PROFESIE 106

EK, YAHUVEH, S, MAAK SKOON JOU HUIS!!!

Geskryf/gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH
deur Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah
4 Januarie 2009

* * * * * * * *

Die audio van hierdie Profesie sal binnekort geplaas word. Sodra Niko sekere dinge op die audio kan uitsorteer, sal hy dit plaas. (Hierdie Profetiese Woord het uitgekom toe ek en Niko besig was om vir een van ons geliefde seuns in YAHUSHUA te bid. Die hele Woord word nie geplaas nie, want dit is persoonlik, maar hierdie is n gedeelte van die Woord wat op baie ander van toepassing is en ons is deur YAH opdrag gegee om dit ter wille van hulle te plaas. Hierdie persoonlike Woorde van YAH is nooit vir net een persoon nie, maar vir baie.

* * * * * * *

(Hierdie 1ste paragraaf is van Profesie 105. Niko het vergeet om dit oorspronklik by Profesie 105 te voeg. Hy het dit nou by Profesie 105 gevoeg en YAHUVEH het ons opdrag gegee om hierdie paragraaf van nouaf by elke nuwe Profesie te plaas. Dit bewys dat hierdie Bediening van YAHUVEH af is. Soos YAH ges het, as hierdie woorde myne was, sou dit lankal misluk het.)

Elisabeth, EK het jou lank gelede gewaarsku, selfs voordat daar n Bediening was, om nie hierdie Bediening na n man of n vrou te vernoem nie. EK het dit in jou gees geplaas, want niks hiervan is deur jou hand totstand gebring nie, niks hiervan het uit jou mond voortgekom nie, dit is uit die mond van YAHUVEH geboorte gegee, dit is uit die mond van YAHUSHUA jou MASHIACH geboorte gegee, dit is uit die mond van die RUACH ha KODESH jou IMMAYAH geboorte gegee. As dit net deur jou hand was, sou dit lankal misluk het. Dit is deur die Shkhinyah Glory se wind wat oor die aarde waai, die Heilige wind van herlewing, dit is nie deur jou asem nie, anders sou dit lankal misluk het.

EK het vir jou ges in 2009 gaan enigiets geskud word wat geskud kan word. Moenie verbaas wees nie, Niko en Elisabeth want julle gaan hulle, wie julle die YDS noem, geskud sien, ons sal sien hoe standvastig hulle vir MY is, ons sal sien hoeveel sal die prys wil betaal om MY Bruid genoem te word. Ons sal sien, soos wat julle gesien het wat in New Zealand gebeur het. Dit is maklik, dit is so maklik as daar geen toetsing is nie, dit is so maklik om te s , U wil geskied O YAHUVEH. Wanneer MY wil teen julle wil gaan, sal julle nogsteeds s, U wil geskied, O YAHUVEH?

EK sal hulle wie weier om Heilig te wandel, selfs hulle wat EK deur MY eie hand bymekaar gebring het, met MY eie hand verdeel. EK praat nie net met hierdie huishouding nie, maar met almal wat beweer hulle behoort aan MY. Wil julle agtergelaat word in die Groot Verdrukking? Wil julle hel toe gaan of wil julle MY gehoorsaam? EK kan dit nie eenvoudiger stel as dit nie. Die begin van wysheid is die vrees van YAHUVEH, om te weet julle is niks anders as stof nie en dat EK deur MY genade daardie stof gevat het en n man geskape het en EK het asem in daardie man geblaas. Moenie die RUACH ha KODESH bedroef nie, moenie julle IMMAYAH bedroef nie. Moenie MY langer toets nie want hierdie Bediening is n Bediening van Heiligheid.

