Profesie 83

EK, YAHUVEH, SE "MAAK GEREED! DIE EINDE IS NABY"

3.15.06 Op Heilige Purim Dag (Joodse vakansiedag), Namiddag
Gepraat deur Apostel Elisabeth Elijah by Purim Dag (Joodse vakansiedag)
Vrygestel op 3.15.06

YAHUVEH het 5 keer gesÍ maak seker die audio is gepubliseer vir almal om te hoor. Ons sal dit so vinnig as moontlik doen!

Elisabeth:

Terwyl ek besig was om saam met 'n ander lid van die Bruid van YAHUSHUA, genaamd Adam van Kanada, oor die telefoon te bid, het ek begin praat in heilige tale.

Hierdie profesie het redelik onverwags gekom, maar my man kon dit darem begin opneem op die bandopnemer. Net toe hy besef wat gebeur, hardloop en kry hy die band opnemer. Wanneer daar na die opname geluister word, sal dit duidelik wees dat ek kort visioene kry van vreeslike dinge wat gaan gebeur, asook die woorde "Moorana, moorana, moorana!" wat gehoor kan word.

Ek weet die woorde beteken "Moord moord moord!".

Ek weet nie watter taal dit is of hoe om dit te spel nie. Die woord 'Gruwelike' kan ook saam met die woord 'Horrenda' gehoor word. Ek spel dit dalk nie reg nie, maar die profetiese woord kan meer as een keer in die opname gehoor word. As enige iemand hierdie woord in 'n ander taal erken, sal ek graag wil weet watter taal op aarde dit is.

Dalk is dit in 'n Hemelse taal. Ons weet dat as daar in heilige tale gepraat word, dan praat ons in tale van manne en engele soos die bybel sÍ.

Elisabeth bid:

Ek smeek U, Abba YAHUVEH, laat hierdie woorde nie vorentoe kom as dit nie U is nie, as U dit nie reguleer nie. Laat die seŽl nie gebreek word nie.

Ek smeek U, Abba YAHUVEH, in die naam YAHUSHUA ons MESSIAS.

"EK, YAHUVEH, SÍ BEREI VOOR! DIE EINDE IS NABY"

O MY geliefde Diensmaagd, hoe lank nog?

Ek het die BRUID van YAHUSHUA toegelaat om in die gaping te staan, net soos ek Abraham toegelaat het om in die gaping te staan vir Lot. Hoe lank nog dink jy moet ek wag?

Hoe word Ek nie bespot nie, hoe word MY Name nie verag nie, hoe word MY Heliges wat MY verteenwoordig nie belaster nie. Hoe word hulle nie doodgemaak vir MY ontwil, regoor die werÍld nie. Net omdat Ek dit weerhou het om na Amerika te kom, hoeveel is maar nie net as van selfsprekend aanvaar nie. Ek wil vir julle sÍ om te begin met 'n nuwe gebed..omdat die einde baie naby is.

Dis hoekom die Bruid voor MY moes kom op hierdie Purim (Joodse vakansiedag) om Heilig te wees voor MY en MY oŽ! Dis hoekom ek gesÍ het...

"YAHUSHUA kry jou Bruid gereed sonder vlek of kreukel', omdat die bose meer boos geraak het en die Heilige meer Heilig voor MY oŽ!"

My oŽ het gegaan en teruggekom, spesiaal in hierdie Puim (Joodse vakansiedag). Die Heilige tyd was nie eers genoem in hierdie sogenaamde Christelike kerke nie. Party het dalk, maar met 'n verbygaande blik. Dit is hierdie ministerie wat EK opgevoed deur jou om die mense die betekenis van die belangrikheid van die bloed lyn van 'n "Mordaccai" en die belangrikheid van Ester te leer. Nou gee EK jou 'n nuwe mandaat om vir die Bruid te gee. Moenie bekommerd wees oor daardie wat wil terg nie. Moenie bekommerd wees oor die uitdrukking op hulle gesigte nie.

Julle moet slegs luister. Dit is die woorde wat EK wil sÍ.

