Apostel en Profeet
Elisabeth (Elisheva) Elijah




Groete in die naam van ONS HERE! Baie lank gelede, het God vir my 'n woord gegee:

"As die lyding NIE groot was nie, sou die bediening nie groot wees nie."



Die Getuienis van Apostel en Profeet

Elisabeth Elijah Nikomia

My roeping tot Die Bediening

My lewe was nie maklik nie, maar die Here YAHUSHUA het aan my 'n woord gegee wat sÍ "moenie skaam wees oor jou verlede nie maar gebruik dit tot Eer van YAHUSHUA om 'n getuie vir Hom te wees om siele na YAHUSHUA te bring." Ek het nooit 'n moeder of vader se liefde geken nie, of van 'n suster of broer, tante of oom, neef/niggie, of ouma en oupa nie.

Ek was ALLEEN in hierdie wÍreld totdat ek getroud is, maar ek het geweet daar is 'n God en YAHUSHUA .. dat Hy iemand was wat 2 000 gelede gesterf het op Golgota. Niemand het ooit vir my vertel dat Hy my beste vriend kon wees en sy Heilige Gees in my kon woon of dat ek nie volmaak hoef te wees sodat YAHUSHUA my kon liefhÍ nie. Ek was geoordeel omdat ek niemand in hierdie wÍreld was nie, geen familie gehad nie en 'n moeder wat tronk toe gestuur was vir kindermishandeling en kinderverwaarlosing en poging tot moord op my.

Ek was van een pleeghuis na 'n ander gestuur, bang om ongehoorsaam te wees en probeer om alles te wees wat almal wou hÍ ek moes wees, maar het altyd gevoel dat ek nÍrens hoort nie. So gou soos die nuwigheid afgewater begin raak het in die kinderhuise, was ek weggegooi soos die vullis op Vrydag, en weer opgetel deur 'n welsynswerker. My ma het altyd gesÍ ek was nie werd dat iemand my moet liefhÍ of versorg nie.

Ek was die vrot appel wat die res bedorwe het. Ek was seksueel aangerand, gemolesteer, verkrag as 'n kind deur my ma se eks-mans, mansvriende, stiefbroers en natuurlik deur haar. Sy het my gehaat en sover ek kan onthou nooit eers soveel as haar arms om my gesit nie. Ek het van jongs af geleer om niemand te vertrou nie. Ek het van jongs af geleer dat ek myself en die lewe gehaat het. Ek het baie maal selfmoord probeer toe ek nog 'n jong kind was, deur voor bewegende motors in te loop en 'n oordosis pille te neem op die ouderdom van 8 jaar.

Groot skade is aan my gedoen en op die ouderdom van 10 het my ma se mansvriend 'n nefie van hom aan my voorgestel as my eks-man, wie baie beherend, koud, afsydig en baie ouer as ek was. My ma wou ontslae raak van my want hoe ouer ek geword het, hoe meer was ek 'n aanmaning vir haar dat sy besig is om ouer te word.

Ek was weggeneem van haar af en het onder die sorg van die hof gekom en omdat hulle nie geweet het wat om met my te maak nie, het ek op 'n baie jong ouderdom getrou. My eks-man het my vader geword en as gevolg van die ouderdomsverskil het hy my totaal gedomineer op elke gebied, maar ek was slegs 'n besitting wat nie liefde geken het nie, slegs mishandeling in 'n erge graad, beide geestelik en liggaamlik en seksueel.

Ek sal nie op al die besonderhede ingaan nie maar die eerste week na ons troue, het ek selfmoord probeer pleeg omdat hy owerspel gepleeg het. Na dit (tussen miskrame, selfmoordpogings en ineenstortings), was dit my lewe vir 6 jaar, totdat ek virYAHUSHUA gevind het... of ek moet eerder sÍ, YAHUSHUA my gevind het.

Met die laaste selfmoordpoging het ek 'n bottel Seconal (100mg) geneem nadat my eks-man my weereens verkul het en gesÍ het hy gaan nie terugkom nie. Ek het die naaste aan doodgaan gekom as ooit tevore... het selfs 'n ervaring buite my liggaam gehad. Ek sal nie daarop ingaan nie, maar ek wil net sÍ ek het gebid terwyl ek besig was om dood te gaan en het gesÍ : "YAHUSHUA, voordat jy my in die Hel gooi, sÍ net vir my hoekom het jy my nie liefgehad nie?? Stuur net asseblief iemand om my hand vas te hou terwyl ek sterf."

Ek sal nooit daardie gebed vergeet nie, want ek het daar gelÍ van die middag twaalf tot middernag, drie dae voor my verjaarsdag, tussen bewustheid en bewusteloosheid, en het slegs lank genoeg bygekom om op te gooi en in my eie braaksel te lÍ terwyl ek weer my bewussyn verloor het.