EK sal dit wat EK in New Zealand openbaar het en die boosheid ontbloot het wat weggesteek was, ook te midde van die YDS doen, hulle wat beweer hulle wil deel wees van hierdie Heilige Bediening. Hulle is deel van hierdie Heilige Bediening, maar julle sien, dit is soos jy ges het, geliefde seun, Wees verseker in 2009 sal alles wat verborge is, geopenbaar word. Watter sonde julle ookal dink julle hou verborge, deur die salwing van die RUACH ha KODESH sal dit geopenbaar word. Want MY Woord is waar en in hierdie eindtye groei die bose boser, maar MY Heiliges moet meer Heiliger groei en enigiemand wat n vorm van Heiligheid het maar geen Heiligheid binne-in het nie, sal ontbloot word. EK sal hulle nie toelaat om deel van hierdie Bediening te wees nie. EK sal dit nie toelaat nie. So, dit is nou julle keuse, wie kies julle regtig om te dien? Die bose van hierdie wreld? Of die Heiligheid van die Hemele? So, jy sien Elisabeth, EK het n ander rede, jy en Niko moet na julle seuns toe gaan.

MY Geliefde Seun, daar is niks wat EK nie kan vergewe nie, maar jy moet kies, jy moet vandag kies. Want daardie biologiese suster en daardie biologiese vader wil jou net hel toe neem saam met hulle.

EK skuld die ganse aarde. Oordeel begin by MY huis. Heiligheid sal slegs Heiligheid begeer. Sonde moet uitgeskop word. n Berouvolle gees is nie iemand wat net met hulle mond bely nie, dit is iemand wat met hulle kop en hulle hart bely en vasberade is om MY nie te mishaag nie. EK het vir julle (hierdie wreld) ges julle staan op die punt van n menseslagting. Wil julle h EK moet julle wegsteek? Wil julle h EK moet julle beskerm? Wil julle h EK moet julle sen? Want geen vyand kan julle uit YAHUVEH se hand ruk nie, of wil julle h EK moet JULLE VERPLETTER? Wil julle h EK moet JULLE VERBRYSEL? Wil julle h EK moet JULLE BREEK? Wil julle h EK moet julle met MY eie hand in die vlamme van die hel werp?

Wil julle h EK moet julle liefh? Wil julle h EK moet julle troos? Wil julle h EK moet julle mentor? Wat wil julle regtig h? Wil julle soos Sadrag, Mesag en Abedngo wees, wandel soos hulle gewandel het en in die gloeidende vuuroond gegooi is? (Dan 3). Nogtans het EK nie eers toegelaat dat dit waarmee hulle gebind was gebrand het nie. EK het nie toegelaat dat hulle klere geskroei het nie, hulle eie klere wat hulle gebind het nie, want julle sien, dit was die vyande wat verbrand het. Dit was net dit wat hulle hande vasgemaak en gebind het, wat verbrand het. Wil julle soos n Sadrag, Mesag en Abedngo wees wat in die gloeiende vuuroond geloop het maar die 4de man was daar en daardie 4de man is YAHUSHUA julle MASHIACH.

Wil julle soos Danil wees toe hy in die leeuhok gegooi was? Hy was nie opgevreet nie, alhoewel die leeus vraatsugtig was. (Danil 6). Dit is julle keuse. Wil julle MY beskerming h? Wil julle soos die weduwee van Sarfat wees? Die een na wie toe EK Elijah van Ouds gestuur het. Wanneer dit by julle laaste krummeltjie brood kom, wil julle h EK moet dit vir julle vermenigvulig sodat julle nooit honger sal ly nie? Sodat julle sal lewe om MY te verheerlik.

Hulle s dit is hierdie jaar 2009, volgens hoe die mens die tyd merk. Julle sien EK vra nie net vir julle hierdie vrae nie, EK vra hierdie vrae aan almal wat glo dat die Waarheid uit hierdie Bediening voortkom en dat EK voortspreek. Wat wil julle h moet EK doen? Wil julle h EK moet weer die Rooi See kloof sodat julle veilig na die oorkant kan deurgaan wanneer die vyande julle agtervolg? Wil julle h dat die vyande moet verdrink sodat hulle julle nie skade kan aandoen nie? Wat wil julle h moet EK doen?

