal jou bevry, as julle maar net gehoorsaam wil wees. As julle agterbly omdat julle sÍ, "O, maar my man is nie gered nie," as julle agterbly en sÍ, "O, maar my vrou is nie gered nie," as julle agterbly en sÍ, "O, maar my kinders is nie gered nie"Ömoet EK julle nog herinner wat het met Lot se vrou gebeur? En so sal dit weer wees!

Julle kan nie eers dink wat EK vir julle beplan het nie, o Amerika en Kanada. Die wat vlug vanaf Amerika en dink hulle gaan na 'n veilige hawe genaamd Kanada, die in Kanada vlug na wat hulle dink is 'n veilige hawe in AmerikaÖmaar hulle is almal dieselfde, daar is geen verskil nie, hulle albei terg MY HEILIGE NAAM!

Die van julle wat dink hulle ontsnap armoede om na 'n ryk land te kom, julle het nie 'n idee wat hulle aan julle gaan doen nie! EK het meer kinders wat gesalf en Heilig is in die arm lande as wat EK het, in al die ryk lande saamgevat! Meer van die Bruid van YAHUSHUA is wat EK noem die Internasionale Bruid van YAHUSHUA! So min word gevind in die ryk nasies. Afrika Bruid van YAHUSHUA, kom vorentoe! Stel julleself voor aan hierdie Diensmaagd. Julle gebede is die lig wat die kwaad terughou om Afrika heeltemal oor te neem.

O, EK weet die meeste van die Europese kerke is net louwarm. Julle is slegs waardig om uit MY mond gespuug te word en tog fokus EK nie nou al in op julle nie! Inteendeel EK, YAHUVEH, beveel die Europese Bruid van YAHUSHUA, KOM VORENTOE! Stel julleself voor aan hierdie Diensmaagd, dit is julle gebede wat julle gehelp het om my wraak op Europa terug te hou, tot dus ver.

Soos julle die pryse van petrol sien opgaan in Amerika, sal julle 'n vrees, wat hulle nog nie geken het nie, sien kom oor die mense. Julle sien, die olie maatskappye sÍ dat dit julle is wat hulle besit. En hulle gaan julle verpletter. Hoe dink julle gaan julle finansies nie verpletter wees nie? Soos julle die pryse in alles sien opgaan. Net wat julle vir YAHUSHUA gedoen het, sal bly staan, dit is die enigste manier hoe EK, YAHUVEH, julle finansiŽle seŽninge sal vermenigvuldig.

Vir die van julle wat julle geloof plaas in iets genaamd olie, swart vloeistof goud, in plaas daarvan om julle geloof te plaas in MY, YAHUVEH, in MY Seun YAHUSHUA jou MESSIAS se Naam, julle sal vrees ken soos julle dit nog nooit geken het nie. EK praat met die wat hulle self Christene noem. Jy moes eerder gebid het en vir MY beskerming gevra het. Julle het julle geloof om beskerm te word in iets gesit wat julle "Homeland Security" noem, in plaas daarvan dat julle glo in MY, YAHUVEH, wat julle kan vertrou. Nou, o Amerika, nou, o Kanada, nou is julle net bevoegd om verpletter te word!

O, maar die van julle wie se name wat EK geskryf het in die Lam se Boek van die Lewe, voor die fondament van die aarde. Die wat uitskree na MY, die wat uitskree in die naam van MY Seun YAHUSHUA, hou net julle geloof en hou styf vas en moenie laat los nie. Hou styf vas aan die soom van YAHUSHUA se kleed en moenie los nie! Maak nie saak wat gebeur nie, moenie los nie! As EK julle vertel het om agter te bly dan sal EK julle beskerm waar julle bly. Maar as EK julle vertel het om te vlug, onthou dan dat julle ongehoorsaam is aan MY as julle nie gegaan het nie.

Elisabeth en Niko, nou het julle 'n nuwe adres om op te sit. Julle pos hoef glad nie meer aangestuur te word vanaf Oregon nie. Julle het nie meer hierdie ekstra uitgawe nodig nie. Julle het MY toesteming om julle adres in Alaska op te gee.