Hoe iemand my gevind het weet NIEMAND tot vandag toe nie! Dit was 'n wonderwerk maar die polisie het die deur afgebreek en YAHUSHUA was die hele tyd daar en het my gebed beantwoord en my hand vasgehou alhoewel ek dit nie geweet het nie. Ek was vir 72 uur dag en nag in intensiewe sorg geplaas maar niemand was daar om my dop te hou behalwe die verpleegsters nie.

Geen besoekers nie; selfs my eks-man was kwaad en het geweier om my te besoek, en het gesÍ hy moet werk om die hospitaalrekening te betaal wat ek veroorsaak het. Ek het nie 'n selfmoordbrief gelos nie, so my eks-man het die hospitaal verplig om my in sy sorg vry te laat. Ek was nog minderjarig. Toe ek tuis kom, was dit my verjaarsdag 4 April, die dag waarop ek begrawe moes word. Dit was ook Paastyd.

Ek was so hartseer, niemand het omgegee dat dit my verjaarsdag was nie. Die dag toe ek uit die hospitaal ontslaan is, het ek probeer om my eie lewe te neem, maar my eks-man het die geweer weggeneem. Ek het 'n dokter in Noodgevalle gehad wat gesÍ het die volgende keer wat ek myself wou doodmaak, moet ek dit reg doen en voor 'n trein inloop waar niemand in staat sou wees om die stukke op te tel nie. Ek is oortuig dat Satan daardie dokter na my toe gestuur het. 'n Jaar later het ek daardie dokter se woorde onthou en dit was wat ek van plan was om te doen, omdat ons op die platteland by die treinspore gebly het. Maar YAHUSHUA het ander planne gehad.

'n Vriendin van my eks-man ('n dame wat hy geken en saam mee opgegroei het en later mee owerspel gepleeg het terwyl sy voorgegee het om hom na die HERE te lei) het my per telefoon gekontak die aand toe ek beplan het om myself dood te maak en het my na my eerste Pinksterkerk genooi. Ek het gegaan om totsiens te sÍ aan God, want ek het gereken, miskien sou Hy daar wees. Instede daarvan, het die prediker 'n woord van wysheid gebring en gepraat van iemand wie beplan het om selfmoord te pleeg en het vir daardie persoon gesÍ, "YAHUSHUA sÍ moenie dit doen nie!", Hy het daardie persoon lief en wou hom/haar gebruik tot Sy Eer.

Hy het gevra wie daardie persoon was en om vorentoe te kom en hul lewe vir YAHUSHUA te gee. EK HET! Hy het toe gevra wie nie die doping met die Heilige Gees het en die spreek van tale as bewys nie, om hulle hand op te steek. Ek het my hand opgesteek en gesÍ, "Ek weet nie wat dit is nie, maar as dit van YAHUSHUA is, dan wil ek dit hÍ!" Man, het ek dit ontvang!. YAHUSHUA het vir my 'n lig in my oŽ gewys en gesÍ dat ek myself nooit weer moet haat nie want as ek dit doen, ek Hom ook sou haat, want Sy Gees was in my.

Vir die eerste keer in my lewe het ek gedink ek was mooi. Daar was nooit weer selfmoordpogings nie, ek het 'n doel gehad en dit was om mense lief te hÍ op 'n manier wat ek nooit geken het nie en om seker te maak dat mense weet hoeveel YAHUSHUA hulle liefhet en hoe om hulle lewens vir YAHUSHUA te gee en gered, geheilig en gevul te word met die Heilige Gees.

Dit was 25 jaar gelede en die vuur in my beendere het net vuriger geword, my ywer vir my Here YAHUSHUA ken geen perke nie. Ek het YAHUSHUA lief en Hy is my EEN en ENIGSTE WARE LIEFDE BO ENIGIETS ALLES. My grootste begeerte is om Hom al die dae van my lewe te dien .. om mense op enige manier te help waar ek kan, op maniere wat niemand my ooit gehelp het nie.

Om daar te wees en die gebroke mishandelde liggaam van YAHUSHUA te troos en hulle te laat besef dit is die duiwel wat hulle slaan, NIE YAHUSHUA Ha Mashiach nie. Baie kere het God my gebruik om mans en vrouens te keer om hulleself dood te maak, soos wat ek my getuienis gedeel het. Hulle is aan die einde gered en selfs my selfmoordpogings (voordat ek YAHUSHUA geken het) het 'n doel gedien.

Ek is geroep om die evangelie van YAHUSHUA Ha Mashiach te verkondig deur die salwende krag van die Heilige Gees. My doel is om miljoene gered, geheilig en gevul met die Heilige Gees se manifesterende krag, te sien. Ek strewe daarna om YAHUSHUA te gehoorsaam en stel Hom op elke gebied eerste in my lewe.