EK is YAHUVEH en die mate van (julle) beskerming hang af van julle dade. EK speel nie speletjies nie. Wil julle onder die beskerming van MY vleuels wegkruip soos Ps 91 s? Julle s julle het MY lief en EK praat net met hulle wie s hulle het MY lief. EK praat net met hulle wie s hulle is gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA ha MASHIACH, MY eniggebore Seun. EK spreek dit nie voort met die heidene wie se name nie in die Lam se Boek van die Lewe geskryf is nie. Julle is slegs geskik vir oordeel. Julle is slegs geskik vir die hel. Julle is goddelose mense. Julle is verworpe silwer.

Maar EK praat nou met hulle in die jaar wat julle gemerk het as 2009, MAAK SKOON JULLE HUIS! Julle huis is die Tempel van die RUACH ha KODESH. Julle huis is die fisiese sowel as die geestelike. Gooi enigiets uit wat MY aanstoot gee. EK spreek deur hierdie Nuwe Elijah en EK spreek die woorde wat Elijah van Ouds gespreek het, kies julle vandag watter God julle sal dien. Bely en val op julle aangesigte voor MY, maar EK wil nie net woorde h nie, EK wil aksie agter daardie woorde sien. Geloof sonder werke is dood. EK wil nie langer verskonings hoor nie. EK het genoeg van julle verskonings gehad oor hoekom julle sondig. Wat se tipe voorbeeld is julle?

As die wreld van die goddeloses vandag n hofsitting moes hou, sou daar genoeg bewyse wees dat julle MY dien? Dat julle siele na YAHUSHUA toe bring? Dat julle Heilig vir MY Lewe? Sal julle moet s, Ek pleit skuldig op al hierdie dinge omdat dit is wat EK verwag? Is julle gewillig om julle lewe vir YAHUSHUA neer te l soos wat HY gewillig was om SY lewe vir julle neer te l?

Hoekom is julle o op die dinge van die vlees soos pornografie?

Weet julle nie dat dit die trotses is wat neergewerp word nie. Trots kom voor n val. Ag, hoe baie van julle wie dit sal hoor en dit lees is so opgepof met trots en s, O, Ek sal nie beweeg word nie, wanneer YAH in 2009 hierdie wreld skud, sal ek nie geskud word nie. Dit is deur die genade en Bloed van YAHUSHUA alleen dat julle nie geskud sal word nie en dit hang af van wat julle gedoen het Het julle geheime sonde? Dink julle niemand weet nie? MY o gaan heen en weer. EK sien in julle werklike hart. EK weet wie is waarlik Heilig. EK weet wie speel speletjies met Heiligheid en EK weet wie probeer nie eers nie en maak verskonings vir hul sondes.

EK weet wat julle wil h EK moet doen en nou het EK vir julle vertel wat EK van julle verwag. Vermy ALLE onheiligheid asof dit die plaag is want julle is omring met dit. Maar EK herinner julle aan die kinders van Israel en EK herinner julle aan die plae en EK herinner julle oor hoe dit nie op die kinders van Israel gekom het nie. Dit het net op MY vyande gekom. Steek julself weg in die klede van MY geregtigheid. Steek julself weg teen MY toorn. Vir hulle wie EK MY kinders noem as julle maar net daarna wil strewe om te gehoorsaam en waarlik, waarlilk bely en wegdraai van boosheid. EK sal julle wegsteek. EK sal julle troos. EK sal julle sen. EK sal vir julle voorsien. EK sal julle salf, as julle maar net elke woord wil gehoorsaam wat EK s en ophou om verskonings te maak vir sonde.

EK weet alreeds watter pad julle gevat het. Die pad na die hel is so breed, so wyd. Daar is net n smal weg na die Hemel. Hoe baie van julle wat dit lees en na dit luister sal die smal pad kies? Dit is nie net n reguit pad nie, dit is n winderige pad en toets na toets sal kom, want die beproewinge van julle geloof is kosbaarder as goud. EK is die een wat julle op die proef stel. EK bring julle na hierdie Bediening want dit het ook n Jeremia 6 (27-30) roeping op dit. Dit is n metaaltoetser. Hoe baie het hierdie leierskap sien kom. Hoe baie het hulle gesien val. Hoe baie, hoe baie, hoe baie trane het Elisabeth gestort toe hulle wie sy so seker is nie sou val nie, hulle wie sy seker is Heilig voor MY wandel en hulle val. Hoe baie het nie weer opgestaan nie.