'n Nuwe salwing het reg oor Europa gekom toe julle voete daarop land. Nou sal die kragte van lig en donkerte in groter maat oorlog voer. Die Bruid in Europa gaan nou weet dat hulle nie langer alleen is nie. O, hulle het MY nog altyd gehad, maar hulle het aanhou vra, "O, waar, O, waar is die ander?" Nou is die tyd wat EK begin om julle nader te bring. Dit wat jare terug geprofeseer is en 'n splinter nuwe, meer kragtige salwing. MY Bruid sal voortgaan en oorlog voer teen die bose geeste regoor die wÍreld.

Elisabeth, jy sal 'n manier kry om op die internet te kom. Daar is een wat vir jou geskryf het en jy moet haar dadelik kontak, omdat dit in MY Naam is in wie sy aanhoudend bid. Daar is 'n Duitse Bruid wat jy moet bel, hulle het jou voorheen gekontak en nou moet jy hulle weer kry. YAHUSHUA het 'n Italiaanse Bruid en wanneer EK praat van Bruid, dan praat EK van meer as een. Italiaanse Bruid van YAHUSHUA, KOM VORENTOE! Stuur julle uitnodigings nou en stel julle self voor aan die Diensmaagd. Is julle bereid om te deel met wat julle het met die Ministerie? Sal julle hulle omsluit met julle gebede en liefde?

Oor al die nasies van Europa, nou roep EK, YAHUVEH, julle vorentoe! Kom en vergader met hierdie Diensmaagd, omdat daar 'n nuwe salwing is wat onverdeeld is soos julle almal julle lantern liggies saam bring, dit sal meer donkerte regoor Europa uit blokkeer. Dink daaraan. Hoe meer lig, hoe minder donkerte. Europa julle is toegetrek met donkerte! Maar EK bring die lig om die donkerte te verdryf. Europese Bruid, is julle bereid om te deel wat julle het met die Ministerie? Is julle bereid om julle salwing saam te bring?

In die komende dae sal profesieŽ voortkom vir Europa en ander nasies. Amerika, jy het geweier om te luister. Kanada, jy het geweier om te luister. Toe MY dogter saam met haar man en seun vertrek, het hulle die stof van hulle voete afgeskud en EK het hulle hulle instruksies gegee. Moenie weer ingaan nie, omdat dit sal wees soos toe Lot terugegaan het in Sodom en Gomora, waar EK hulle vertel het om te vlug. EK sal goedgunstelik onthou wie 'n seŽn was vir die Ministerie, almal wat dit moontlik gemaak het om te vergader met die Internasionale Bruid. Hoe meer julle gedoen het, hoe meer beskerming sal EK vir julle gee, meer genade. Julle sal dieselfde seŽninge deel as die Diensmaagd wat hier voort spreek.

Die een wat weier om die Ministerie te ondersteun, julle weet dit nie, maar julle is net besig om seŽninge van julleself te steel. SeŽninge wat EK vir julle bespreek het. Dit is die woorde, MY kinders, wat julle moet op sit saam met die woorde wat EK julle in Seattle Lughawe gegee het voordat julle na Europa vertrek het.

O, Elisabeth en Niko, julle het MY so gelukkig gemaak, omdat julle saam loop met geloof en nie met sig nie. Toe EK julle vertel om weg te gaan, het julle MY nie gevraagteken nie, julle was net gehoorsaam. Toe EK julle na 'n buitelandse deel stuur, het julle gesÍ, "Maar ek praat nie hulle taal nie," en tog was julle net gehoorsaam. O, hoe bly maak julle MY nie, het julle regtig gedink dat EK julle sal laat honger ly? Julle het gesÍ, "O, maar die pryse is so hoog hier." Het EK, YAHUVEH bankkrot geraak en niemand het MY vertel nie? Weet julle nie dat julle al die Hemel se goud en silwer tot julle beskikking het, soos EK dit wil hÍ nie?

Wanneer EK julle vertel om 'n Heilige Vergaderings plek te kry en verwag dat ander ook sal gaan, weet EK dat julle gehoorsaam sal wees. Dit is MY eer om julle op hierdie manier te seŽn. En Groot, Groot, Groot, sal die seŽninge wees van die twee vroue wat groot onkostes aangegaan het. Lydjusca en Richard, julle deel dieselfde seŽninge, omdat julle een is. Joainne, jy weet jy is geseŽn, omdat jy hulle met MY liefde in Europa ontmoet het. Jy het hulle omhels en hulle gesoen en jy het geweet dat dit EK was in daardie soene en drukkies. Voor die hele wÍreld bedank EK jou! EK seŽn jou! Omdat dat jy gehoorsaam was.