EK, YAHUVEH. Beveel die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS hierdie dag, om te bid vir die twee getuies! Bid vir die twee getuies! Die tyd het gekom dat EK die engele gaan stuur. Om binnekort te bevestig wie hierdie twee getuies in MY is.

Satan het oor en oor probeer om hulle lewens te neem. Net soos daar 'n Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS is, is daar 'n Bruid van satan. Hierdie ministerie het al 'n paar keer met hulle te doen gehad, maar weet dit net nie. Daar is hulle wat jou met so 'n passie haat dat self die 200 hekse wat met die hand van satan grootgemaak is, teen jou bid, MY een wat ek Diensmaagd noem. [Nota: Tydens die Purim (Joodse vakansiedag) in Afrika, was dit op die nuus en internet dat 200 hekse saamgekom het om toordery en vervloekings uit te spreek.]

Hulle aanslae kon nie deurkom nie, omdat EK die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS gehad om julle te beskerm.Voor hulle hierdie aarde verlaat, voor die twee getuies gestel word as die eerste vrugte, sal hulle weet wie hulle is in MY.

EK beveel alle lede van die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS..begin nou te bid vir hierdie twee getuies.

EK, YAHUVEH, vertel 'n geheim aan die wÍreld. EK doen 'n nuwe ding, dis 'n man en dis 'n vrou.

Omdat julle manne terg, net soos EK Deborah grootgemaak het as regter oor die hele Israel [Rigters 4:4], so ook sal ek grootmaak, so is dit ook voorgeskryf, die wat sal kom sal 'n gees hÍ soos oor Moses, die wat kom sal 'n gees hÍ soos oor "Elijah".

Terwyl die twee nog in vlees is, sal die aanslae nog na hulle toe kom.

EK, YAHUVEH, beveel die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS..Laat elke gebed van julle hulle beskerm! Dat hulle gesond sal wees in hulle vleeslike liggame. Dat hulle met meer inspanning sal uitspreek dat hulle vyande voor hulle oŽ vernietig sal word! Net soos "Elijah" van ouds af gebid het, so ook sal die twee gesalf word. Die vyande sal bewe van angs wanneer hulle agterkom die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS is hier.

Met die Heilige tyd van die Purim (Joodse vakansiedag) wys EK jou hoe naby die einde is. EK vertel julle nou al om die twee getuies hier op aarde te beskerm. Ja, hulle is alreeds hier! Hulle is so nederig en sÍ, "Waarlik, nie ek nie, As dit is wil ek nie weet nie!"

EK wil julle dit vertel. EK praat nou met julle, wie EK weet is die twee getuies..

Julle sal weet dat julle weet, voordat julle van hierdie aarde geneem word! Julle sal terugkom in 'n "glorified" liggaam. Julle sal staan voor dit wat die Huilende Muur genoem word. Flamme sal uit julle lippe kom, vuur sl uit julle hakke kom en julle sal aankondig wat EK julle vertel om aan te kondig en geen man en geen vrou en geen duiwel en geen demoon sal staan nie.

Die KONING VAN ALLE SKEPPINGS, ABBA YAHUVEH, beveel die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS om te bid.

Onthou dit...wanneer hulle agterkom wie hulle is, sal julle dinge in hierdie aarde sien gebeur op so 'n manier wat EK hulle vertel om woorde in die geestelike koningkryk te begin loslaat wat EK vir hulle gee om te sÍ. Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS, begin nou dadelik te bid dat hulle die gesalfde sal glo en ontvang wat EK oor hulle plaas.

Onthou dit is een man en een vrou.

Doen die werk wat jy het en doen dit vinnig. EK sÍ weer, doen die werk wat EK vir jou gegee het en doen dit vinnig!

Die van julle wat goud en silver ophoop, die wat EK geseŽn het met edelstene, wat gaan dit jou baat wanneer dit agtergelaat word.

EK het oorvloedig geseŽn, finansieŽl in alle weŽ, tog het van julle, van die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS nog nooit vir hierdie Diensmaagd geskryf nie. Tog het julle in die geheim gegroei met kennis en geestelik vet geword het van al die kennis en salwing wat julle opgestapel het..Steeds het julle dit nie gedeel nie. EK het julle geen tekort gegee nie. EK sal julle verantwoordelik hou vir wat julle doen vir die Koningkryk van die Hemel!