(Jer 6:27-30 EK het jou onder My volk as toetser gestel, as vesting, dat jy hulle weg kan ken en toets. Hulle is almal totaal opstandig wat omgaan met kwaadsprekery; koper en yster is hulle (minderwaardige metale) ; hulle handel almal verderflik. Die blaasbalk blaas weg; en alhoewel die lood deur die vuur verteer is, het die smelter dit tevergeefs verfyn, want die slegtes was nie afgeskei nie. Hulle word genoem: Verworpe wilwer; want die Here het hulle verwerp. )

Waar is jou getrouheid/onderdanigheid? Is dit regtig aan MY, YAHUVEH? Is jy regtig gewas in die gestorte Bloed van YAHUSHUA jou MASHIACH? Het jy regtig die RUACH Ha KODESH, jou IMMAYAH in jou? Luister jy na die stem van IMMAYAH, jou Moeder Wysheid? Of luister jy na die dwaasheid van satan self? Dit is jou keuse.

Kyk, hierdie Bediening staan vir Heiligheid. EK sal nie hierdie leierskap toelaat om n woord te verkondig wat hulle nie self navolg nie. Elisabeth weet sy beter doen wat sy verkondig. Niko en die res wie deel is van hierdie Bediening weet hulle moet doen wat hulle verkondig anders sal satan hulle stukkend skeur.

Julle wie julself YAHUSHUA se Demon Stompers en gebedsintersessors noem, sommige van julle het geheime sondes. EK het dit nog nie bekend gemaak nie, maar wees verseker, dit sal geopenbaar word as julle nie vinnig bely nie. Julle moet vandag kies wie julle wil dien. Hierdie geheime sonde mag dalk n maat wees waaraan julle vasklou waar EK vir julle ges het om te laat gaan terwille van jul eie siele, terwille van julle eie lewe. Waar julle meer onderdanigheid aan hulle betoon as wat julle aan MY betoon.

Julle geheime sonde is om nie die werk te doen waarvoor EK julle geroep het om te doen nie. Wanneer EK vir julle n taak gee en EK s Doen dit om die tale van jou mense te bereik en jy s, Ag nee, ek het nou teveel van my eie persoonlike probleme en jou o is meer gevestig op die heidene as op die siele, die skape en die lammers wat voeding nodig het. Dit is sonde in MY o, want jy het jou hand aan die ploeg geslaan en teruggekyk. Jy het jou hand van die ploeg afgehaal. Jy het opgehou om die grond te bewerk en te besaai en hierdie Woorde in jou eie taal te spreek sodat ander gevoed kan word. Die gees van selfsugtigheid het oor jou gekom. Jy weet van wie EK praat. Julle weet watter vertalers het MY in die steek gelaat. EK sal nie aanhou om te wag nie. EK sal iemand anders oprig om jou plek in te neem. (Op hierdie stadium het Elisabeth n visioen gesien met die woord China).

Pasop vir enigiemand wat hierdie Bediening haat, want hulle haat in werklikheid dit wat Heilig is. Die duisternis vrees die lig.

EK praat nou met hulle wie die waarheid wat van hierdie Bediening afkom, liefhet. Julle weet dis EK, YAHUVEH wat praat. Julle weet julle MASHIACH YAHUSHUA praat. Julle weet die RUACH ha KODESH, julle IMMAYAH, Moeder Wysheid, praat. Julle vrees nie die lig nie want julle is deel van die lig en julle laat YAHUSHUA julle MASHIACH toe om julle een en enigste lig te wees wat julle lei.

Aan hulle wie teen hierdie Bediening praat, aan hulle wie Elisabeth n vals profeet noem, ondersoek hulle vrugte (Elisabeth en die Bediening se vrugte). Maak hulle verskoning vir sonde? Maak hulle verskoning om nie die Tora se wette soos MY Sabbat, na te kom nie? Ondersoek hulle vrugte, julle antwoorde l daarin. Pof hulle hulself op met trots en s, Niemand gaan vir my vertel wat om te doen nie. Julle sien, EK het vir julle toestemming gegee om vrugte-inspekteurs te wees. Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. EK het julle alreeds vooruit gewaarsku, julle grootste vyande sal in jul eie fisiese bloedlyn gevind word.