Ek het Hom lief en aanbid Hom en stel Hom eerste in my privaat lewe en bediening, en doen alles wat ek kan om die mishandelde, gekneusde, verlate en onbeminde, verwerpte liggaam van YAHUSHUA te bereik ... om te bewys YAHUSHUA Ha Mashiach het hulle regtig lief en het gesterf en op die derde dag opgestaan en dat Hy dieselfde sou gedoen het as dit slegs EEN persoon is wat Hom aanneem. Ek wil hÍ hulle moet weet dat die Woord van God nie kan lieg nie, en hulle leer en vir hulle bid en meeste van alles, hulle lief hÍ.

Ek het hard probeer om altyd die soete Heilige Gees se stem te hoor en voel bevoorreg wanneer Hy hierdie gebroke kleipot gebruik om die verlorenes na YAHUSHUA toe te bring en hulle wonde te verbind, en vir hulle te wys dat YAHUSHUA lewe en nogsteeds regeer en Hy is Lief vir Ons en gee om vir enigiets waaroor ons omgee.

Ek wil gebruik word om aan YAHUSHUA Ha Mashiach lof, eer en heerlikheid te bring wanneer ons siele gered, verlos, en genees sien deur die Naam, Woord en Bloed van YAHUSHUA Ha Mashiach, wat bewys dat God waarlik alles kan doen deur YAHUSHUA Ha Mashiach wat my versterk. Wanneer ek bedien verwag ek wonderwerke, en ek ontvang dit tot YAHUSHUA se Eer. My lewe het baie verander in hierdie 21 jaar, maar die roeping nie.

Miskien sou ek nie die deernis gehad het wanneer ek bedien, as my lewe nie was soos dit was nie en daar is min skoene wat ek NIE in geloop het nie, so ek kan met hulle pyn identifiseer. YAHUSHUA Ha Mashiach is my Heer en Verlosser en ek wil ander leer wat God my geleer het, sodat hulle weer vir ander die ontsagwekkende wonder van die God wat ons dien, kan leer.

Die roeping wat God op my lewe geplaas het is diť van evangelis, wat ek al vir die afgelope 21 jaar is, en wat my lewe iets van waarde maak, en ek gebruik dit om die verlorenes na YAHUSHUA te bring. Ek was ook vir die laaste 10 jaar 'n leke-pastoor (lay pastor) waar die Here my gebruik het om te bedien. Ek is nou 'n internasionale leraar en geordineerde pastoor, met die amp van profeet en bruid van YAHUSHUA Ha Mashiach.

'n Visser van mans en vrouens en onderrig die woord en gee raad deur gebruik te maak van die gawes van die Heilige Gees. Ek is ook geseŽn met profetiese gawes, en tekens, wonders en wonderwerke het hierdie bediening gevolg tot eer van YAHUSHUA, want ek is niks sonder YAHUSHUA nie. Dit is SY Heilige Gees se salwing wat die boeie, jukke en slawerny van Sy mense breek.

Nou gaan ek en my vennoot in die bediening 'n gebou aankoop en is deur God aangesÍ, alhoewel ons deur YAHUSHUA bevestig is, ons nou ook deur die mens bevestig moet word. Ek is 'n vrou en ek was geoordeel oor my blonde hare, grimering, langbroeke ... uiterlike voorkoms.

Sommige leraars het selfs gesÍ ek word nie toegelaat om in hulle kerke te bedien nie, totdat ek geen grimering aanhet nie! Ek is dankbaar dat die Here my gewys het dit is nie die skoonheid van 'n vrou se vel (of sy grimering en maskara aan het) nie, maar die skoonheid van haar HART! My hart was 21 jaar gelede skoongewas en is nogsteeds skoongewas met die Reinigende Bloed van YAHUSHUA Ha Mashiach.

Ek het gevind dat die ergste belediging en gebrek aan liefde van agter die kansels kom, jaloesie oor die sterk salwing, en dit is afguns, en baie pastore glo nie dat God deur vroue profete spreek of in 'n vrouebediening nie, veral nie as 'n pastoor nie.

Maar ek hou aan om te doen waarvoor ek geroep was en Hy hou aan om my tot eer van YAHUSHUA te gebruik. Ek is na die mense gestuur en NIE na die Pastore nie. Die mense ontvang my altyd in liefde en ek probeer om nie seergemaak te word nie en vergewe die pastore wie my so aaklig behandel het.

Ek sal laat God hulle regter wees en hulle toelaat om deur hulle foute te leer. Instede daarvan, weier ek om mense op hulle uiterlike voorkoms, kleur of vel te oordeel want swart pastore het my kwalik geneem omdat ek so wit is. Ek dink dit is God se sin vir humor, deur my te maak wat satan die meeste vrees ... 'n Heilige Gees vervulde Pastoor! Ook 'n evangeliese liedjieskrywer en sanger.