Onthou julle Elia van ouds? EK het hom na die weduwee Sarfat gestuur. Al was daar baie weduwees in daardie land, het EK net een self uitgekies. Na wie hierdie Ministerie gestuur word, na wie EK my nuwe "Elijah" stuur, dit wat julle aan hulle doen, doen julle ook aan MY.

EK vertel julle dit! EK YAHUVEH, vertel julle dit..enige een wat op enige manier aan hierdie Ministerie raak of seermaak, aan my Diensmaagd, dit sal wees asof julle geraak het of 'n skerp stok in die pupil van MY, YAHUVEH se oŽ gedruk het! EK sal wraak neem en jy sal binne in MY Parskuip van woede gaan! EK sal jou in sewe verskillende rigtings verpletter. Dit sal al wees wat hulle sal hoor terwyl EK jou in elke rigting verpletter, verstand, liggaam, gees en siel!

Het EK nie gewaarsku nie. "Moenie aan MY gesalfdes raak nie en moenie my profete enigsins seer maak nie!"

Julle dink julle tonge het weggekom deur van al hierdie lasterlike woorde te praat. Julle noem kwaad wat in MY oŽ goed is! EK sal jou laat wens dat EK jou tong afgesny het voordat EK jou toegelaat het om van sulke vuilhede te praat.

Maar die wat hierdie Ministerie dek, die wat die waarhede dek, die wat MY Diensmaagd dek, EK dek jou! Dis nie net 'n vrou nie, dis nie net 'n eenvoudige vrou nie, die is 'n tuig waardeur EK, YAHUVEH, MY waarhede deur vertel! Vir die van julle wat hierdie waarhede ontvang, EK ontvang jou!

Vir die wat verag en terg, EK, YAHUVEH het jou verwerp! Lees weer vir Ester. EK word voorgestel in daardie Koning! Hoeveel van julle is "Vashti's"? Julle dink julle is so vol prag, julle dink julle hoef nie te kom wanneer EK, YAHUVEH sÍ kom nie! EK het julle verban! In MY Koningkryk sal julle nie kom nie!

Daar is 'n groter bemiddelaar as Koningin Ester. Dit is MY Seun YAHUSHUA! EK sÍ julle dit, o magtige Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS, EK sal geen goeie ding van julle weerhou nie. Daar is 'n boek van herinnering, wat opgeskryf is, al julle name in liefde geskryf. Julle het so swaar gekry net om Heilig te wees. Nou wil EK julle net laat weet hoe lief ek julle het!

Dit is EK wat julle gekies het om MY Seun se Bruid te wees!
Dit is EK, YAHUVEH, wat julle gekies het om MY Seun se Bruid te wees!

[Onthou, die Bruid van YAHUSHUA is nie 'n vrou nie, maar die manne en vroue sonder vlek of kreukel, wat gehoorsaam loop, en op die punt is om weggeneem te word om saam met YAHUSHUA te wees. Bid dat julle waardig geag sal word om een van die Bruid te wees!]

Vir die wat MY stem ken, julle sal die gees herken wat praat, julle is waarlik my skape, julle is waarlik MY skape!

Vir die ander van julle, wat sÍ, "Hierdie is maar net Elisabeth, opgepof in trots," EK wil julle dit vertel. Dis JULLE wat EK verafsku! EK sal jou eendag forseer om te erken dat die Ministerie die een is wat EK lief het! Al die Ministeries wat die woorde sal vat en versprei na die vier hoeke van die aarde, dit is julle wat EK sal liefhÍ, dit is julle wat EK liefhet, dit is julle wat EK dek net soos julle die waarhede dek.

Hierdie waarhede is geberg saam met MY HEILIGE GESKRIFTE. Hoe durf enige een hierdie profesieŽ as vals verklaar. Vir die wat dit sÍ, julle sÍ MY Seun is vals. Is HY dan nie die LEWENDE WOORD nie?