EK spreek MY oordele uit deur hierdie Profeet. EK spreek MY liefde en MY leiding uit deur hierdie Profeet. EK spreek MY waarhede uit deur hierdie Bediening wat nie die naam van n man of n vrou dra nie, maar slegs die Naam van die Heilige Drie-eenheid. EK sal altyd n woordvoerder (mondstuk) h. EK het YAHUSHUA na hierdie aarde toe gestuur om MY woordvoerder te wees. Die Profeet bo alle Profete want YAHUSHUA julle MASHIACH is die ware Gees van Profesie. Vir die van julle wat s julle wil n profeet wees. Is julle gewillig om die prys te betaal? Is julle gewillig om die prys te betaal vir die salwing? Is julle gewillig om die prys te betaal om MY vriend genoem te word? Want EK vertel MY geheime aan die Profete. Wil julle regtig MY geheime weet? EK sal net MY geheime aan die Heiliges vertel.

So dit is die Woorde wat EK te s het. Moenie verbaas wees oor wie volgende gaan val nie want hulle kan staande bly solank hulle nie getoets word nie, maar hulle sal val wanneer die toetsing oor hulle kom wie speletjies gespeel het. Maar julle sien, EK het YAHUSHUA gestuur om die hand te wees wat julle oplig. Dit is SY Bloed wat julle afwas, maar onthou dit, as die verlore seun nie teruggekeer het nie, sou hy hel toe gegaan het. Moenie MY genade en MY barmhartigheid vat, moenie die Bloed van YAHUSHUA onder julle voete vertrap en dit onheilig maak terwyl julle weer en weer sondig en dink HY is net n verskoning om te sondig nie. EK weet wie speel speletjies en EK weet wie is opreg.. EK weet wie n sen vir die Koninkryk van die Hemel is en EK weet wie dit skande gebring het alhoewel hulle dit in YAHUSHUA se Naam gedoen het. Daar is niks wat julle kan wegsteek nie, daar is geen plek waar julle kan wegkruip nie, want EK, YAHUVEH is daar. EK het julle geskape en MY oog is vir ewig op julle. Kies julle vandag watter God julle waarlik wil dien, nie net met julle monde nie maar met julle dade, want dit spreek harder as julle woorde.

Want wat julle in Israel sien, gebeur met die geestelike Israel. Julle word gebombardeer, missiele word vanuit die hel gestuur om julle te probeer vernietig. Om julle uit te wis. Julle sal slegs staande bly in die Naam en gestorte Bloed van YAHUSHUA, julle een en enigste MASHIACH.

Einde van Woord

Elisabeth begin bid:

Dankie Abba YAHUVEH vir hierdie Woorde wat onverwags gekom het terwyl ons vir n ander gebid het wie in die moeilik is, een wie ons ons seun in YAHUSHUA noem. Abba YAHUVEH, ons eer U, ons aanbid U, ons bring lof aan U, ons het U lief, ons bewonder U. O, Abba YAHUVEH, die Bruid van YAHUSHUA ons MASHIACH roep uit, asseblief, asseblief, asseblief laat ons waardig wees soos n Henog. Laat ons asseblief hierdie aarde verlaat met n getuienis dat ons U behaag het. Daar is geen hor begeerte nie en ek praat nie net vir myself nie maar vir die res van die ware Bruid wat Heilig voor U is.