Satan het so hard probeer om my te vernietig, maar dit het slegs gekneusde druiwe geproduseer wat NUWE WYN voortgebring het in die vorm van geseŽnde liedjies. Sien? Alle dinge werk waarlik ten goede mee vir hulle wie God liefhet en wie geroep is volgens SY WIL. YAHUSHUA het geweet dat Hy uiteindelik sou wen, en bewys daardeur dat ek meer as 'n oorwinnaar is deur YAHUSHUA Ha Mashiach my Here!

Ek glo dat die enigste doel in my lewe was om te wees wat ek nou is. 'n GeseŽnde dienskneg, dissipel en kind van die Koning van Konings en Here van die Here! YAHUSHUA Ha Mashiach. Is daar enige hoŽr roeping as dit? Ek dink nie so nie!

'n Gebroke kleipot maar 'n magtige soldaat vir YAHUSHUA Ha Mashiach. Ek is geroep om die Evangelie aan die vier uithoeke van die AARDE te verkondig; aan alle rasse, geslagte en tale. God het my gewys dat die kleur van die vel NIE belangrik is nie. Wanneer ek na mense kyk, sien ek net of hulle ROOI is, bedek in die gestorte Bloed van YAHUSHUA Ha Mashiach! ONS YAHUSHUA Messias!. Ek is uitverkies om 'n pastoor oor baie kerke te wees.

Bid asseblief vir my dat ek altyd die stem van ONS HERE en VERLOSSER YAHUSHUA Ha Mashiach sal hoor en Sy volmaakte wil doen en te volbring waarvoor Hy my geskape het. Ek was aangesÍ dat ek nooit hierdie bediening sal kan neerlÍ nie want dit is my identiteit, wie ek is, 'n gebroke erdekruid van God YAHUVEH maar 'n magtige soldaat vir YAHUSHUA Ha Mashiach (YAHUSHUA Messias) Apostel Elisabeth (Elisheva) Elijah.
Contact Us">mailto:Contact Us

Hoekom noem ek myself Eerw. Elisabeth Sherrie Elijah
(Dit is my NAAM!)

Hierdie is vrae en antwoorde vir hulle wie wou weet en te bang is om te vra. Ek pos dit op die webwerf. Iemand het inderdaad vir my geskryf en AL hierdie vrae gevra, hy wou nie die profesieŽ pos totdat hy die antwoorde gekry het nie. Die Heilige Gees het hom oortuig. Hy het dit later in elkgeval afgehaal.

Hy het gesÍ ek was nie veronderstel om op die internet te wees nie, net een tot een met die mense. Maar ek doen op dit ALBEI maniere soos die Goeie Heer my beveel het. Hy sal voor die HERE verantwoordelik gehou word vir sy liefdelose houding, net soos wat ek verantwoordelik gehou word om hom te vergewe, dit is hoekom ek sy naam uitgewis het om dit te bewys.

Prys YAHUSHUA! Ten minste 3 mense het daardie dag, groot webwerfbedienings, aan my geskryf en gesÍ die Heilige Gees het gesÍ hulle moet die profesieŽ aan die mense pos! Wat die vyande ten KWADE wou gebruik, het YAHUSHUA omgeswaai ten GOEDE!

Selfs hierdie vrae wat my seergemaak het, het ek nou 'n doel voor om te beantwoord. YAHUSHUA mors niks of niemand nie! GeseŽnd is die Naam van die HERE!

Sy eerste vraag was oor my van. Is dit regtig Elijah deur geboorte of deur 'n huwelik, of is dit selgs 'n van wat ek gevat het? Dit is my aardse vader se van! (Nooiensvan).

2. Die tweede vraag is oor trots. Is jy besoedel deur die gees van trots in jou lewe? Het die vyand jou mislei om na meer te smag as wat die Here jou geroep het om te doen? Word jy op hierdie oomblik deur Sy Heilige Gees gelei wat vir jou sÍ wat om te doen? Sal hulle sÍ dat dit van die Here af kom of van jou?

AS jy my getuienis gelees het, sou jy gesien het dat ek GEEN trots het nie. Ek is minder as NIKS en die enigste waarde wat ek het is die Heilige Gees wat hierdie kleipot tot Eer van YAHUSHUA Ha Mashiach gebruik. Ek het so baie gely en ly nogsteeds, want God het gesÍ as die lyding nie GROOT was nie, sou hierdie bediening NIE GROOT wees nie!

Hy gebruik hierdie kleipot met so baie wonde en krake, wat die wÍreld uitgegooi en geŽtiketter het as GEMORS! Maar YAHUSHUA het hierdie kruik geneem toe daar so baie was wat beter lyk, hoŽr geleerd, meer gekwalifiseerd was en GEBRUIK nogtans hierdie kruik om sy salwing op die mense uit te stort en NIE 'n druppel te mors nie! Tot Eer van YAHUSHUA Ha Mashiach alleen!.