Gaan weg van MY! Gaan weg van MY! Julle hoort nie eers hier nie! Net die wat aan die FeesmaalTafel wil sit en op die waarhede fees en die geestelike kos neem, hoort hier. Dit is MY bevel, dit is die bevel wat EK gee vanuit die Hemel, dit is wat EK gespreek het op hierdie dag,

Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS, bid meer vir hierdie Ministerie!

Dek hierdie Diensmaagd, dek Nikomia in julle gebede in, wees 'n seŽn vir hulle want hulle is 'n seŽn vir jou, of EK sal julle eendag vra hoekom julle nie was nie? Sluit die twee in wat ek die getuies noem.

Aan die Bruid van YAHUSHUA jou MESSIAS..

As julle MY vra en julle glo, sal EK julle die antwoord vertel. EK sal ook meer oor die twee getuies openbaar. Hulle het julle bedekking en gebede nodig. Terwyl hulle in sterflike vlees is, probeer satan nog steeds hulle lewens neem, om die waarhede wat ek gespreek het, stil te maak. Dek hulle in julle gebede.

EK YAHUVEH was so gelukkig gewees terwyl die gebede van die Bruid van YAHUSHUA voor MY gekom het op die dag van die Purim (Joodse vakansiedag). Net soos 'n soet geur kom hulle na MY. So soet soos die engele dit oopgemaak het, EK is so gelukkig. Dis hoekom EK meer genade gehad het en gesÍ het, "Hoe lank nog wil julle hÍ dat ek moet uitstel?"

Maar die einde is naby. Wanneer die verseŽlde profesie vrygelaat word[78], sal een van die seŽls gebreek word. Wee oor hierdie wÍreld wanneer Elisabeth uitspreek wat EK verberg het. Maar MY geliefde Bruid van YAHUSHUA, julle wat lede is van Openb. 14 and Openb. 7, julle hoef nie te vrees nie. Al die gaste wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam..dit is waar dat julle sal swaarkry vir HOM[YAHUSHUA]. O, maar die beloning wat na julle sal kom!

Op hierdie oomblik is die wapens van die Bruid van YAHUSHUA in die Geestelike koningkryk. Maar ek vertel julle dit: In die Groot Verdrukking, net soos die Koning die bevel gegee het en gesÍ het, neem julle wapens en verdedig julleself, net so sal dit weer wees. Maar nie vir die Openb. 14 Bruid nie. Dit is hoekom ek hulle van die aarde sal verlos en die twee getuies sal tussen die getal wees en hulle sal terugkom.

O, Bruid van Openb. 7, julle is alreeds geseŽl, my geliefdes! Niemand kan julle seermaak nie. Daar sal 'n kort tyd wees waar julle wapens sal moet neem en julleself en die gaste moet beskerm om te baklei teen satan en die merk van satan en dan sal julle loop in die verheerlike liggaam, wanneer julle die woorde hoor, "..en die" wat dood is in Christus sal eerste opstaan!"

Soos julle die woord Christus geleer het, is dit die enigste rede dat ek dit vertel. Die wat dood is in YAHUSHUA jou MESSIAS sal die twee getuies en die wat gemartel word in daardie tyd. Dit sal in die tweede verrukking wees, saam met die Openb. 7 Bruid wat ook opgeneem word voor die heidene se oŽ!

Dit is die geheime wat bespreek is vir YAHUSHUA se Bruid.

Laat die ander maar spot en terg. Dit is die feesmaal tafel wat EK voor julle lÍ hierdie dag. Die met geestelike ore sal hoor, al die ander sal doof bly. Die met geestelike oŽ sal sien, al die ander sal blind bly! Dit is die woorde wat EK, YAHUVEH vandag spreek, die KONING VAN SKEPPINGS, op hierdie Heilige Purim (Joodse vakansiedag) dag.

EK, YAHUVEH, sÍ maak gereed geliefdes, die einde is naby!

Net soos EK deur Elisabeth jare terug geprofeseer het van die "black boiling blood" plaag, wat sal kom as 'n teken van MY woede, nou wil ek die vertel deur MY Diensmaagd. Dit is alreeds losgemaak! Dit het begin! Die siekte is in die ontwikkelings fase en daar sal geen kuur wees nie!