Adam, weer het EK jou voort gestuur, waar jy vanaf Vancouver na Seattle gegaan het met groot onkoste. Jy het gekom in MY salwing, jy het gekom in MY liefde. EK het geweet EK kon jou vertrou, omdat jy die een was wat EK gestuur het toe hulle Seattle verlaat het en na Alaska gegaan het. So EK het geweet EK kan jou weer vertrou, Adam, jou het MY nog nooit in die steek gelaat nie! O, hoe word jy nie geseŽn nie!

En daar is twee Kathy's. Julle ken julle vanne. Net soos julle 'n seŽn vir hierdie Diensmaagd is, is julle 'n seŽn vir MY, YAHUVEH, en MY Seun YAHUSHUA. MY dierbare en geliefde dogter Kathy A., jy werskaf om al die profesieŽ wat EK vir Elisabeth gegee het in boeke te kry, wat dan versteek sal word as 'n waardevolle skatte huis van geloof tydens die tyd van die Groot Verdrukking. Kathy A., jy wie die ekstra myl gegaan en opofferings in alle weŽ gedoen het, weer sÍ EK voor die wÍreld, jy is so 'n seŽning! EK verorden jou naam wat grootliks ge-eer word in die Hemel saam met jou gebede en tiendes en offers.

Robin C. in Engeland saam met MY ander Heiliges wat finansieŽl opgeoffer het sodat EK die Ministerie regoor die wÍreld kan gebruik om te preek. Julle name is geskryf in 'n boek van seŽninge saam met Adam, Marie, Tricia en Joseph W. in Hong Kong wie so getrou was vir so lank. EK roep julle name om julle aan te moedig. Groot! Groot! Groot! Groot, sal julle seŽninge wees. Waarookal hulle voete gaan, in die gees sal hulle ook gaan. In die Hemel, wanneer belonings uitgedeel word vir die siele wat die ministerie gelei het na YAHUSHUA toe, julle en almal sal by hulle staan. Sonder julle wat 'n seŽning is vir hulle, wie sou EK gebruik het om 'n antwoord vir hulle gebede te wees. EK gebruik mense om mekaar te seŽn, hoe meer jy ander seŽn, hoe meer sal EK YAHUVEH jou seŽn.

Daar is van julle wie se name EK nie voortgespreek het nie en julle het finansiŽle opofferings gemaak vir die Ministerie. Wees verseker dat dieselfde seŽninge ook vir julle geberg is, geliefde kinders, omdat EK weet wie julle is. O, geliefde dogter Sharon M., deur hierdie baie jare was jy oor en oor 'n seŽn. Jy is soos die weduwee van Sarfat en jy deel die bietjie wat jy het om plek te maak vir meer seŽninge. Jou geloof en gehoorsaamheid eer MY!

EK het die rykes na hierdie Ministerie gestuur en julle ken MY stem en tog staan julle ver weg, sonder om julleself voor te stel, en tog is dit die "RUACH ha KODESH" (Heilige Gees) wat julle hierheen trek. Is julle gewillig om te deel met wat EK julle geseŽn het om te help werk in die oesland saam met hierdie Ministerie?

Het julle nog nie besef dat julle rykdom julle nie gesond sal maak en onderhou in die Groot Verdrukking nie? Het jy nog nie herken dat die waarhede wat jy hier leer jou sal voed en onderhou nie. En wanneer jy geloof nodig het om aan te gaan of wonder wat volgende gaan gebeur, het EK dit alreeds geprofeseer. Het EK jou nie oor en oor gevonnis om 'n seŽn vir hierdie Ministerie te wees nie, sodat EK 'n groter seŽn vir jou kan wees?

Het julle nog nie agtergekom dat wanneer julle ander seŽn wat gebruik word as MY, YAHUVEH, se mondstuk, dat julle MY, YAHUVEH, en YAHUSHUA seŽn, en ook dat julle seŽninge en skatte in die Hemel berg nie? SÍ my woord nie, "As julle net 'n slukkie water vir my profeet aanbied, dan sal julle 'n profeet se beloning ontvang"? Hoekom sal ek hierdie, in die midde van 'n profesie vertel? Hoekom so baie van julle wil weet hoekom julle gebede nie beantwoord word nie? Hoekom groei die salwing nie sterker nie? Daar is 'n prys om te betaal vir MY seŽninge en dit word GEHOORSAAMHEID genoem.