Die salwing kom voort uit die kruik en nooit uit die krake nie maar uit die mond van die een kruik, want die Een wat die salwing in my stort, is instaat om die kruik te beheer en in staat om dit uit te stort vanuit hierdie kruik, omdat HY DIE ALMAGTIGE GOD is en Sy krag in my swakheid bewys word.

Mense besef dit is NIE van my wat hierdie gawes na vore kom nie, maar van die Heilige Gees. As wat Hy my gebruik, bewys Hy dat hy ENIGEEN kan gebruik wat hulself oorgee om tot Eer van YAHUSHUA GEBRUIK te word! YAHUSHUA gebruik my en praat voort deur my, omdat HY so verkies, geen ander rede nie. Ek is Sy kind, gered deur Sy Bloed net soos enigiemand anders.

Daar is 'n hoŽ prys om te betaal vir die salwing. Hoe groter die salwing hoe groter die prys. Die dienskneg is NIE groter as SY of HAAR meester YAHUSHUA Ha Mashiach nie.

Hierdie getuienis is mak in vergelyking met wat nie uitgespreek is nie en wat eendag tot eer van YAHUSHUA se eer neergeskryf sal word sodat ander sal sien dat ek in baie mense se skoene loop waarin baie min pastore geloop het. Ek sou nie my lewe vir my grootste vyand toewens nie, behalwe vir verlossing en om deur God gebruik te word om die menigtes te bedien. Dit was nie 'n gelukkige lewe nie. (Min weet dit).

Dit is geprofeteer dat die BESTE nog moet kom! Waar ek die ergste deur 'n eks-man beleef het, sal ek die BESTE ken! So, ek wag op hierdie seŽning en glo dat ek 'n God dien wat nie kan LIEG nie! Dit sal op Sy tyd gebeur.

4. Het die vyand jou mislei om na meer te strewe as wat die Here jou geroep het om te doen? Word jy op hierdie oomblik deur Sy Heilige Gees gelei wat vir jou sÍ wat om te doen? Sal hulle sÍ dat dit van die Here af is, of van jou? Dit was geprofeteer dat ek net begin het om te doen wat die Heilige Gees bevestig het, wat ek georden was om te doen. Ek is dankbaar dat dit selde is dat iemand my daarvan beskuldig dat ek hierdie woorde uit die VLEES spreek, want ek weet dat ek nie sulke woorde kan spreek nie. Dit het die salwing van die Heilige Gees in hulle en die mense herken dit. Ek herken dit en ek is nederig gemaak om so gebruik te word.

Weereens, ek het geen idee hoekom Hy my gekies het nie. Dit was bevestig dat hierdie Kerkwebwerf in alle tale sal wees, sou die HERE vertoef om te terug te kom, en as jy wil, sal ek die e-pos van andere stuur wat die gawes van die Heilige Gees het, dat ek 'n HoŽr roeping op my lewe het as 'n Apostel, en ook 'n profeet. Ja ek weet die wÍreld noem my 'n profetes, maar die Heilige Gees kyk NIE na geslag nie, net na wie gewillig is om tot Eer van YAHUHUSA Ha Mashiach gebruik te word!

Ek laat my motiewe aan die HERE YAHUSHUA oor om my te regverdig want Hy weet dat ek SLEGS soek om Hom te dien en Hom te Aanbid en ander na die Enigste God van Verlossing te lei! YAHUSHUA Ha Mashiach van Golgota! My grootste doel in die lewe is om te hoor : 'Welgedaan goeie en getroue dienskneg. Kom nou in en rus!'. Prys YAHUSHUA! Nogtans het ek 'n werk om te doen en sal nie kan huistoe gaan voordat ek klaargemaak het waarvoor Pappa God my georden en bepaal het om te voltooi nie tot Eer van YAHUSHUA Ha Mashiach alleen.

5. Is jy waarlik 'n Eerwaarde? Of is hierdie titel iets wat jy vir jouself geneem het? Is die titel Eerwaarde geskik vir 'n kind van die Koning? Ek moet die antwoord hierop weet tesame met jou verduideliking oor die gebruik van die Woord en hoekom dit op jou van toepassing is. Eerwaarde beteken hooggeag, is dit wat jy probeer om te wees? Sal dit jou van God se kinders skei, jou in eenheid met hulle hou?

JA ek is 'n geordineerde leraar. Internasionale prediker wat beteken dat ek gelisensieerd is om die evangelie aan die wÍreld te verkondig ... kommunistiese lande te vermy natuurlik, tensy YAHUSHUA my anders aansÍ. Ek was verlede Nov bevestig. As ek 'n skandeerder gehad het, sou ek dit vir jou gestuur het.