Maar geliefdes, wees versekerd almal wat Heilig voor MY is, Heilig lewe en MY, YAHUVEH en YAHUSHUA eerste in hulle lewe en liefde plaas, en hulle beste doen om gehoorsaam aan die Heilige Geskrifte te wees, die "black boiling blood" plaag sal nie oor julle kom nie. Dit sal soos in die ou tye wees toe die plae losgemaak is deur Moses, uitgespreek onder die salwing van die "RUACH ha KODESH" (Heilige Gees). En die plae het nie die kinders van Israel geraak nie, net die Egiptenare wie ander gode gedien en aanbid het. En so sal dit weer wees!

Net soos in die dae van Moses sal dit weer wees, soos in die dae van Lot sal dit weer wees!

Aan die sondaars wat weier om tot dusver te berou, vandag is die dag van redding, julle lees hierdie, wat kom vanaf die laaste kans Ministerie, more kan dalk te laat wees. Waarvoor wag julle? 'n Godsdiens kan julle nie red nie, slegs 'n Heilige liefdevolle, gehoorsame verhouding met YAHUSHUA en MY, YAHUVEH, sal julle red. Jy kan slegs teruggaan na die Hemel deur die Naam en Bloed van YAHUSHUA jou MESSIAS!

Almal wat uitgenooi is na die bruilofsmaal van die Lam, EK het hierdie waarskuwing vir julle..

In die Groot Beproewing, die een wat kom wat gewoonlik die Anti Chris genoem word, wie werklik die seun van satan is, die seun van verdoemenis, hy sal kom en die naam gebruik en namaak wat wÍreldwyd bekend is, in elke bloedverwante en tong, die naam wat Christene ken en liefhet...die naam van JESUS CHRISTUS!

Wees versigtig! Tekens, wonders en wonderwerke word steeds gedoen en siele word steeds gered in die naam van JESUS CHRISTUS, moenie bang wees nie. Alhoewel, dit was nog nie die eind tyd nie en julle sal slegs verantwoordelik gehou word vir wat vir julle geleer is. EK, YAHUVEH, eer en salf die naam 'JESUS', al was MY Seun YAHUSHUA 'n hebreeuse naam gegee deur 'n hebreeuse moeder.

En EK IS SY VADER, SY naam sal MY NAAM YAH, besit! Die naam van JESUS het MY GEWYDE NAAM uitgevee, die naam wat bo alle Name is! MY naam is YAHUVEH en die naam YAHUSHUA vertaal na 'n standvastige herinnering in elke tong "YAH SAVES"! Is dit nie ook julle gewoonte om die Seun die die vader te vernoem nie? Hoekom dink julle dit is enigsins anders vir julle Hemelse Vader om dieselfde te doen? Dit is 'n standvastige herinnering vir jou dat, EK, YAHUVEH, en MY Seun, YAHUSHUA, een is.

Dit is satan en sy bedienaars wat hierdie naam YAH vrees, maar EK ken my kinders se liefdevolle harte. EK het julle selfs vergewe omdat julle MY regte Sabbat rus dag verlaat het, die 4de Gebooie oor en oor gebreek het, maar ek sal julle dit nie verder vergewe nie! Nou word julle verantwoordelik gehou vir wat julle weet! Julle word verantwoordelik gehou om ander te waarsku! Daar is 'n hoŽr gewyde salwing in die Hebreeuse naam van YAHUSHUA en in MY name, YAHUVEH!

Nou is die eind tyd naby en EK waarsku julle om ander te leer wat julle weet is die waarheid. Daar is meer salwing in Ons Heilige Gewyde Name. Gebruik hulle, moenie meer verskonings maak nie! Gedurende die Groot Beproewing moet julle op MY SEUN se Hebreeuse naam YAHUSHUA jou MESSIAS roep! MY naam YAH is in SY naam, die naam bo alle name!

As julle dit nie nou leer nie, in die Groot Beproewing wanneer julle bid vir bevryding, of genesing, en julle gebruik die naam 'JESUS', onthou die seun van satan sal die naam gebruik as 'GOD'! Hoe kan julle dan verwag om genees of bevry te word of geseŽn te word, deur die naam te gebruik wat die seun van satan sal gebruik. Julle sal die seun van satan aanroep en dit nie weet nie!