Ons is nie genteresseerd in onheiligheid nie. Dit trek ons nie aan nie. Die dinge van hierdie wreld, die pornografie, die gemors van hierdie wreld, die dwelms, die alkohol, dit lok ons nie. Ons het net een begeerte, een brandende begeerte, een begeerte wat nooit geles kan word nie en dit is slegs een, meer as ons begeerte om ons geliefde te plesier, en dit is die begeerte om U te behaag, YAHUVEH. Om U te behaag YAHYUSHUA ha MASHIACH en alle Lof, Eer en Heerlikheid aan U te bring. Eer en Heerlikheid. Daar is geen groter begeerte as om te weet dat ons weet dat ons weet ons kan alles doen deur die Naam en die Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH om die bose te verslaan, om sonde te verslaan. Om nie toe te laat dat dit enige deel van ons lewe besit nie en wanneer ons U mishaag, om vinnig U vergifnis te vra en weg te draai van dit wat U aanstoot gee.

Abba YAHUVEH, U Bruid en hierdie Diensmaagd roep uit na U en s, Kom, YAHUSHUA, Kom. Hierdie wreld is n vieslike skaakspel (cesspool) maar terwyl ons hier is wil ons vir U skitter. Gee ons n salwing om te skitter, U het vir my n droom gegee dat hierdie wreld niks anders as n mishoop is nie, niks anders as mis nie, niks anders as ontlasting nie. Dit is soos dit lyk as U afkyk op die aarde. Maar U het klein skitterende edelgesteentes, klein sprankelende juweeltjies, wat in die midde van hierdie ontlasting verborge is en ons sprankel uit die Hemel vir U.

Ons konstante gebed is ons wil voortgaan om waardig genoem te word in die o van YAHUSHUA ons MASHIACH en om U Bruid genoem te word. Dat die dood nie hierdie liggame sal aanraak nie. Dat ons onder hulle sal wees wat U vroe vrugte van Openbaring 14 en Openbaring 7 genoem word en opgeneem word om U in die lug te ontmoet. Dit is ons hartsbegeertes, ons wil skitter vir U. O, asseblief poleer hierdie juwele want U het ges dit is wat ons is, ons is U juwele. Poleer ons asseblief sodat ons selfs meer vir U kan skitter. Poleer ons asseblief so helder dat die sprankel die o van die vyande sal verblind en Abba YAHUVEH, ons vra U, die Bruid van YAHUSHUA en ek glo ek is een van hulle, ons vra U, stuur asseblief ons vyande, hulle wie die vernietiging van die Heiliges soek, na die wynpers van U toorn hier op aarde, stuur hulle na die wynpers van U toorn.

Hierdie Bediening behoort aan U, die Alef en die Tav. RUACH ha KODESH dit is U sn. Abba YAHUVEH, YAHUSHUA en Kosbare IMMAYAH RUACH ha KODESH, dit is U sn. Ons dien U net. Wys vir ons hoe ons U meer Lof, Eer en Heerlikheid kan bring. Ek praat nou namens al die getroues en al die opregtes. Wys vir ons hoe ons U meer kan behaag. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons die trane van U o kan afvee wanneer U seergemaak is. Wys vir ons Abba YAHUVEH hoe ons U kan vertroos. U is ons Pappa, U is ons Pappie, ons het niemand anders nie.

My hart is nou so oorvol as ek een na die ander sien wat Niko en ek geglo het nie sou val nie. Op die oppervlakte het hulle Heilig voorgekom maar toe ons n bietjie dieper grawe, toe U hulle blootstel, is dit is soos n stuk vrug, ek sien n visioen van n stuk vrug en o, dit lyk so mooi en dan, wanneer jy n diep genoeg hap in daardie vrug gee, sal jy sien dit is binne verrot. Of jy sal n wurm in daardie appel vind. Ons het dit gesien en ek het dit al so lank gesien dat ek julle gesmeek het, moet ek aanhou om dit te sien? Vir hulle wie ons vertrou, vir hulle in wie ons glo.

O Abba YAHUVEH, die pyn wat na vore gekom het soos geboortepyne asook die trane wat gestort is oor New Zealand alleen en ek roep uit en ek s, Hoeveel meer pyn moet ek nog verduur? Om toe te kyk hoe dit wat ek geglo het Heilig is en ek sien hoe hulle voor my o val. Net U is instaat om daardie verlore dogter terug te roep. Net U is instaat, Abba YAHUVEH om lewe in daardie kind wat gesterf het, te blaas. En soos Elijah van Ouds gebruik was om lewe in daardie kind te blaas, U noem my U Nuwe Elijah (1 Konings 17:17-24) vra ek dit, dat hierdie nuutste profesie nuwe lewe in daardie kind sal blaas. n Begeerte om Heilig te wees, nie net n woord van berou uit haar mond nie maar n wegdraai van die bose wat haar reguit na die put van die hel lei en haar hele familie saam met haar vat.