Maar my woord is goed genoeg want ek sÍ dit alles onder die getuienis van die God wat ek dien en aanbid. YAHUSHUA Ha Mashiach van Golgota en Nasaret. Ek het 'n nie-kerklike lisensie geneem omdat denominasies slegs die mens skei ... gaan lees weer die getuienis. Dit sal jou vrae beantwoord. Ek het nie eers die belastingvrystellingstatus aanvaar nie, want God sal my nie toelaat nie! Die Regering wil, maar die God wat ek dien, sal nie!

Ek maak staat op Jehovah Jireh om my Heer en voorsiener te wees en Hy is die ENIGSTE. Ek werk deur liefdesoffers, wat yl gesaai is. Enigeen wat aan hierdie bediening gee, word deur die Almagtige God self beloon!. Nie deur die Regering nie!

Die HERE het weliswaar gesÍ dat as ek daardie belastingvrystellingstatus aanneem, sal dit my enigste finansiŽle beloning wees. Deur dit nie te aanvaar nie, bly ek getrou aan wat die Heilige Gees deur profesieŽ tot my spreek.

Dit is NIE soos wat ek dinge doen nie, maar dan , dit is ook NIE my manier nie, maar YAHUSHUA Ha Mashiach se manier alleen waarop dit gedoen moet word. Wanneer die belastingvrystellingstatus weggeneem word, hoef ek nie paniekerig te raak en leer hoe om 'n bediening te bestuur nie. Ek het dit nog altyd sonder dit gedoen! Ek vertrou op my Pappa God om in al my behoeftes te voorsien ooreenkomstig SY rykdom in die Hemel.

Elke profesie wat aan my gegee is, verstom my meer as wat dit ALMAL van julle verstom. Dit is aan my gesÍ dat ek die troepe op die muur bymekaar moet maak. Dit is 500,000 Gideonsoldate vir YAHUSHUA Ha Mashiach! Dit is die soldate reg rondom die wÍreld.

Ek het twee drome kort na mekaar gehad, (21 Jan 1997) en toe 'n ander een. Baie bevestiging. Hulle sal deurmiddel van hierdie Kerkwebwerf bymekaar gemaak word en uit baie verskillende dele van die WÍreld. Wat hulle moet volbring, en die droom sal ingesluit word na "Hoekom ek myself 'n Eerwaarde noem?" Weereens, wat ek ookal vir jou stuur, voel vry om dit te pos as jy so verkies.

My lewe moet Heilig en aanvaarvaar voor die God wees wat ek dien. Daar kan GEEN skande in hierdie bediening wees nie, want ek word verantwoordelik gehou vir die HoŽ roeping wat Hy my gegee het. Ek het NIE hiervoor gevra nie, ek vra vir God, hoekom ek?

Dan word ek daaraan herinner dat Hy die POTTEBAKKER is en ek maar net die KLEI, hy vorm my soos Hy wil en ek het GEEN sÍ meer in hoe dit gedoen word nie. OK, lees 'Hoekom noem ek myself Eerw' hieronder want ek het hierdie antwoorde gekry terwyl ek gebid en gevra het of ek nogsteeds moet voortgaan om Eerw. voor my naam te sit. Ek wonder of jy sou omgegee het om hierdie vraag te vra as ek 'n man was en NIE 'n vrou nie.

My nooiensvan is Elijah, maar enigeen kan daardie naam dra, kyk na Cher se seun (sanger, aktrise) sy het 'n seun genaamd Elijah Blue! So, dit is NIE die naam nie maar die GEES agter nie NAAM! Ek kies om my naam te GEBRUIK om lof, eer en glorie aan YAHUSHUA Ha Mashiach alleen te bring! Om Hom te dien! en aanbid en plaas HOM eerste in alles wat ek doen! Ek gaan onder die naam wat my aardse vader aan my gegee het, maar weereens, dit is hoe ek daardie naam gebruik wat meer belangrik is, bring ek Eer aan YAHUSHUA of beskaam ek Hom?

Ek glo my lewe Eer en lig die naam bo ALLE name YAHUSHUA Ha Mashiach van Golgota en Nasaret op! Nou, vir wat jou vraag wie my 'n profeet gemaak het? lees die Bybel, veral HANDELINGE en jy sal sien ek is deur die Heilige Gees gesalf! Dit is NIE iets wat 'n mens doen nie! Maar Vader God doen! Die Heilige Gees het my die salwing van die vyfvoudbediening gegee, die apostel se gawes.

Wat betref wie my Eerw. noem, dit is op my bedieningslisensie en ek het ook ongemaklik gevoel om Eerwaarde genoem te word, totdat ek en YAHUSHUA 'n openhartige gesprek gehad het, dit is wat die woord Eerw. beteken wanneer ek dit hoor of dit GEBRUIK. Ek gee nie om wat ander se opinies is nie, net wat die HERE YAHUSHUA en ek weet wat dit beteken.