In die Groot Beproewing, sal die seun van satan sy eie dag eenkant sit om aanbid te word, en dit sal 'n Sondag wees! Wanneer Sondag aanbidding verpligtend sal word en julle almal regoor die wÍreld beveel gaan word om na julle naaste Sondg Kerk te gaan, versigtig, moenie gaan nie!

Dit is 'n strik van die seun van satan! Elkeen wat 'n Sondag Kerk gaan besoek gedurende die Groot Beproewing, sal die deur met betowering binnegaan, gevange gehou word deur gees van illusie, geheue manipulasie, afgodery, rebelsheid, tussen baie ander kragtige demoniese geeste.

Waarsku hulle nou! Hulle sal die Merk van die dier aanneem en 'n kerk van "defilement" binnegaan en verkies om die dier te aanbid en dan sy fisieke asook geestelike merk ontvang. Waarsku mense nou, voordat dit te laat is!

Dit beteken nie dat alle Sondag Kerke nou al boos is nie, maar julle is so naby, die einde is naby, julle moet mense waarsku waar die pastore misluk om dit te doen. Julle moet die waarhede leer van die Gewyde name van MY YAHUVEH en MY Seun YAHUSHUA die enigste MESSIAS, die enigste Bloed wat vergiet is vir die mensdom vir die belydenis van sondes. EK sal geen ander bloed opoffering aanvaar nie, en geen ander tussenganger kan intree vir jou nie. Dit sluit in geen sogenaamde dooie priesters nie! Nie eens YAHUSHUA se eie ma, Mariah nie. Selfs sy het ook YAHUSHUA nodig as haar MESSIAS.

Dit is die enigste rede hoekom enige van YAHUSHUA se bruid wel na Sondag Kerke nog moet gaan, om die skape en die lammers die waarheid te leer waar die pastore geweier het, selfs al is dit een persoon op 'n slag! Hier is die goeie nuus: Net soos MY geliefde kinders, wie se name in die boek van die Lam geskryf is, en vooraf gekies is, net so is satan se boek die van die vervloeking.

YAHUSHUA SAL NIE EEN SIEL VERLOOR WIE SE NAAM GESKRYF STAAN IN DIE LAM SE BOEK VAN LEWE VOOR DIE STIGTING VAN DIE W RELD NIE! Julle kan nie per ongeluk verkies om die merk van die Dier te aanvaar nie, julle sal weet om dit nie te doen nie, en sal eerder doodgaan voordat julle dit doen!

Die enigste ware genesings, tekens, wonders, wonderwerke en opstandings kom net van die Hemel, enige ander genesing of verlossing is 'n illusie, en gedurende die Groot Beproewing gaan daar illusies wees wat voorkom of dit waar is, maar sal leuens wees direk van die troon van satan.

Leer nou en waarsku die ander nou!

In die Groot Beproewing, sal slegs in die naam van YAHUSHUA --nie in die naam JESUS-- verlossing, genesing, opstandings kragte vorendag kom! Mense wat 'JESUS' lief het en bedien sal dan wonder hoekom hulle gebede nie beantwoord word nie! Hulle geloof sal swaarkry, hulle sal selfs doodgaan vir hulle geloof, sonder om te verstaan hoekom verlossing nie gekom het in daardie naam nie.

Waarsku hulle nou dat hulle gewoond sal moet raak om die Hebreeuse naam YAHUSHUA, en YAHUVEH en die "RUACH ha KODESH" (Helige Gees), te gebruik. Satan sal nie die naam YAHUSHUA, met die naam YAH binne in, wil vervals nie!

Daar is miljoene wat hierdie nou lees wat Gaste sal wees by die Bruilofsmaal van die Lam, geseŽnd sal julle wees! Alhoewel julle alles of 'n gedeelte van die Groot Beproewing sal sien en julle oŽ sal gedwing word om die afsku te aanskou. Onthou dit, my woede is nie op julle gemik nie, dit is gemik op my vyande.