Abba YAHUVEH, ek vra dat U my soos daardie Elijah van Ouds sal gebruik om my liggaam op hulle te l wie ons ons seuns en dogters in YAHUSHUA noem. Ek vra U, blaas lewe in hulle. Blaas lewe in hulle wat begin het om U te volg. Wat begin het om Heiligheid na te streef. Wat begin het om sonde te beveg. Ek vra U Abba YAHUVEH om hierdie Nuwe Elijah te gebruik. Laat hierdie woord lewe in hulle blaas met n groter vasberadenheid as ooit tevore om sonde te versaak, om satan te versaak, om enigiets te versaak wat U mishaag. Dit is die begeerte wat U in my hart plaas om te bid.

Want ek weet dit is U woorde, want ek sou nooit so iets gespreek, of gedink het nie. Gebruik nou hierdie liggaam om hulle te bedek. Gebruik nou hierdie woorde om lewe in hulle te blaas. Gebruik nou hierdie woorde sodat hulle die waarheid kan hoor, die waarheid kan glo en die waarheid sal hulle vrymaak. Want U Woord s, wees julle Heilig want EK is Heilig. U sal nie vir ons s om dit te doen as dit onmoontlik was nie.

Dank U dat U my gebed hoor. Ons geliefde seun wie weggedwaal het, dank U omdat U hom terugbring soos die verlore seun. Dank U Abba YAHUVEH.

Vir hulle wat U, YAHUSHUA nog nooit in hulle harte ingenooi het nie, hulle het nie geweet hoe om U in hul harte in te nooi nie. Dankie dat hierdie woord vandag vir hulle n begeerte sal gee en dat dit hulle o gaan oopmaak en die skille sal van hul o afval en die was sal uit hul ore kom en hulle gaan geestelik hoor, hulle gaan fisies sien en hulle gaan vrygemaak word en hulle gaan hulle lewe vir U gee, YAHUSHUA MASHIACH, sodat U U lewe deur hulle kan lewe.

Dit is wat ek vra. Gebruik hierdie Bediening tot n groter mate as wat U ooit tevore gedoen het en soos ons mense hierdie tyd merk as 2009, gebruik dit vir U Glorie.

Dankie Abba YAHUVEH. Dankie, Dankie, Dankie.

Ek het dit gespreek onder die salwing van die RUACH ha KODESH, my Kosbare IMMAYAH, my Mamma Wysheid en ek glo met my hele hart ons werk nie tevergeefs is nie. Laat ons van julle hoor. Laat ons van julle hoor. Laat ons weet. Laat ons weet hoe baie deur hierdie woord geraak is tot Eer van YAHUSHUA ons MASHIACH.

Julle wie die verlore seuns en dogters is, Abba YAHUVEH roep julle vandag terug. Kom huistoe. Kom huistoe. Hierdie wreld is nie julle woning nie. Moenie toelaat dat sonde julle langer in die versoeking bring nie. Moenie toelaat dat onheiligheid julle meer mislei nie. Kom huistoe. Abba YAHUVEH dwing julle deur die gestorte Bloed van YAHUSHUA ons MASHIACH. Verlore seuns en dogters, kom huistoe. Laat julle getuienis al die Glorie aan YAHUSHUA ons MAHSIACH bring. Onthou saam met daardie getuienis kom toetse op alle vlakke en net sodra julle een slaag, sal YAH n ander een op julle bring, maar dit is dit werd.

Amen

Gespreek deur Apostel Elisabeth Elijah Nikomia
4 Januarie 2009

As hierdie Profesie n sen vir jou was, e-pos my asseblief en laat my weet.

www.amightywind.com
www.almightywind.com