Dit is Persoonlik en baie Heilig vir my, want dit herinner my aan my HoŽ roeping. Ek is NIE die eintlike Eerwaarde nie! Dit is die Here YAHUSHUA Ha Mashiach van GOLGOTA en Nasaret alleen wat ek Eerbiedig, Aanbid, dien, gehoorsaam, liefhet, My HERE, Verlosser en Meester! EK EERBIEDIG SY heilige woord, SY volle Woord! Ek kompromitteer dit nie.

Ek eerbiedig Sy REDDENDE, VERLOSSENDE, GENESENDE, GESALFDE BLOED WAT VIR MY OP GOLGOTA GESTORT IS! SY SALWING, SY SOETE HEILIGE GEES MY TROOSTER EN LEERMEESTER. EK EERBIEDIG VADER GOD YAHUVEH! WIE SY ENIGGEBORE SEUN GEGEE HET SODAT EK GERED KON WORD!

Die woord Eerw. herinner my hieraan elke keer as ek dit skryf of sien! Die Heilige Gees het vir my gesÍ ek moet hierdie woord gebruik en verduidelik die rede daarvoor in hierdie konteks. Miskien begin jy nou verstaan. Baie ander pastore het aan my geskryf en dankie gesÍ! Ek het die e-pos om dit te bewys. Want hulle het gemaklik gevoel om Eerw. te gebruik en nie verstaan hoekom nie, nou weet hulle hoekom.

EK EERBIEDIG YAHUSHUA Ha Mashiach VAN GOLGOTA EN NASARET WIE IN DIE VLEES GEKOM HET EN IN DIE VORM VAN 'N BABA UIT 'N MAAGD MET DIE NAAM MARIA GEBORE IS! Die ENIGSTE bemiddelaar voor die Vader God YAHUVEH! Die ENIGSTE WAARHEID, DIE LEWE, DIE WEG NA DIE HEMEL! Dit is wat dit vir my beteken! 'n herinnering aan Wie ek EERBIEDIG! As ander nie verstaan nie, is dit hulle probleem want alles is wel met my siel en motiewe.

Die naam Eerw. is op my predikerslisensie, maar hoekom hulle gekies het om dit daar as 'n titel te plaas weet ek nie, ek weet net hoekom ek dit aanvaar het! Die Heilige Gees het my aangesÍ om dit aan te neem vir al hierdie redes. Hy skryf dit nou deur my. DIE MENS kan my predikerslisensie vat! Maar my titel Eerwaarde sal dieselfde bly want weereens, my God het aan my gesÍ wat hierdie naam vir my moet beteken! NIE 'n mens nie.

Die woord Eerw. voor my naam is 'n ONTSAGWEKKENDE! NEDERIGE verantwoordelikheid om ander sover te kry om dieselfde HERE en VERLOSSER te EERBIEDIG wie ek dien! 'n HERINNERIG aan WIE EK DIEN EN EERBIEDIG EN GEHOORSAAM! Ek neem nie die taak om 'n pastoor te wees of dra die naam Eerw. Sherrie Elijah, ligtelik op nie. Die Heilige Gees het gesÍ ek is deur 'n mens gelisensieŽr! deur GOD bevestig! YAHUSHUA Ha Mashiach! Vader God YAHUVEH, en die Heilige Gees!

Elke keer wat ek die woord EERW. sien word ek daaraan herinner dat ek bevestig en geroep is en vertrou word deur Vader God Almagtige Homself, en dat ek nie vir YAHUSHUA of sy mense in die steek moet laat nie.

Dat ek beveel en bevestig was om die verlorenes na YAHUSHUA te bring, om Sy mondstuk te wees, en die Evangelie van YAHUSHUA Ha Mashiach te verkondig, met ander woorde bevestig om Jesaja 61 te doen en Sy SKAPE te Voed. Om Eerw. te wees beteken om 'n vinger te wees wat die weg na die ENIGSTE een aan te dui wie Eerbiedig moet word YAHUSHUA Ha Mashiach VAN GOLGOTA EN NASARET!

As die persoon wie my bevestig het van my verskil, kan hulle my lisensie vat, dit is slegs 'n stukkie papier. Maar ek het 'n hoŽr roeping en ek is deur Vader God YAHUVEH en YAHUSHUA bevestig en deur die Heilige Gees gesalf. Die naam Eerw. beteken Wie ek eerbiedig NIE wie ek is nie! Wat meer is, Ek het 'n God wie op ek staat maak om te doen wat ek bevestig en geskape was om te doen. Hierdie naam herinnner my konstant aan die Heilige roeping om 'n Pastoor vir Sy mense te wees, om hulle te troos en lief te hÍ, hulle te onderrig en 'n seŽn vir Sy Mense te wees.