Bly Heilig en moenie onderhandel nie...en roep op die naam YAHUSHUA en vertrou op SY krag en salwing en hou styf vas aan jou geloof, dit gaan nie maklik wees nie. Daar sal geheue golwe in die lug wees wat sal probeer om julle te breinspoel. Leer die Heilige Geskrifte nou en gebruik dit as 'n wapen gedurende daardie tyd, want bybels gaan verban word...maar self satan sal nie in staat wees om alle bybels te verbrand nie.

YAHUSHUA sal die Heilige Engele, Openb. 7 Bruid, Openb. 14 Bruid gebruik, asook die twee getuies om te weet waar die Gaste is en om hulle te help soos benodig. Die twee Getuies sal die Gaste verdedig en wraak neem vir hulle.

Leer my ware Sabbat, omdat, EK, YAHUVEH spesiaal die sal seŽn en beskerm wat MY sal eer op die Dag wat EK, die KONING VAN ALLE SKEPPINGS, eenkant geplaas het as die Sabbat dag van rus. Net soos YAHUSHUA op die aarde geloop het en tekens, wonders en wonderwerke op die Sabat gedoen het, net so sal in die Groot Beproewing, spesiaal op MY Sabbat, MY Heilige dae, sal dieselfde gedoen word in die naam van YAHUSHUA onder die salwing van die "RUACH ha KODESH" (Heilige gees)!

Daar is geheime wat ek het wat EK nog nie uitgespreek het nie. Weet net dat EK, YAHUVEH, sal nooit iemand agter los, ook nie verlaat, wat waarlik YAHUSHUA en MY, die KONING VAN ALLE SKEPPINGS, liefhet, aanbid en bedien nie.

Leer MY naam. Dit is YAHUVEH die EWIGDURENDE EEN! YAHUSHUA is MY Seun! YAHUSHUA jou MESSIAS is julle enigste bevryder, die enigste naam en weg terug na die Hemel! Aan almal wat hierdie profetiese woord tart en beswadder, julle sal op de harde manier leer dat dit van MY, YAHUSHUA se mond af kom, gegee aan hierdie Diensmaagd.

Aan my skape en my lammers regoor die wÍreld, neem hierdie woord soos 'n kettingreaksie en laat dit lui regoor die wÍreld. Onthou, selfs die uitverkorenes kan moontlik mislei word, omdat julle priesters julle skape en lammers laat honger ly het. Wanneer julle hierdie profesieŽ lees, is julle besig om Heilige geestelike vleis met 'n feesmaal in te neem.

Almal wat hierdie woord ontken, al gee hulle toe dat hulle 'JESUS' lief het, maar nog steeds weier om die Hebreeuse gewyde name, die Sabbat, en die Heilige dae en feeste te leer, sal aanhou om met melk gevoed te word. Hulle wil dan nie geestelike tande hÍ om die Geestelike vleis te eet nie. In die Groot Beproewing, sal hulle onthou wat hulle gelees het en sommige sal berou en weet dat die Ministerie werklik van die Hemel gestuur was!

Vir MY geliefde babas, bruid, uitverkorenes...

Kyk op, julle verlossing kom nader! Een of ander manier sal julle weer terugkom na die Hemel!

So is dit gespreek, so is dit geskryf op hierdie Heilige dag Purim (Joodse vakansiedag) van Maart 15, 2006.

Gegee aan die Diensmaagd van YAHUVEH en YAHUSHUA



Persoonlike notaÖ

Ek is geinteresseerd om te hoor van die wat hierdie vraag van YAHUVEH in die naam van YAHUSHUA vra en 'n antwoord gegee is, sal julle vir my skryf en dit met my deel? Ek weet dat die twee getuies , wie ook al hulle is, die gebede en die liefde van die Bruid van YAHUSHUA en die Gaste van die Bruilofsmaal van die Lam, nodig het.Ek het wakker geword met hierdie duidelike openbaring en geskreeu vir die bewaking van die twee getuies, nadat ek die woord gegee is. Openb. 11:3-13.