Dit is jammer dat daar van MY kinders is wat hierdie lees en hoor en sÍ, "Ek herken die stem van YAHUVEH, ek het hierheen gekom om te hoor wat HY sÍÖmaar ek weier om hierdie Ministerie te ondersteun of aan te moedig op enige manier". Hoeveel van julle het begin as 'n seŽn en daarna in 'n vloek verander, wat dit oorgee wat hulle weet waar is? Julle het na MY uitgeskree en gesÍ, "Waar is die antwoorde na my gebede, waar is my bevryding en my genesing? Waarom is my sielsgenoot teruggehou"?

Dit is julle laaste kans om 'n seŽn te wees en gehoorsaam te wees!

Voed julle nie op hierdie gesalfde, geestelike, groen weivelde nie en groei in wysheid en openbaring? Net omdat ander die prys betaal om vrylik MY woorde te voer vir die lammers en skape en almal wat omgee om te hoor regoor die wÍreld. Dink julle nie daar is 'n prys wat betaal word deur hierdie profeet waardeur EK praat, tesame met haar man en seun en al die wie by hulle staan en geestelik in oorlog tussenbeide tree en bid nie, tog hou hulle aan om MY wil en weg te doen. Hoe min van julle wat die lees en wat hulle liefde vir YAHUSHUA aankondig sal gewillig wees om die prys te betaal vir wat dit vat om die woorde voort te spreek, wat nie vir ore is wat jeuk nie, om die Ministerie by te staan wat weier om oor te gee.

Oral waar hierdie twee gesalfdes hulle voete plant, sal of MY seŽninge of my vervloeking volg, in elke nasie, sal of redding of oordeel volg. So sal dit wees met almal van YAHUSHUA's se Bruid. Die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIASÖbegin om uit te roep en te vra vir jou "dowry", die een wat EK vir jou geberg en eenkant gesit het. Soos EK dit vir die Diensmaagd gegee het, net so sal EK dit vir jou gee. Die rykdom van die slegtes is gestoor vir die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS en dit is JY! EK weet wie dit sal gebruik vir MY GLORIE en MY GLORIE alleen!

EK, YAHUVEH, het hierdie waarskuwing vir die wat ingekom het as 'n vriend, wat finansiŽle geskenke gebring het en toegelaat het dat satan inkom en jou in 'n Judas verander het. Dit sou beter gewees het as julle nie die naam van hierdie Diensmaagd gehoor het nie, omdat EK julle sal laat swaarkry vir al die bedroefdheid wat sy voel deur julle verraad en elke traan wat sy oor julle gestort het. Toe julle haar verraai het, het julle die een verraai wat gestuur was om 'n seŽn te wees en nie 'n vervloeking nie.

Wanneer julle gebede nie meer beantwoord word nie en julle wonder of EK 'n dowe oor na julle hulp krete gedraai het, wanneer julle julle slegste vrese agterkom, is dit alles oor satan, 'n leuenaar wat julle geglo het en mee ooreengekom het. Wanneer julle hier is tydens die Groot Verdrukking en ongenadiglik swaarkry, moet julle nie wonder hoekom nie. Het EK nie gewaarsku nie, "Moenie aan MY gesalfdes raak nie en ook nie enige van MY profete seer maak nie"? Wanneer sal julle leer, verraad deur 'n vriend is die ergste leuen. As julle nie berou en bely wat julle gedoen het nie, sal julle die noodlot van Judas ly en die geliefde een waarvoor jy ons verraai het, sal doodgaan.

Elisabeth en Niko, alles wat EK julle gegee het, het julle agtergelaat vir ander. Al wat julle gevat het was julle tasse en nie eers die voertuie wat EK julle gegee het nie. Omdat julle die geskenk van 'n voertuig van julle drome agtergelaat het, sal EK julle so seŽn. EK sal nie een goeie ding van julle weerhou nie. EK sal met die Heiliges se harte praat en julle wat lees en luister, dit is JULLE wat weet dat julle geroep en gekies is om saam met die Ministerie te staan. Aan julle is die geskenk van behulpsaamheid gegee. EK het julle geseŽn in julle werk. Saam word julle geroep om te werk in die oesland om MY waarheid regoor die nasies van die wÍreld te neem. EK spreek dieselfde seŽninge oor julle. EK sal geen goeie ding van julle weerhou nie en julle sal onsigbaar wees vir die vyande wat julle ondergang soek.

So Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS, EK praat met die in Europa nou.

Is julle bereid om wat julle het te deel met die Ministerie? Bring julle helder aangesteekte lanterns saam en wees 'n seŽn vir mekaar en bring dit soos die vyf wyse maagde dit gedoen het. Die ligte sal groei soos 'n vuurtoring baken lig en julle salwing sal groei en saam sal julle een word in MY. O, die tekens, wonders, wonderwerke wat julle sal sien in YAHUSHUA se Heilge naam as julle maar net geloof wil hÍ en glo. EK, YAHUVEH, sal verheerlik wees vir die GLORIE van MY Seun YAHUSHUA jou MESSIAS!

EK spreek hierdie woorde nou voort. Moenie bang wees nie, Bruid van Israel, en moenie dink dat EK nie omgee nie. EK sal hulle na julle toe ook stuur. Dit is net 'n eerste tree om hulle by julle te kry. Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS in Israel, KOM VORENTOE! Stel julleself voor aan die Diensmaagd, omdat dit deel is van die Ministerie se werk om te bid vir seŽninge en beskerming oor die Bruid van Israel. Julle is een met haar net soos sy en haar man een is met julle.

Is julle bereid om te deel wat julle het met die Ministerie? Dit is nou die tyd om te begin om haar uit te nooi en om te begin en tussenbeide te tree, vir die Ministerie om te kom en die Heilige Israel te seŽn, om te bid dat die vyand sal weg hardloop in sewe verskillende rigtings. Oordeel sal op die goddeloses val en hulle sal binne in die parskuip van MY, YAHUVEH se woede val! Bid, o Bruid van Israel en Bruid van die Midde Ooste, wie aan YAHUSHUA behoort, sodat die salwing van die Ministerie vergroot sal word en julle salwing ook groter sal word!

EK, YAHUVEH, praat met die Internasionale Bruid van YAHUSHUA. EK gee julle hierdie opdrag. Help hierdie Diensmaagd om die wÍreld te bereik vir YAHUSHUA se Glorie. Wees vrywillig en vertaal hierdie profesieŽ in julle verskeie tale. Daar is 'n Hebreeuse lid van die Bruid van YAHUSHUA wat die nou lees en weet hy moet al die profesieŽ in Hebreeus vertaal. Ander weet dat hulle die profesieŽ in Afrika tale en Arabies moet vertaal. Hoekom het julle nie vorentoe gekom en julle voorgestel aan die Ministerie nie? Hoekom is die Internasionale Bruid van YAHUSHUA nie gehoorsaam nie, en gebruik die seŽninge, geskenke en talente wat EK, YAHUVEH, vir julle gegee het nie? Hoekom verberg julle dit waar dit geen waarde vir enige een is nie?

Vir die ander wat begin werk het aan die vertalings van die profesieŽ in julle tale, EK het hierdie vraag vir julle. Hoekom maak julle nie klaar waarmee julle begin het nie, die werk teen die muur, voel julle so min vir julle land? Almal van julle wat dit doen, EK sal julle die vraag eendag vra voor MY troon. Wees gereed om 'n antwoord te hÍ, omdat julle geroep was en die taak gegee was om te doen, en tog het julle nie die taak klaar gemaak nie. Dit vertraag YAHUSHUA om vir SY Bruid te kom, omdat die profesieŽ en boodskappe in baie tale moet wees voordat HY terugkom.

BRUID VAN YAHUSHUA in al die Internasionale Nasies, EK was verantwoordelik dat hierdie paartjie vir altyd hulle tuisland moes verlaat, dat hulle al hulle wÍreldse besittings agter moes los, om te kom en 'n seŽn te wees en met julle te deel wat hulle het. Is dit so baie om van julle te vra? Is julle bereid om te deel wat julle het met die Apostoliese Messiaanse Joodse Pinkster Ministerie? Maak Heiliges bymekaar om as middelaars op te tree en aanhoudend te bid, omdat die oorlog wreed is, maar die oorwinning is alreeds gedoen vir YAHUSHUA se Prysing, Eer en Glorie!

*******

So is dit gespreek, so is dit geskryf onder die salwing van die RUACH ha KODESH (Heilige Gees)

Gegee aan die Diensmaagd van YAHUSHUA jou MESSIAS
onder die salwing van die Glorie van YAHUVEH en YAHUSHUA!