Ek kan die woord Pastoor noem, maar ek is nie 'n Pastoor vir enigeen nie, slegs hulle na wie God my toe stuur ... maar Eerw. Sherrie Elijah staan vir iets baie meer. Dit herinner my aan die ontsagwekkende verantwoordelikheid wat aan my gegee is, 'n Heilige een en ek mag NIE die EEN en ENIGSTE een wie ek EERBIEDIG, in die steek laat nie! Die Heilige Drie-eenheid my YAHUSHUA Ha Mashiach van GOLGOTA en NASARET!

Ek is niemand, maar 'n sondaar gered deur genade en die Bloed van die EEN wie ek EERBIEDIG! Ander mag aanstoot neem oor die titel, maar ek doen wat die Heilige Gees my aangesÍ het om te doen. Dit is hulle probleem, nie myne nie. Myne is OM TE GEHOORSAAM en ek word verantwoordelik gehou vir wat ek weet.

Daarom, laat die Heilige Gees dit in jou bevestig of hierdie slegs woorde is of die waarheid. Ek sal hom toelaat om my in jou oŽ te regverdig, as Hy so verkies. Ek sal nogsteeds Eerw. Sherrie Elijah bly. Laat weet my wat jy besluit.

Lees asb weer die profesieŽ en vergeet dat 'n vrou dit vir jou gegee het, en instede daarvan hoor die Gees van die HERE deur die woorde spreek. Ek is slegs die gehoorstuk wat Sy stem hoor praat deur die Heilige Gees se mondstuk, hoor wat God in my gees spreek en die internet is die telefoonverbinding wat dit na die mense toe neem!

Ek loof YAHUSHUA dat ek toegelaat is om gebruik te word om die eindtydoes in te samel! want ek weet hoe baie ek Hom aanbid, hoe baie ek begeer om Sy diensmaagd te wees, Sy Helper op enige manier wat ek kan.

Ek bid dat hierdie sommige van jou vrae beantwoord het. Enigiemand wat enige vrae het en ek voel gelei deur die Krag van die Heilige Gees om dit te antwoord, sal ek. JoŽl 2 sÍ in die eindtyd sal Hy Sy Gees oor alle vlees uitstort en Sy diensmaagde sal profeteer. Ek is slegs een van daardie diensmaagde. GeseŽnd is die naam van ons Soete, liefdevolle Here YAHUSHUA Ha Mashiach! Aan HOM alleen kom toe al die Lof, Eer en Heerlikheid.

Asseblief YAHUSHUA, gebruik hierdie om vrede aan die mense te bring wie omring word deur bose wolwe in skaapsklere, valse profete en bose herders! Gee aan hulle vrede terwyl hulle hierdie lees en laat hulle deur U Heilige Gees besef dat ek NIE soos hierdie wolwe in skaapsklere is wat net kom om die lammers te verslind nie! Ek is NIE die goeie herder nie! Daar is MAAR NET EEN! Ek dui slegs die weg aan na die ENIGSTE goeie Herder, en dit is U YAHUSHUA Ha Mashiach van Golgota en Nasaret! maar ek vra dat U sal toelaat dat U Gees in my skyn sodat die mense nie vir my sal sien nie, maar laat hulle die lig van YAHUSHUA Ha Mashiach in my sien.

Ek is NIE 'n klein GODJIE nie! Ek sal nie laster deur so 'n ding te sÍ soos so baie nou op die kansels sÍ nie! Ek is slegs 'n sondaar gered deur genade, NIE deur my werke nie sodat geen mens daarop kan roem nie! dit is deur 'n regte verhouding met U alleen, YAHUSHUA, dat ek, of enige van ONS die Hemel sal sien! Help my om alles te doen waarvoor ek geskape en bevestig was om te doen vir U LOF, EER en GLORIE alleen YAHUSHUA! Ek vra dit in U Naam YAHUSHUA!

Laaste opgradering:

Bid dat die HERE ander borge sal oprig in hierdie bediening en ander vennote. Ek moet nou wag vir die man om by hierdie bediening aan te sluit, ek ken sy naam, maar weet nie waar om hom te vind nie. Sy naam is Nikomia of Evangelis Niko, bid asseblief dat ek hom sal vind, of dat iemand sal weet van 'n man wat hierdie beskrywing pas en sÍ vir hom, Eerw. Sherrie Elijah van Amerika soek na hom.



Liefde van 'n kleipot maar 'n Magtige soldaat van YAHUSHUA Ha Mashiach! Want ek staan NIE in my krag of mag nie maar deur die krag van die HEILIGE GEES! In die naam van YAHUSHUA Messias, Die Bloed van YAHUSHUA Messias is teen jou Satan!


Apostel en Profeet Elisabeth Elijah Nikomia