Voel asb. vry om die profesie te kopieer en te deel. Die oes is groot en die werkers is min. Al wat ek vra is dat julle net sal terug link na my website indien julle dit op julle website publiseer. Hou asb. die boodskap ongeskonde, ingesluit die persoonlike nota, waarmee ek deur die Helige gees gelei was om dit te deel. Vertalers, sluit asb. alles in wat hier geskryf is.

Die werk van die twee getuies sal wees soos geen ander werk wat gegee is nie. Ek ween vir hulle onder die salwing, omdat die werk wat hulle moet doen nie beny moet word nie. Hulle sal meer afsku sien as wat nog ooit op die aarde gesien was.

Doen asb. wat YAHUVEH gesÍ het en bid vir die twee getuies! Bid asb. vir seŽninge op hulle in al hul weŽ. Terwyl hulle in hul sterflike liggame is, bid dat die Heilges hulle liefdevolle ondersteuning en aanmoediging sal gee. Bid asb. dat hulle die salwing wat aan hulle gegee is, sal glo en ontvang, asook sal gehoorsaam en doen, alles wat hulle moet doen. Bid vir die berskerming van die Heilige Muur van vuur wat hulle sal omring van alle kante, sodat geen man , vrou, demoon, duiwel, hulle sal kan seermaak terwyl hulle in daardie sterflike liggame is nie.

Behoed en Bewaar vir Grootpratendes wat Voorgee

Enige een wat spog dat hy een van die twee getuies is, soos die een wat homself "Elijah the Tishbite" noem, of die man Hawkins wat godslastering skryf in die boek van YAHUVEH, is nie een van hulle nie. Selfs wanneer die twee getuies in die straat gelÍ het, waar hy sÍ hulle lÍ daar vir 3 en 'n half jaar, in plaas daarvan dat hulle daar lÍ vir 3 en 'n half dae, ek het dit gelees met my eie oŽ. Die man en ander doen dit met trots.

Die regte Twee Getuies wil nie eers hierdie roeping op hulle lewens erken nie. Hulle is nederig en glo dat hulle waardig is vir so 'n hoŽ roeping nie en hou aan sÍ "Sekerlik het julle iemand beter." Dit is wat YAHUVEH my gewys het, dis hoekom die geskrifte sÍ dat hulle aangetrek is in saklinne en as. Dit is simbolies deur nederig en in rou te wees vir die afsku en sonde wat hulle sal sien en wat hulle nou sien.

Ek het nog altyd geweet vandat die Geestelike Staf aan my gegee is, en my 6 jaar oue, identiese tweeling seun, in die verlede, dit in die Geestelike koningkryk gesien en beskryf het. Waar ek die gewig van dit 19 jaar terug gevoel het, en elke keer wanneer dit in die geestelike koningkryk gebruik was, dat dit swaarder geword het tot op 'n punt waar dit my man vat om my arms op te hou wanneer dit gebruik word onder direksie van YAHUVEH.

Hierdie Ministerie het iets te doen met die bevinding van die "Ark of Covenant", die 144000 soos in Openb. 14 en die Twee Getuies. Soos die jare verby gegaan het, het ek begin verstaan en is daar meer openbaringe deur die profetiese woord aan my gegee.

Daar word nou 'n boek geskryf deur 'n ander lid van die Bruid van YAHUSHUA [Openb. 14], wat betaal en al haar tyd skenk om Al die profesieŽ, visioene, drome en hoorbare woorde van YAHUVEH te publiseer. Bid asb. vir haar, vir hierdie groot werk. Bid asb. vir die regte publiseerder. Ons probeer om al die profesieŽ in verskillende tale vertaal te kry sodat hulle ook in boekvorm kan wees. Wanneer ons nie langer op de internet gaan wees nie, dan sal die boeke ten minste hier wees tydens die Groot Beproewing.

Ons het nog steeds 'n Hebreeuse vertaler nodig, tesame met baie ander tale. Kom asb. na vore as jy jou tyd wil vrywil om die werk te doen. Ons het vertalers nodig wat verbind en gefokus sal wees wat die werk ernstig sal opneem soos ek, nie verbygaande skepe in die nag nie. Bid asb. en kyk of jy die een is.